Author Topic: Aarbeie  (Read 30732 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #15 on: December 08, 2011, 09:41:50 AM »
Lees ek nou hier raak. Dis pragtige fotos Lox, dankie. Ek wil ook half saam stem klink na baie werk. Wel om so 'n mooi plantjie te he in my tuin is dit seker die moeite werd. Ek dink ek moet April ook 'n paar plantjies by ons winkeltjie aanskaf en kyk so tussen die blommetjies (wat nie daar is nie)  :crybaby2: Plant en hoop my wolhaarstories los die nuwe mooi goed uit.  :icon_biggrin:

Het 'n stukkie grond agter so wat 1.5 x 2 meter wat ek wil oor begin. Tamaties en Soet Groen peppers plant en Spinasie. Het laas wortels en beet geplant en o ja uie. Wat 'n gemors. Die wortels was klein en die beet nie veel beter nie en die uie ag te kostelik sulke klein uitjies. Gaan wat nog in die grond is uit trek wanneer ek nou weer bietjie tuis is en nie hoef te gaan werk nie. dan wil ek ergstig begin. Dalk eerste 'n bakkie wurms kry en hulle los laat daar en dan begin met my plant werk.  :toothy4:

Wens net ek het bietjie meer grond gehad om te speel. Dan sou ek van daai tonnels laat bou het. Die beter ekke is mos goed met sy hande.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #16 on: December 08, 2011, 02:07:19 PM »
Trapsaggies

jy kan april by my kom aarbei plante kry, die kwekery gaan jou vrek duur vra. ek gaan jou niks vra nie en vertel hoe ek maak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #17 on: December 08, 2011, 02:18:58 PM »
 :toothy4:  Baie dankie Lox. Nou dan kom maak ons 'n draai by julle, dan kan ek my kas weer vol prop met lekker wyn soos ons na julle toer... :evil6: Sal eers 'n toon in die lug gooi vir wanneer.

Psssssss PM wanneer kom maak jy 'n draai?  :hello:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aarbeie
« Reply #18 on: December 08, 2011, 06:24:54 PM »
Julle gaan GROOT moeilikheid optel as julle sonder my gaan...  :nono:





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #19 on: December 09, 2011, 07:10:37 AM »
jys ook genooi naas, solank jy lekker kuier hier. mense wat hier sleg kuier moet liewer wegbly.

laat my dink aan 'n vriend wat altyd së:

Jy moet lekker wees en as jy K..k is moet jy lekker k....wees
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #20 on: December 09, 2011, 09:48:02 AM »
Natuurlik Naas, jy is dan die gedroogte drywer.  :icon_scratch: Ek sal nog nooit daai valley kan verlaat sonder een nie.  :evil6:

Moet ook by voeg met Naas kuier mens niks anders as lekker nie. K.. sal nooit tesprake wees nie tensy die noot druk.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #21 on: December 09, 2011, 10:03:54 AM »
Dit klink amper asof ons 'n groot Aprilfees gaan hou Trappies! 
Lox, watter datum beplan jy om die aarbeie uit te plant? 
Kan ons voorlopig 'n paar datums kry?  Teen daardie tyd het ons seker ons eie skilpad dan kom toer ons die land plat!  Dit sal almal vroegtydig die geleentheid gee om hulle dagboek in te vul. 

Trappies kan vir my sê waar is goeie skilpadparke om oor te bly.  Oeee, ek is al klaar opgewonde!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #22 on: December 09, 2011, 10:08:51 AM »
Oeee dit klink te lekker ek sal vir jou op die uitkyk wees en dan laat weet.

Ek of ons sal jou vergesel, ongelukkig net oor naweke want my helpendehandmetkontant is moeilik verby. As ek net dink aan om te vra om 'n dag af te vat dan breek die dam walle behoorlik. So ek is bietjie moeg vir nat wees en sal probeer om my vingers in die gate te hou van die damwal.   :BangHead:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #23 on: December 09, 2011, 10:41:38 AM »
Is daar 'n skilpadkamp vlak teen die see? 

Aprilmaand het ook 'n paar vakansiedae, maar ek weet nou nie of ek daar wil wees in die gewoel nie.  Dalk 'n parkie waar dit oor daardie tyd stil en rustig is?  Poep ek nou in die bad?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.