Die kuierstoep > Die Foltergrot

Fôkkôlie

(1/9) > >>

Naas:
 :dontknow: En wat gaan hier aan dat hier Fôkkôlie aangaan.

Ek maak drie maal 'n dag 'n draai net om niemand te sien nie. Ek pluk sommer my toonnaels en knip my ooghare van verveeldgeit.



 :evil5:
 :icon_bigsmurf:

PM:
Hierdie kant van die see wat daaikant lê, was die ark oop.  Ons was so besig dat die winter ons stilletjies bekruip het.  Vanoggend toe ek my voete uit daai bed sit,  toe weet ek,  PM,  jy gaan bars van die koue.  Hierdie winter is nie vir sissies nie.  Ek sal 'n paar stelte moet aanskaf om effens verder van die koue vloere af te loop. 

Nou is dit dan ook tyd dat die twee ou spoke 'n paar dae verlof neem en Manlief se kop staan Tsitsikamma toe.  Maar dit is dan winter dan?  Wat van die bosveld?  Daar skyn die son ten minste.  Ek dink ons sal die brood maar in die helfte moet deel.  Of hoe?  Of is iets beter as fôkkôllie?

Mel:
Ek voel vir jou PMtjie  :confused1:
Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n behoorlike winter beleef het nie en afwesigheid van sweetpakkke kan getuig!

Hier by ons is dit vir 'n paar dae net Harley Davidsons en rock 'n roll! Die African Bike Week het vandag afgeskop! Te lekker!

PM:
Wow!  Ek kan glo dat jy in jou noppies is met die bikes.  As daai Harley so diep uit sy keel uit grom-grom dan kry ek ook lekker tot in my kleintoontjie.   :icon_biggrin:

Hier by ons is dit koud vandag.  Die wind sny sommer die brood ook.   :evil6:

Gawelina:
Ek dink ek word oud, want ek kry wragtag ook koud.  Diep tot in my siel koud.  Ek weet nie of my oë van koue traan of huil ek nie.  Ek dink Melkkos sal vannaand net die ding doen. Dan 'n lekker warm bad.  Weet nie hoe ek uit die dêm bad gaan kom nie, maar bad gaan ek bad. Kompleet met skuimbad en al. Sal maar wag tot pa by die huis is dat hy my kan kom uithelp. 

Genugtig, ek kan nie onthou wanneer laas ek in 'n bad was nie.  Ek stort tot 3 keer op 'n dag partykeer, maar dis darem nie dieselfde as 'n lekker warm warm bad nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version