Author Topic: krief  (Read 4662 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
krief
« on: November 17, 2011, 09:44:19 PM »
4 groot kriefsterte
haal uit die dop deur kookwater op te gooi en ontdop.
sny in blokkies
botter in die pan en braai kreef daarin tot dit gaar is
terwyl jy kreef braai gooi sout en peper na smaak, want jou tyd om dit te gooi gaan later min wees.
wanneer dit gaar is gooi brandewyn wat jy effens warm gemaak het in die mikro, net effens.
sowat 100 na 120 ml op 4 sterte en steek brand

sprinkel nou koekmeel, nie mezina nie, oor die kreef wat nou redelik waterig sal wees en roer en sprinkel nog meel en roer en hou so aan dat dit stywer raak
gooi 150 na 250 ml room en weer meel
room vir so romerig soos jy dit wil hê en meel vir hoe droog of loperig jy die sous wil hê.

gooi 1/4 teelepel rooi peper ( na smaak) en roer en skep op en eet

kan vis fillet sonder grate ook so maak, kabeljou, geelbek, geelstert en king klip werk goed.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: krief
« Reply #1 on: November 18, 2011, 06:16:23 AM »
Wonder ek wat Lox nou weer hier bring..  'KRIEF'
Ek sal eers 'n kriefie-geskenkie moet kry voor ek hierie risip kan toets.
Jy seker dit flop nie?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: krief
« Reply #2 on: November 18, 2011, 07:37:08 AM »
Dit sal wonderlik wees as julle nog seekosresepte het om te deel.  Ek is mal oor "siekos en krief".  :icon_biggrin:
Lox, wat van daai lekker resep van die biefstuk wat jy so onder die enjinkap gaarmaak as jy gaan kamp.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: krief
« Reply #3 on: November 18, 2011, 10:25:33 AM »
die kreef flop nie, dit werk, al lyk dit vreemd wat mens doen.

dan is dit rêrig ook heerlik as jy selfde resep met vis fillet maak, en as die bestanddele dalk so effens meer of effens minder is maak dit ook nie saak nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: krief
« Reply #4 on: November 18, 2011, 10:29:19 AM »
Ek sou nog baie graag 'n "degieresep" wil hê om vis in te doop en dit dan in olie gaar te maak.
Daar is niks so lekker as 'n heerlike vissie in 'n kraakvars kombersie nie!  Goed dan, behalwe 'n kriefie!  Maar altwee in een bord kan ook werk.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.