Author Topic: ho eom vir kantjie 'n pil te gee  (Read 2448 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
ho eom vir kantjie 'n pil te gee
« on: November 02, 2011, 02:21:16 PM »
'n Kort handleiding in 15 stappe: Hoe om jou katjie 'n pilletjie te gee:

1.   Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou.

Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.

Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.

2.   Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.

Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.

3.   Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.

4.   Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.

5.   Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.

6.   Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n hout liniaal.

Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.

7.   Haal die @#$%&*te kat van die gordyn-reling af en neem nog 'n pil uit die dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.

8.   Draai die blasende kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.

Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

9.   Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.

Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om.

Verwyder die bloedvlekke van die vloer.

10.  Gaan haal die @#$%&*te kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel af.

11.  Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.

Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.

12.  Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.

13.  "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.

Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk ankertou.

Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi n groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.

14.  Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe eetkamer-tafel te bestel.

15.  Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein hamsters het nie

HOE OM 'n HOND 'n PIL TE GEE:

1.         Draai dit in 'n stukkie ham toe.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ho eom vir kantjie 'n pil te gee
« Reply #1 on: November 02, 2011, 07:24:57 PM »
ooooooo.... vrek !!!! Ek lag dat ek eers moet gaan klaar hoes in die badkamer.
Daai katjie is erger as 'n leeu.
elle

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: ho eom vir kantjie 'n pil te gee
« Reply #2 on: November 02, 2011, 11:20:16 PM »
hehehehehehe arma katjie.....
*The one and only AWESOME-EST


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ho eom vir kantjie 'n pil te gee
« Reply #3 on: November 07, 2011, 09:29:32 AM »
 :hello:

Hahahahahahahehe  :icon_biggrin:

Die dat ek my man vra om te help met ons kat- en dan sukkel dit nog steeds. ;-)