Die Biblioteek > Vervloeë woordskatte

Die pad na die hel...

(1/3) > >>

PM:
'n Spreekwoord wat boekdele spreek en 'n mens laat dink is:
Die pad na die hel is met goeie bedoelings uitgelê.

Hoeveel keer het ek al gedink ek doen goed, probeer my bes om te help, dan knal dit terug in my gesig soos 'n donderbussie wat truplof, dan sit ek met so 'n swart geroette bakkies en geskroeide wenkbroue en luister hoe almal vir my lag.  :nono:

Lox:
Juis, en dna raak mens bang om iets te doen  agv vorige nare ondervindings. dis seker ook nie reg om net niks te doen nie. ek het al gehoor iemand seg as jy niks foute wil maak nie doen dan niks en as almal niks doen nie word daar niks gedoen nie en ons verval in middeleeue.

ja maar die ervaring van iets goed bedoel wat backfire is sleg.

PM:
Soos jy kan sien is "antie" weer op die lug.
Ek sal nou-nou my e-pos gaan doen.

Die probleem is ook dat daardie mense vir wie jy probeer help het, nou kwaad is vir jou.  Hulle dink jy sit op 'n troon en oordeel hulle, maar dit is baie ver van die waarheid af. 

Angelica:
HR kom van H/O JHB af om die personeel in die kantoor wat einde Nov moet klaarmaak, toe te spreek.
Een van ons departemente in die Medical Division maak toe en hulle Kaapstad tak deel 'n kantoor met ons, 'n ander afdeling van die Medical Division. (Ek werk vir 'n baie groot BEE Co met verskillende Divisies in die Mediese veld).
Die vorige dag vra ek die sekretaresse (wat ook moet gaan) of sy gaan reel vir eetgoed ens,  nee se sy, sy gaan nie en as hulle wil koffie he, sal sy maak.
Ek besluit die aand dat ek iets sal voorsit.. sommer om die somber atmosfeer bietjie te versag.
Kry die oggend vars muffins en sit die kantoor se nuwe stel koppies en bekers uit met alles netjies in skinkborde gepak op die side boards in die boardroom.  Kry vars koffie in die perculators en moet net aangeskakel word.  Aircon op 'n gemaklike temp en alles is net te nice.
Die sekretaresse is woedend dat ek dit durf waag om in hulle meeting in te meng,  maar nadat ek haar verseker het dat my bedoeling was om die spanning bietjie te breek met 'n vars koffie en muffin in die hand, het sy ingesien dat ek net wou help.
Goeie bedoelings word nie altyd so gesien nie.  Met kommunikasie kan dit reggestel word.  Maar ook dit werk nie altyd as die partye nie WIL verstaan nie.

PM:
Dit is jammer dat daar mense is wat altyd alles in 'n negatiewe lig sien. 
Jy kom dit ook gou agter wanneer jy iets sê en 'n persoon begin dadelik selfverdediging toepas.  Dan draai ek my kop so skeef, sit 'n frons op my hele gesig en probeer sin maak.  O!  Die skoen het gepas!  Dit was nog nooit nie op daardie persoon gemik nie, maar die skoen het hom/haar ook gepas.  :icon_scratch:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version