Author Topic: spoedkameras  (Read 7096 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
spoedkameras
« on: November 09, 2011, 06:37:26 PM »
Nóg ’n spoedvraat wat teen 165 km/h gery het, is vanoggend vroeg op die R61 tussen Aberdeen en Beaufort-Wes gevang.

Die 33-jarige man is die derde persoon in vier dae wat deur die verkeersowerhede op die stuk pad tussen die twee dorpe vasgetrek is. Sondag is ’n man in hegtenis geneem nadat hy teen 164?km/h op die pad gery het.

Die ander man is gister aangekeer nadat hy 182km/h op die pad gery het.

Volgens mnr. Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, wys dit dat daar steeds mense is wat nie gehoor aan die spoedgrens gee nie. “Die man, wat ’n Huyndai bestuur het, is ook met die nuwe-generasie spoedkameras gevang. Soos in die laaste gevalle is sy gemiddelde spoed oor 'n sekere afstand op die pad gemeet.”

Die man word tans in die polisieselle op Beaufort-Wes aangehou en sal binnekort in die hof verskyn. Africa het bygevoeg dat hulle alles in hul vermoë sal doen om roekelose bestuurders vas te vat.


http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-kamera-vang-nog-n-spoedvraat-20111109

wonder hoekom moet hy spoedvraat genoem word, hy hou seker maar van vinnig ry.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #1 on: November 09, 2011, 08:09:22 PM »
Dit is nogal interessant dat daar orals in Europe paaie is waar daar geen spoedgrens toegepas word nie.
In ons land is daar 100de kilometer niks waar grensdrade is en in Namibiê is dit nog erger.  Ek verstaan dat hulle nou die spoedgrens 100km per uur wil maak.  Dalk is dit om die lugrederye te bevorder. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #2 on: November 12, 2011, 05:52:31 AM »
Daar word te veel op spoed gefokus.
Daar moet honderd maal meer op oorvol busse en taxi's gefokus word.
En daardie rammelende ratelkaste van vierwiel moordwapens wat hulle dingese aan enige padreels afsmeer... of moet ek se die bestuurder van daardie moordwapen..
Drank is 'n groter moordenaar as dit in die bestuurder van 'n voertuig se are pomp..
Dronk, vertraagde, dom, ongeletterde voetgangers wat op die deurpaaie loop, fiets ry..
Ek kan aanhou en aanhou.
Borde langs die paaie druk dit in jou gesig dat 'If you speed, you're a Killer'. 
Ja, spoed kan doodmaak - veral op 'n Vrydagaand met 'n lyf vol booze en as jou maatjie langs jou jou dice..
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #3 on: November 12, 2011, 06:08:30 AM »
Ek stem.  Daar is baie ander fakto(r)re  :icon_biggrin: wat in ag geneem moet word.  Die gevalle waar 'n voertuig onklaar raak of die bestuurder beheer verloor op hoë spoed, is uitsonderlik.  Dit is drank, roekeloosheid of uitputting wat die grootste oorsake is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: spoedkameras
« Reply #4 on: November 12, 2011, 06:55:07 AM »
wat is die vinnigste wat julle al gery het, saam gery het en op die grond beweeg het in een of ander vervoermiddel?
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #5 on: November 12, 2011, 07:03:23 AM »
Nee wat, seker so 190 km per uur vir 'n kort rukkie, saam met my broer.  Hy kan van Pretoria af ry Windhoek toe van 5uur die oggend tot 7uur die aand. 
Ons is rustig, ons vakansie begin as ons hier weg ry.  Hannes gee nie om om vir my kort-kort langs die pad stil te hou om 'n mooi foto te neem nie.  Ons pak padkos en eet onder die bome by die stilhouplekkies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: spoedkameras
« Reply #6 on: November 12, 2011, 08:32:58 AM »
Ek jaag ook nie as ek bestuur nie. Om die waarheid te se, dan slaap ek op my lekkerste.
Nee wat, hulle kan maar die spoedgrens maak wat hulle wil, in hierdie land steur ons ons mos in elk geval nie aan reels nie.
Hoe vinniger jy ry, hoe vinniger is op slag verby. {Liewer dood as vermink?)




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #7 on: November 12, 2011, 08:38:05 AM »
Ek verkies beslis opslag voor vermink. 
Die groot probleem lê egter net daar.  Hoeveel onskuldige mense raak opslag of vermink, wat geen aandeel aan die ongeluk gehad het nie.  Kop aan kop!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: spoedkameras
« Reply #8 on: November 12, 2011, 08:50:47 AM »
ek gaan julle nou skok:

maar dit is nie soooooo erg soos dit klink nie.

die vinnigste wat ek op land in 'n voertuig beweeg het was 335 km per uur, dis vrek vinnig. ( dit was nie in 'n vliegtuig wat opgestyg het nie, hulle opstyg spoed en land is so 220 na 250 km/uur)

sal later daaroor uitbrei. moet gou dorp toe gaan.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #9 on: November 12, 2011, 09:00:36 AM »
Ek het nooit aan die vliegtuig gedink nie!  Ek sleep my stoeltjie nader Lox. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: spoedkameras
« Reply #10 on: November 12, 2011, 10:15:06 AM »
die mense dink die gautrein is vinnig.....ek het al die helfte vinniger met my kar gery as daai trein, wou darem so paar keer kyk of die kar rêrig 235 kan ry soos die boek seg. ook net gedoen as ek alleen is. ook net op oop stil lang reguit pad hier na Villiersdorp toe.

nou wonder jy steeds oor die ander......sjoe dit was lekker, stop wegtrek en ry teen oor 300 weer stop en wegtrek en ry oor 300 ens vir so 2 na 2 en half ure lank. dis blitsig.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #11 on: November 12, 2011, 11:21:15 AM »
My brein is nog snoesig weggepak in 'n kassie.   :icon_biggrin:  Ek dink toe net aan motors. 
Ek was al op 'n paar "metro's" in die wêreld, maar die Gautrein is nie so vinnig nie.  Die verskil is net, 'n mens is meestal ondergronds op die Metro, dan ervaar jy nie werklik die spoed nie. 

Op watter renbaan het jy so gejaaaag Lox? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: spoedkameras
« Reply #12 on: November 12, 2011, 12:17:45 PM »
Die metro treine is nie so erg vinnig nie seker maar 80 km/uur want die stoppe is te vinnig opmekaar.

Was in Frankryk, tussen Parys en Bordeux. Kan nie die trein se naam onthou nie ek dink dis die TVG en dit is afkorting vir iets wat in Frans beteken: Baie vinnige trein.

600 km so 2 en half na 3 ure, kan nie meer onthou nie. dit is vrek vinnig en as daar een van voor af kom op die spoor langsaan slaan jou ore toe van die lugdruk. jy kan nie die sleepers langs jou sien op die grond nie. Lyk nogal weird toe ons in Parys wegtrek en die trein begin die karre op die snelweg wegry.

Vinnigste wat ek sam met iemand gery het was 270 in BMW M3. Du Toitskloof op voel dit soos 'n roller coaster.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spoedkameras
« Reply #13 on: November 12, 2011, 02:14:52 PM »
Wow!  Neewat, ek verkies dit baie stadiger, dan kan ek na al die mooi goed langs die pad kyk.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: spoedkameras
« Reply #14 on: November 12, 2011, 02:49:34 PM »
ek self verkies ook stadiger, min dat ek deesdae meer as 110 ry
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.