Author Topic: Hier kom hy weer  (Read 4394 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hier kom hy weer
« on: November 17, 2011, 05:06:45 AM »
Ek lees vanoggend 'n grappie wat Lox geplaas het en verwonder my weereens aan hoe hierdie grappies en ander e-posse die rondte van vader Cloete kan doen. 
'n E-pos wat al 10 jaar gelede gestuur is val more weer in jou boksie, want die ou wat dit aangestuur het, het dit nie besef nie. 
Dink julle ook dat e-pos 'n magtige  wapen is vir advertensie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hier kom hy weer
« Reply #1 on: November 17, 2011, 06:30:53 AM »
en ja jys reg na lang tyd kry jy weer selfde een

sommige het ek al vergeet dan lag ek weer

kan ook na aar jaar gebeur dat mens selfde grappie weer op die forum sit
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Hier kom hy weer
« Reply #2 on: November 17, 2011, 06:50:00 AM »
die grappies wat van pelle kom en weer i keer paar keer na i tyd weer kom is nog ok, dan weet ek darem hulle het my nie vergeet nie.......maar.die groot maar..........

die laaste week het ek seker 100 miljoen al in lottos en trekkings en erfporsies ens gewen, seker al by die 50 na 80 van die goed gekry

waar hulle nou weer my e pos adres uitgekrap het weet ek nie

ek het so 5 jaar gelede my e pos adres verander en dit was heerlik geen gemorspos nie


iewers het iemand my adres gekry en nou stuur elkeen wat my uit my geld wil verneuk e pos van my gelukkige dag en werk aanbod en partnership en al sulke strooi.

ek klik net op block sender dan val dit vlg keer direk in my deleted items.

as hulle net in my skuld wou deel sou dit beter gewees het, maar ek moet maar self instaan vir my skuld.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hier kom hy weer
« Reply #3 on: November 17, 2011, 07:42:36 AM »
Die weer plaas is geen probleem nie Lox, dit is soos jy sê, dit bring tog nog 'n glimlaggie in die dag.

Ja, ek was ook al so ryk van al die wengoed.  Wat my omkrap is dat dit soveel teleurstelling bring vir die oningeligtes.  My tuinjong was so gelukkig om so baie geld te wen.  Hy het sommer trane in sy oë gehad toe ek vir hom verduidelik dat dit net skelms is wat die bietjie wat hy het ook nog wil steel.  Auk!
Al die drome wat hy gedroom het!  Ek dink dit is gemeen.

Jy weet mos van die gedig wat ek geskryf het oor wat maak ek met die res, nadat ek  my skuld afbetaal het?  Hulle moet maar wag!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hier kom hy weer
« Reply #4 on: November 17, 2011, 07:56:21 PM »
PM, dit kan seker 'n paar mense oorreed om 'n produk te koop.
Ongelukkig vir hulle laat hierdie girl haar nie met 'n advertensie omkoop nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hier kom hy weer
« Reply #5 on: November 18, 2011, 07:14:19 AM »
Dit hang ook af wie die verkoop nê!   :sign10:  Manlief kom gereeld met iets by die huis aan wat op "promosie" was.  Dan sien ek al in my geestesoog die mooi meisie wat dit verkoop,   :icon_biggrin: en ek hoor: "Dankie Oom."  dan glimlag ek maar net. 
My broer sê hy gee nie om as hulle hom oom noem nie, hulle moet net nie sê "nee oom" nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hier kom hy weer
« Reply #6 on: November 19, 2011, 08:32:01 AM »
Gepraat van meisies. Hoekom gebruik hulle alewig goedkoop meisies om duur motors te adverteer?

Ek lees op FB 'n tert is 'n meisie met manlike sedes.   :angel4: :angel4:





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hier kom hy weer
« Reply #7 on: November 19, 2011, 09:12:49 AM »
Geen meisie kom goedkoop nie.   :icon_biggrin:  Dit is gewoonlike die goedkoopste wat op die ou einde die duurste kos.  Al gehoor van iemand wat nie waag om vooroor te buk nie want dan val sy oë uit?   :dontknow:

Manlik is ook nie altyd so "manlik" nie nê? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hier kom hy weer
« Reply #8 on: March 10, 2016, 01:55:26 AM »
Alweer aan't lese oor 'n gas se skouer giggel ek nou vir julle geskrifte.  Hier by ons maak die oproepe van kuberslimmes wat al ewig ons internetprobleme wil oplos my gek. Radeloos het ek eendag soos 'n ousie op witblits in hulle ore gegil tot my stem hees was. Nou is daar so hangende stilte as hulle hoor dis ekke wat antwoord, en dan net 'n prrrrrrrrrrrrr aan die anderkant.

Gister oorval die nuuskierigheid my weer toe die foon selfde tyd lui - daar is mos altyd eers daai dose-stilte, dan antwoord hulle en mens amper sweer jy ruik kerrierot. Net na die stilte vra ek ewe hans in my beste rooinektaal of hulle dan nooit weer met my gaan praat nie. (Ek is so alleen man, sal tot met hulle wou redekawel.) :icon_bigsmurf:

Griet Verdriet! Is dit mooi die bank wat wil hoor of ons nie geldjie wil leen nie?  Die vroutjie so ewe onverskoning gevra na sy weer haar stem gekry het siestog. Seker ons balans gesien na ons verlof saam sussa hulle.

Ek en my bek  :toothy4:
« Last Edit: March 10, 2016, 02:08:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hier kom hy weer
« Reply #9 on: March 23, 2016, 10:58:15 AM »
Ha-ha, het lanklaas soveel beelde gesien opspring!  Kerrierot, het dit iets met kerriekos te doen?   :angel4:

Ja-nee, eensaamheid is 'n erge gemors.  Dit en verlange.  Bekruip 'n ou mos wanneer jy dit die  minste verwag.  Moenie skielik om die hoek stap nie, jy loop jouself maklik vas.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.