Die Klaskamer > Taal Definisies

Monoftong Vrye Klinkers Triftong en Sjwa

(1/1)

PM:
Monoftong Vrye Klinkers Triftong en Sjwa

Monoftong wat beteken “enkel noot”.  Die klank klink dieselfde van die begin tot die einde.  Dit gly nie op en af soos by ‘n diftong nie.

Vokale of klinkers.
In Afrikaans  is daar sewe vrye klinkers.
Die  -aa-  van  kraak
 -ee-  van bleek
 -eu- van  reuk
 -ie-  van Niek   
 -oe-  van koek
 -oo-  van rook
  -uu-  van nuut
Die vrye klinkers word ook lang klinkers genoem.
Met die benaming vrye klinkers word bedoel dat hulle vryelik kan voorkom, d.w.s. dat hulle nie alleenlik in geslote lettergrepe soos koek en neus voorkom nie, maar ook in oop lettergrepe soos toe en na.
 
Triftong
iaau - miaau

Die sjwa
Die dertiende klinker is die sjwa ook dowwe, toonlose of stom /e/ genoem, soos ons hulle hoor in die tweede lettergreep van baie. Die sjwa is in Afrikaans ook toonhebbend, waar 'n mens 'n geslote /i/ het: dit, kil en sif. (Sien Wikipedia.)

Meraai vannie Baai:
Slurp ek gou die inligting op as voorgereg vir die feesseisoen  :bootyshake: :notworthy: :toothy4:

PM:
Dankie Raaitjie, ek is regtig bly jy is terug.  Soms raak ek omgekrap as ek sien mense skryf nie by 'n onderwerp nie, dan sien ek, soos in hierdie geval, dit is al 60 keer gelees!  Dit gaan nie "ongesiens" verby nie.  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
En nou trek hierdie opvoedkundige plasing reeds by  2321 keer gelees en raai wie het openlik en dankbaar weer reageer?

PM:
Nadat my brein terug gesluip het in sy "nes" en rustig lê en slegwees, moet ek dikwels naslaanwerk doen om van vooraf te probeer onthou wat is wat.  Ek sal nie weer vergeet dat 'n triftong 'n miaau is nie.   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version