Die Klaskamer > Spelling

Herinnering

(1/2) > >>

PM:
Ek en Lox het verlede week 'n gesprekkie gehad oor die woord "herinnering".
Die "oumense" het gepraat van herhinnering en ons het so begin skryf soos ons praat. 
Ek was so seker daar moet so 'n woord wees met 'n h in die middel en het dit gaan soek, maar niks gevind nie. 

Herken en erken is nog twee stouters wat verwarring skep.  Jy herken 'n vriend in die straat of jy erken dat jy skuldig is. 

Wat van veras en verras.  Daar is seker nog baie sulkes.

Angelica:
Ek onthou hoe ek in St 2 geraps is oor 'n speltoets waarvoor ek 9/10 gekry het.
Nou nog is ek baie presies as dit by spelling kom.  Al moet ek dit nou gaan opsoek in die woordeboek, ek probeer reg spel.
Daar is baie sulke woorde wat verwarring skep.  As jy 'n woord verkeerd spel in 'n sin, kan dit die sin heeltemal 'n nuwe betekenis gee.

PM:
Ek leef ook met 'n woordeboek op my skoot, ongelukkig kan hy my nie help met vingerfoute nie.   :icon_biggrin:

Die woord herinnering het ek vanoggend weer op iemand se webblad raakgelees en besluit dit is nou tyd om dit te bespreek.  Ons praat dikwels onduidelik en spreek woorde verkeerd uit.
My vriend in NZ lag mos vir my as ek praat van vuurhoutjies.  Hy sĂȘ die is vieriekies.   :icon_biggrin:

Angelica:
giggles... lag ek nou vir die 'vieriekies'.
Word dit nie dalk met 'n 'f' gespel nie ?  Nee, joke sommer.

PM:
Dit kan werk ja, Engelse firetjies.  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version