Author Topic: Photoscape Tegniek (5) Threshold  (Read 6014 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Photoscape Tegniek (5) Threshold
« on: October 31, 2011, 04:25:35 AM »
As jy die program oopgemaak het, onder "Home" is daar vier blokkies, kliek op "Threshold". Kies die kleur wat jy wil gebruik en trek die balkie weerskante toe om te sien hoe die beeld verander. "98" is 'n goeie beginpunt. By die 'crop' funksie het ek 'round' gekies en 'n wit agtergrond.

By "Object" is daar 'n hoofletter T. Dit laat jou toe om te skryf by jou foto. Speel maar deur te skuif en strek met die skrif. Jy kan ook 'n vormpie kies waarin jou skrif verskyn. Nou is jou skepping gereed om elektronies geraam te word  :hello2:





« Last Edit: October 31, 2011, 07:08:47 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Photoscape Tegniek (5) Threshold
« Reply #1 on: October 31, 2011, 07:06:50 AM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Photoscape Tegniek (5) Threshold
« Reply #2 on: October 31, 2011, 12:34:03 PM »
Dit lyk baie goed, net soos 'n potloodskets.  Dankie Raaitjie, jy bly maar 'n ou sterretjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Photoscape Tegniek (5) Threshold
« Reply #3 on: October 31, 2011, 11:32:06 PM »
Bly jy het geniet mater. Die program  nooi 'n mens met gulle gebruikersvriendelike funksies om so bietjie te speel en toor aan gewone fototjies. Ekke LIEFFFFF dit  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Photoscape Tegniek (5) Threshold
« Reply #4 on: November 01, 2011, 08:05:45 AM »
Die boek is amper uit my hande uit.  Dit sal nogal vreemd wees om na soveel maande weer 'n "normale" lewe te hĂȘ waar ek kan skryf en met hierdie program speel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Photoscape Tegniek (5) Threshold
« Reply #5 on: November 02, 2011, 06:00:05 AM »
Weet presies hoe jy voel  :evil6: laaaaank na die tyd voel dit nog jy moet werk aan 'n blad of ses! My plek geboek vir jou terugkoms en saamspeel  :love7: