Author Topic: Dit is nou amper klaar.  (Read 3620 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dit is nou amper klaar.
« on: November 09, 2011, 07:58:01 PM »
Ouens, ek kom doen verslag.
Dit is nou twintig oor sewe op die 9de November en ek het nou die boek toegemaak.  Die kunstenaar het nou die verfkwas in die asblik gegooi, net om seker te maak dat sy nie nog iets wil verander nie.  (Ek mag dit dalk weer opdiep met die volgende proefboek, want ek was erg teleurgesteld toe ek 'n proefboek ontvang het wat  bladsy op bladsy gedruk was en die volgende een wat nie wou "klou" nie. Toe ek die "boek" oopmaak toe "klap" dit en daar sit ek met 'n klomp los bladsye.  In die proses het ek 'n paar verloor en 'n paar op die verkeerde plek ingelas.  Dit is nie maklik om 256 bladsye in 'n ry te kry nie, nie as elkeen sy eie "mind" het en vlieg waar hy wil vlieg nie!"

Ek kan nie kla nie, in die proses om 'n boek saam te stel, het ek 1,000 dinge geleer.  Werklik, vanoggend nog maak ek 'n foutjie iewers en daar ontdek ek 'n funksie wat goud werd is.  Ek gaan niks uitlap nie, julle kan maar vir die boek wag, (vir wat dit mag werd wees.)  Smaak verskil mos en waarvan ek hou is nie noodwendig waarvan julle hou nie. 

Sommige werk was werklik 'n uitdaging en ek belowe nie dat ek daarin geslaag het om 'n sukses daarvan te maak nie.  Dit kan net 'n les wees vir ons almal op voorbereiding vir die volgende boek.  (Vir die wat dink dat hierdie boek die moeite werd is en weer daaraan wil deelneem.)

Dit bring my by die punt van ouens wat al weer wou plek bespreek het vir die volgende boek.  My antwoord is, kry maar eers die huidige onder die oog voordat jy besluit.  Dalk is jy teleurgesteld, dalk is jy in jou noppies soos ek! Dalk is jy bereid om jou inset te lewer sodat die tweede boek 'n verbetering is op die eerste.  'n Mens moet mos bou!

Dankie vir Raaitjie en Adéle wat die gedigstrukture geproeflees het.  Ek weet daar sal nog foute uitslaan, selfs nadat ek dit onder 'n grooooot skerm onder die oog gekry het.  'n Mens se brein is nou maar net so slim dat dit foute self regmaak. 

Dit bring my by 'n volgende punt.  Daar is ouens wat 8 en 10 boeke bestel het.  Ek maak net 'n voorstel.  Kan ek nie aan julle elkeen eers net een boek voorlê nie.  As elkeen net eers een boek ontvang, kan ons almal saam werk om nog foute uit te wys, dan kan ek dit regmaak en die res van die boeke laat druk.  Laat weet asseblief vir my hoe julle daaroor voel. 

Verder het ek nie juis iets om te sê nie.  Net dat dit 'n groot voorreg was om aan almal se werk te "werk".  Dit was vir my 'n groot plesier en ek is so jammer dat julle nie die "toer" deur julle werk saam met my kon beleef het nie. 
Elke keer as ek gaste gehad het, het ek julle werk aan hulle voorgelees en elkeen het 'n boek by my bestel.   :icon_biggrin: (Gepraat van ploeg met 'n ander ou se kallers.)   :icon_biggrin:  Dit is beslis nie net ek wat soveel plesier in julle griffeltjies vind nie.)

Mag ek nog sê dat ek elkeen van julle opreg waardeer.  Dit is soos 'n mamma met 20 kinders en sy kan nie 'n oogappel kies nie.  Julle het elkeen 'n besondere plek in my hart en ek waardeer elkeen van julle. 

Ek wil 'n baie spesiale dankie sê aan almal van julle.  Julle het werklik gehelp om 'n ouvrou se droom te verwesenlik.
Baie dankie. 
Ek lief julle elkeen in besonder.
 :love7:
PM


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dit is nou amper klaar.
« Reply #1 on: November 10, 2011, 06:54:34 AM »
En hier sit ek met nat ogies en moet kort-kort knip om net weer 'n slag te kan voortlees.
PM, baie dankie vir jou droom, want sonder jou droom sou ek nooit my skriffels op 'n bladsy in 'n boek gesien het nie.
En dankie dat jy ons klomp so onder jou hart - of is dit nou binne-in - dra. 
Ek is seker ons sal almal baie baie trots wees om daardie boek uiteindelik teen ons harte vas te druk.
Ons lief jou ook, Mamma Hen.
Mag die volgende een, ja ek wil die volgende een ook deel van wees, gou op die rakke (huh?) en op die TV (nogge huh?) wees in die nuwe jaar.
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dit is nou amper klaar.
« Reply #2 on: November 10, 2011, 04:18:22 PM »
Baie dankie vir al jou harde werk. Ons het terug gesit en gekyk, maar ons het elke sekonde wat jy ingesit het waardeer.  :icon_salut:
Ek stem saam oor die een boek en kyk of alles reg is, maar vir my maak dit regtig nie 'n groot verskil nie ek het net een boek bestel  :icon_biggrin:
 :love7:  :love7:  :love7:  :love7:  :love7:  :love7:  :love7:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dit is nou amper klaar.
« Reply #3 on: November 11, 2011, 04:58:55 AM »
Dankie Ellé en Trappies.  Dalk is vandag die groot dag.  11/11/2011.  Ek sit op hete kole en wag vir ons buiteblad.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.