Author Topic: Die Jag-gids  (Read 9073 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Die Jag-gids
« on: April 25, 2011, 07:30:23 PM »
En toe doen ek dit…
Ek plaas ‘n advertensie in die Weg.
Jy sien, ek en ‘n paar vriende wil gaan jag maar ons is nog op soek na ‘n gids/motorbestuurder/ kampvoorman/kok.
Ek plaas dus die volgende advertensie:
Ons is op soek na ‘n gids/motorbestuurder/ kampvoorman/kok om jaggeselskap na Botswana te vergesel.
Suksesvolle applikant moet Botswana goed ken, oor ‘n wettige motorlisensie beskik en in staat wees om ‘n 4X4 in alle omstandighede te bestuur. Hy moet ook oor goeie kookvaardighede beskik en vorige kampondervinding hê.
Belangstellendes kan vir Naas kontak by (met my adres)

Ongelukkig was die reaksie op die advertensie maar sleg.
12 Dae na die advertensie verskyn het is daar ‘n stamp teen my voordeur.
Ek gaan maak oop.
Eers sien ek niemand. Toe ek egter afkyk sien ek ‘n ouerige man in ‘n rolstoel.
“Kan ek help?” vra ek.
“Is jy Naas van die advertensie in die Weg?”
“Dis ek ja.”
“Jammer ek het so teen die deur gestamp maar ek kon nie die klokkie bykom nie. Ek is hier oor die advertensie. Mag ek inkom?”
“Ja seker. Kom maar in.”
“Ek kom van Durban af en het dadelik in die pad geval en hierheen geryloop toe ek jou advertensie sien.”
“Het jy die vereistes gelees en verstaan?”
“Ja”
“Nou ken jy Botswana goed?” Vra ek om nou nie onbeskof te wees nie. Die man het darem baie moeite gedoen om hier te kom.
“Nog nooit daar gewees nie.” Antwoord hy.
“Het jy darem ‘n wettige bestuurslisensie en kan jy ‘n handeviervoetvoertuig hanteer?”
“Nee. Jy kan mos sien en is ‘n Parapleeg. En voor jy verder vra, ek kan ook nie kook of kamp nie.”
“Nou hoekom het jy dan al die moeite gedoen en so ver gekom oor die advertensie?”
“Nee sien, jy het nie ‘n telefoonnommer gegee nie toe het ek maar net vir jou kom sê, as gevolg van my toestand ek sal ongelukkig nie met julle kan saamgaan nie.”   



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Jag-gids
« Reply #1 on: April 26, 2011, 07:43:21 AM »
Sak Sarel,  pa wil 'n bok skiet!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Jag-gids
« Reply #2 on: May 10, 2011, 03:40:45 PM »
Was hy dalk blond? Nee ek vra maar net!

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Jag-gids
« Reply #3 on: May 10, 2011, 04:25:58 PM »
Naas, as ek jou Karel Grootlieg stories lees verlang ek na my ma met 'n passie.  Sy sou dit soveel geniet het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Jag-gids
« Reply #4 on: September 24, 2021, 12:49:02 AM »
Dit sal Oom Naas leer om volgende keer aan sy medemens te dink en sy telefoonnommer op te gee. Dink net hoeveel moeite sou hy die ou spaar.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Jag-gids
« Reply #5 on: October 03, 2021, 11:02:35 PM »
En daar ryloop die ou, al die pad.  Ag nee, wat 'n jammerte.  Ag sies Naas, jy kon maar jou nommer gelos het!
Om te weet is om te verstaan.