Author Topic: Synaloepha  (Read 11315 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Synaloepha
« on: April 25, 2011, 02:23:32 PM »
Synaloepha   - sametrekking van twee klinkers in een lettergreep - om te sinkopeer
diërese  (die toewysing van twee posisies aan een sillabe)

Sillabe - lettergrepe

Die belangrikste aanpassings in die reëls vir die toewysing van sillabes aan metriese posisies geld in die eerste plek die voorwaardes waaronder sinalefe (synaloepha, die groepering van twee sillabes in een posisie) en diërese (die toewysing van twee posisies aan een sillabe) veronderstel kan word.

Die volgende voorwaardes vir die keuse om synaloepha toe te pas:
i) waar die sillabes bestaan uit twee opeenvolgende vokale, ongeag die woordgrens;
ii) waar die sillabes geskei word deur 'n sonorante* konsonant of 'n stemhebbende frikatief;
iii) waar die sillabes bestaan uit 'n onbeklemtoonde eensillabige woord wat voorafgegaan word deur 'n beklemtoonde of onbeklemtoonde sillabe.

In 'n sonorante* reeks kan daar egter dikwels 'n ekstra sillabe ingevoeg word, soos in "vorm" of "vorem", sodat dit soms nodig is om twee posisies aan een sillabe toe te ken waar die gereduseerde [ ə ] in standaardtaalgebruik weggeval het.

*sonorante -'n Klank waarby die artikulasiekanaal spontane trilling van die stembande toelaat.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Synaloepha
« Reply #1 on: March 18, 2016, 01:39:52 AM »
Afrikaans is soms Grieks  :icon_scratch:  :dontknow:

Geleen vanuit my nuwe landstaal maak Synaloepha straks meer sin  :icon_biggrin:

Description
Synaloepha is the contraction of two words by the elimination of a vowel.

Example
Don't! I won't!

Take't; 'tis yours. What is't?

Would you betray's?

Discussion
A lot of the shape and sound of a word is in its consonants. This means that vowels can be more easily removed, including from short words.

Synaloepha is most common in the set of words like 'won't', 'can't' and so on, where the 'o' is removed from the word 'not'. It is also used more creatively in poetry, where a common synaloepha  is in the removeal of 'i' from 'it'.

Nou's die uwe reed'lik verlig - ek't ophou kopkrap en nou aan't dinke oor voorbeelde in Grieks Afrikaans  :icon_biggrin:
« Last Edit: March 18, 2016, 01:50:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Synaloepha
« Reply #2 on: March 23, 2016, 10:37:36 AM »
Ja, gepraat van tyd en liefde, gooi ons nog 'n wonderlike sin vir humor daarby en dan kry ons vir jou!  Jy is 'n klein groot noot!   :icon_biggrin:  Ek waardeer jou en jou liefde vir die taal ongelooflik baie.   :love7:

Dankie vir die Griekse vertaling in Engels!  Nou maak dit soveel meer sin!  Nie s'n nie.   :angel4:

Bygesê, dit het 5 jaar geduur!  LOL
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Synaloepha
« Reply #3 on: March 28, 2016, 12:11:26 PM »
Liewerste laat as nooit ne  :hello2: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Synaloepha
« Reply #4 on: April 05, 2016, 01:26:02 PM »
Natuurlik ja! 
Om te weet is om te verstaan.