Author Topic: Re-Cycle jy ?  (Read 2327 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re-Cycle jy ?
« on: November 18, 2011, 06:21:05 AM »
Ja, ek re-cycle.
Ek het 'n grooooot boks by die kantoor vir al die papier.
Daar staan ook 'n re-cycle bin in die kombuise by die kantoor waarin al die ander goed soos plastiek, melkkartonne, koffiehouers ens moet gaan.
Ek neem my re-cycles saam werk toe vir daar weggooi, want hier by die flatse is daar (hopelik sal dit binnekort wees) nie dromme nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Re-Cycle jy ?
« Reply #1 on: November 18, 2011, 06:37:13 AM »
Jy praat.  In ons area sien jy nêrens houers daarvoor nie.  Ek verstaan daar is firmas wat werklik 'n fortuin maak daaruit.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Re-Cycle jy ?
« Reply #2 on: November 19, 2011, 08:26:03 AM »
As jy slim recycle kan jy self 'n paar belastingvrye randjies daruit munt.
Ek recycle en doen my bietjie vir my nageslagte. Dis net jammer dat dit nie altyd genoeg is nie.
Ek dink Moeder natuur is ook maar mens wat jou meer gee as jy meer insit. Maar die mensdom is tans 'n aardkanker wat alles om hulle vernietig.
Onthou wat ek se: "Ons beskawing is besig om homself uit te woed en sy eie graf te grawe."
Cop 17 en al die ander Coppe is een merske klug waar 'n spul belangrike sopcoppe teen groot onkostes bymekaar kom, die regte geluide maak om die mensdom te sus en dan fff... niks verder aan die probleem doen nie.
Die enigste manier wat moeder aarde weer haar grimering gaan regkry is om die oorsaak van haar plooie van haar aangesig te verwyder.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Re-Cycle jy ?
« Reply #3 on: May 22, 2018, 01:50:57 AM »
Naas, hier het jy darem 'n klomp wyshede kwytgeraak. Ons het drie groot asblikke hier in Gatkantland. Een vir tuin afval (groen), een vir plastiek, glas en papier (geel) en dan een vir huishoudelike afval. Huishoudelike afval word elke week opgetel en die ander twee roteer al om die 2de week.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Re-Cycle jy ?
« Reply #4 on: May 22, 2018, 01:09:47 PM »
Ons het nie vullisverwydering in Leeupoort nie.  Jy moet jou vullis, of afval, hek toe neem waar daar groot "skips" is waarin dit gegooi word totdat dit vol is, dan word dit verwyder deur die stadsraad. 
Ons word nou voorsien van pienk of groen vullissakke waarin papier, blikke en bottels geplaas word en dit word eenkant gehou totdat daar genoeg is om te verwyder.  Dit word dan deur 'n privaat firma gedoen. 


Ten minste toen ons iets. 
Om te weet is om te verstaan.