Author Topic: 'n Briefie op die inligtingsbord.  (Read 3810 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Briefie op die inligtingsbord.
« on: October 31, 2011, 01:37:37 PM »
Hartlik welkom tuis Raaitjie.  Kom vertel, wat is prinsessie se naam, wanneer het sy die lig gesien en en en  ons wil alles weet.

My e-pos wil nie epos stuur nie.  Hoop die saak is gou gered.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Briefie op die inligtingsbord.
« Reply #1 on: October 31, 2011, 11:41:25 PM »
Baie dankie mater! Die eerste klein Lockprinsessie heet Madison Shelby Lock. Was net so oor die agt outydse ponde, en het sestien minute oor twee die Vrydagmiddag haar eerste fyn skreeutjie gegee terwyl oupa en ouma oppad was om na Kleinman te gaan omsien.  Hy is gaande oor sy sussatjie maar wou eerste drie dae niks met moederlief te doen he. My hart was stukkend vir haar part. Outoppie en ekke het weer geleer om 'n tweejarige se vloermoertjies gade te slaan en gewens daar was onsigbare oorpluisies :toothy4:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Briefie op die inligtingsbord.
« Reply #2 on: November 01, 2011, 07:58:37 AM »
Ag sy is pragtig!   :love7: Baie geluk Ouma en Oupa!  Ons glo sy gaan vir julle baie vreugde en geluk bring.   :love7:
Dit is 'n gewigtige prinsessie.  Sy is seker lank.  Groter babas is mos sterker en sterker babas is mos groter.   :hello2:
Seg tog ook 'n groot geluk aan Mamma en Pappa.  Nou begin die "pajama-parade". 

Bly om te hoor "Vloermoertjie" is weer 'n prinsie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Briefie op die inligtingsbord.
« Reply #3 on: November 01, 2011, 08:41:00 AM »
Pragtig!

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: 'n Briefie op die inligtingsbord.
« Reply #4 on: November 01, 2011, 10:23:06 AM »
Sjoe, baie oulik!!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Briefie op die inligtingsbord.
« Reply #5 on: November 01, 2011, 11:59:36 AM »
Sy is pragtig ne  :love7: Sy lyk klein teen die prinsie wat die skaal oor die tienpond getrek het  :toothy4: Dankie vir al die gelukwense  :notworthy: