Author Topic: Goue Vlerke  (Read 14618 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Goue Vlerke
« on: April 27, 2011, 09:03:38 AM »
Ek was nog nooit ‘n motorfiets aanhanger nie.
My pa het altyd gesê, ‘n motorfiets is ‘n doodskis op wiele.
Ek het probeer om nie my vooroordeel op my kinders oor te dra nie maar het hulle ontmoedig wanneer die rygewoonte in die huis onder bespreking gekom het.
Dis nou nie asof ek nog nooit op ‘n stilstaande motorfiets gesit het nie maar die goed het my nog maar altyd half keeltoetrek bang gemaak.
In my jong dae was daar ‘n “help my trap” motorfiets. (Ook bekend as ‘n “help my sukkel”) Dit was so ‘n kruis tussen ‘n motorfiets en ‘n fiets. Eintlik maar net ‘n fiets op steroides. Die ding het pedale soos ‘n fiets gehad en as die motor te swaar trek teen ‘n bult op kon jy bietjie mannekrag bysit deur te trap.
Dan was daar die piskriek. 50cc. Al die laaities met die ryk pa’s het een van die gery. Die verdomde goed was groot geraas sonder haas. Die manne met die fifties het nooit lank voor ons fietsryers by die huis aangekom nie maar hulle ma’s het ten minste gehoor wanneer die skool uitkom.
Daar was natuurlik ook die ouer manne wat êrens in hul skoolloopbaan spesiaal ‘n jaar herhaal het sodat hulle met hul 750cc motorfietse in hul matriekjaar kon spog.

Hoe dit ookal sy, ek hou daarvan om die “big bikes” op TV te kyk as daai manne so skuins op hulle een knie om die draaie gaan, maar dis genoeg vir my.

Nou die dag kom ‘n ou vriend van my kuier.
Met sy “Goldwing.”
Baie windgat sit hy virginskeur wydsbeen en regop, met die monster van ‘n fiets tussen sy knieë vasgeknyp.
Hy vertel vir my hoe veilig die ding is en hoe gemaklik dit ry. Dat dit eintlik ‘n toerfiets is en hy haal my oor om as passasier ‘n draai om die blok te gaan ry.
Met my unieke liggaamsbou dra ek deesdae ‘n motorfiets soos ‘n G-string maar die monster lyk darem soos ‘n gewone tweestukbroekie onder my en ek voel nie te kortasem nie.
Dis Sondagoggend. Die paaie is stil. Hy luier rustig teen sestig kilometer ‘n uur in Strandstraat af tot op die R300. Ek ontspan.
Steeds rustig teen 90 kilometer ‘n uur tussen die padwerke op die R300 deur tot op die N2. Hier voel 120 nie so erg nie.
Ek maak ‘n fout en vra hom oor sy skouer, “Wat kan die ding doen”
Gelukkig is my arms om sy lyf.
Hy draai daai fiets oop.
‘n Hand ruk my kop agteroor dat ek vir ‘n oomblik die pad huis toe onderstebo aanskou en ‘n vuis slaan my in die maag dat dit voel my binnegoeters het omgedraai huis toe, terwyl ek op pad is Kaap toe. My voete en bene gaan net daar in rigger mortise en met groot moeite kry ek my kop weer regop. Ek loer oor sy skouer.
Die stippelyn in die pad begin flikker en raak later een lang blur. Ek skreeu vir hom, “Dis genoeg, ek kry die idee!” Maar my woorde waai net saam met die kwyl oor my wange onder die helmet in om binne my eie ore te weerklink.
Die pad maak toe voor ons en die volgende oomblik gaan ons by ‘n vliegtuig verby wat nou net van Kaapstad Internationaal af opgestyg het. Dit lyk of daai vliegtuig al weer landingsplek soek en die wind ruk aan my helmit.
Duskant Pinelands begin ons weer spoed verminder en daai motorfiets vou sy goue vlerke toe. Iemand roep hier van agter my af “Dis genoeg, ek kry die idee!”
En ons is terug teen ‘n rustige 120 kilometer per uur.

By die huis aangekom moet hulle my met ‘n groot gesukkel losmaak van die saal waaraan ek onverklaarbaar vasgesuig het. Ek gaan trek eers skoon klere aan want ‘n paar van Phillipi se vlieë en ander onherkenbare insekte het hul einde teen my voorkant gekry.
Toe ek my broek uittrek sien ek die rook trek nog uit sommige van die briekmerke op my onderbroek.

Ek is genees van enige laaste twyfel wat ek nog gehad het oor enige begeerte om ‘n motorfiets te ry. Die twyfel het saam met die bebriekte onderbroek in die vuilgoeddrom beland.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #1 on: April 27, 2011, 09:34:59 AM »
Ek het jou storie geweldig geniet en lag nou nog so dat my "neukenaar neuk" om die woorde getik te kry.  Manlief sit op die bank met sy kop tussen sy knieë om sy asem terug te kry.  Seg hy,  so tussen die trane deur:  Daai een moet in die boek kom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Goue Vlerke
« Reply #2 on: May 10, 2011, 03:54:18 PM »
Ja-Nee, kyk ek het nou so gelag! Moes 'n paar keer stop, want die trane in my oë kon ek nie meer so mooi sien nie.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #3 on: May 10, 2011, 04:23:48 PM »
Ek sou wat wou gee om hierdie te hoor as iemand dit voorlees en ons het 'n paar glasies in!   :read2:   :bootyshake:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Goue Vlerke
« Reply #4 on: May 11, 2011, 10:07:36 AM »
OI, Jammer ek sal dit nie kan lees nie, veral nie na 'n paar glassie koeldrank nie. Jy sien ek het dit probeer voor lees aan Sussa en dit het nie gewerk nie, ek bars elkekeer uit van die lag, en ek het nie eers een glassie koeldrank gedrink nie.  :dontknow:

Naas het 'n wonderlike gawe en ek vir een kan nie wag vir sy boek nie, ek wil die eerste een hê!  :hello2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #5 on: May 11, 2011, 10:17:47 AM »
Ek het natuurlik gehoop dat hy sy verhale in die Afrikaanse Forum se uitgif gaan plaas,  maar natuurlik, as hy dit op sy eie doen   :notworthy:  en dan staan ek ook in 'n ry om 'n kopie of twee te koop. Dit sal 'n pragtige geskenk uitmaak.   :read:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Goue Vlerke
« Reply #6 on: May 11, 2011, 10:20:27 AM »
 :icon_biggrin: O nee wag, ek weet nie of hy 'n boek skryf nie  :dontknow: maar ek hoop so of dit nou op eie is of nie. Ek hoop net hy doen dit, dit sal 'n groot treffer wees.  :icon_biggrin:

 :angel12:

PS kan nie wag vir ons kuiertjie nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #7 on: May 11, 2011, 10:35:20 AM »
Naas!!!!!!!!, gaan jy 'n boek op jou eie uitgee!!!!!!!!!!! 

Hou daar Sustertjie,  een van die mooi dae!   :icon_biggrin:  Ek sal laat weet,  maar dit is nie meer vêr nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Vlerke
« Reply #8 on: May 11, 2011, 10:45:25 AM »
Die boek le klaar by Crink. Geproeflees, voorblad en als. Maar die nuwe stories hier is nie daarin nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #9 on: May 11, 2011, 10:57:44 AM »
Gaaf!   :read:   :hello2:   Jy meen ons boek het ook 'n kansie om van jou ware verhale te smaak?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Goue Vlerke
« Reply #10 on: September 09, 2011, 04:04:58 AM »
 :icon_salut: :notworthy: Sien ek nou daar is grooooooot ABC dis vir ons beskikbaar wees. Hoe lank voor ons kan sien Naas??

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Vlerke
« Reply #11 on: October 03, 2011, 10:23:53 AM »
Crink is besig met 'n vernuwing van hul besigheid. Ek wag maar geduldig.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #12 on: October 03, 2011, 10:33:27 AM »
Het jou boek net geskryf of prente of foto's in Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Goue Vlerke
« Reply #13 on: October 03, 2011, 10:41:55 AM »
Niks prentjies nie.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Goue Vlerke
« Reply #14 on: October 03, 2011, 10:59:11 AM »
Ek weet jy het al vir my van Crink vertel maar ek kon daar geen kop of stert van uitmaak nie.  Dalk kan jy weer die inligting gee.
Om te weet is om te verstaan.