Author Topic: Dronk Dame en die Vlugkelner..  (Read 4376 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Dronk Dame en die Vlugkelner..
« on: October 30, 2011, 08:23:32 AM »
Heerlike onderwerpe weer vanoggend in die Sondagkoerante - kan jou die hele week besig hou met tob, kommentaar lewer en sommer net lag oor sommige simpel goed wat mense aanvang.
Kyk nou maar na die SA'se pop wat in Engeland skoolhou en op 'n vlug terug van 'n vakansie met die familie hier, so besope raak na 'n half bottel Whiskey, dat sy seks eis van 'n vlugkelner en hom tussen die bene gryp.  Verbeel jou, hierdie oulike meisie, jonk, mooi, slim, groot toekoms wat wag, raak so besope dat sy sulke sotlike goed aanvang.
Moral of the story?
Moenie op 'n vliegtuig dronk word nie.
Moenie dronk word nie.
Moenie Whiskey drink as jy nie weet waar jou perke is nie.
Moenie so baie alkohol verorber nie, dit breek breinselle af en binnekort is jy so dom, jy sal nie vir die klas voor jou kan klasgee nie.
Moenie vlugkelners as 'n potensiele seksmaat sien nie, hy/sy se seksuele orientasie is dalk nie dieselfde as joune nie.
Moenie dink dat as jy hoog tussen die wolke is, letterlik en figuurlik, niemand van jou dwaashede te hore sal kom nie.
Moenie jouself sleg gedra as jy dink dat jou familie nooit daarvan te hore sal kom nie - die wereld mag dalk net.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #1 on: October 30, 2011, 08:29:03 AM »
in watter koerant was dit
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #2 on: October 30, 2011, 08:34:10 AM »
Hi Lox.
Rapport.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #3 on: October 30, 2011, 11:32:18 AM »
Wie vra kry niks. Wie gryp kry 'n handvol.
Ek moet darem se, party kelners is ook maar nie baie bright nie. Wanneer is daai antie se terugvlug?







 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #4 on: October 31, 2011, 01:31:34 PM »
Ek wil nog sien op watter lugredery jy 'n halwe bottel whiskey bedien word.  Ha-ha. Daai vliegtuig is lank en voor hulle by jou uitkom vir 'n drankie, is jou kos lankal bedien.  Buitendien, daar is nie eers plek in die sitplek om van plan te verander nie, wat nog om iemand agter 'n trollie te "begryp". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #5 on: October 31, 2011, 02:21:45 PM »
ja by ons het die mense op i tyd weggekom in die hof met die verskoning ek was dronk en en het nie besef wat ek doen nie, tot op  i dag het die landdros besluit van nou af is dronk verswarende omstandighede en nie versagtend nie.

na half bottel whiskey ( op nugter maag) wonder ek of sy nie al uitgepaas het nie. dalk ook verskoning? ek weet nie vra maar net.

Ek dink daar darem lekkerder goed om te drink as whiskey
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #6 on: November 01, 2011, 08:15:26 AM »
'n Goeie whiskey is darem lekker Lox.  Dit hoef ook nie altyd lekker te smaak om lekker te maak nie nê!  :icon_biggrin:
Die ouens wat weet sê dat ons swakste brandewyn die beste konjak is in vergelyking met die res van die wêreld s'n.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #7 on: November 01, 2011, 10:11:51 AM »
gelukkig is dit 'n kwessie van smaak, ek is nei erg oor sprits goed nie, rooiwyn bly vir my die wenner.

mens leer seker maar die goed drink
as ek dalk miskien per ongeluk brannewyn drink sal ek dit skoon vat met een blokkie ys.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #8 on: November 01, 2011, 10:22:49 AM »
Hehe ek stem vir die rooiwyn!! ek wil ook rooiwyn he nou... woohoo dit gaan mos lekker samet pynpille?

Shame die arme meiskind, syt seker gedink sy kan dit hanteer en toe voel sy te alleen...
*The one and only AWESOME-EST


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #9 on: August 20, 2018, 07:15:27 PM »
Lees nou were hier oor 'n skouer en raak sommer van voor af depressief. Ek is verdomp al amper sestig en nog nooit deur 'n jong meisie aangerand nie. Partykeer wonder ek wat ek in my vorige lewe verkeerd gedoen het.


 :icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #10 on: August 23, 2018, 05:21:20 AM »
Toe ek laas week van Antananarivo terug vlieg ORT toe in Johannesburg, was daar 'n jong man wat nogal in die besigheidsklas gesit het.  Ek het redelik voor gesit en kon sien hoe die botteltjies whisky aangvra was.   
Op 'n stadium kon ek sien die vlugkelner vra vir hom " are you sure sir"?   En toe bring sy nog 'n botteltjie.
Toe die vlug moet regmaak vir land, seat up front, table trays folded back en alles, toe is die jonge man nie meer by sy bewussein nie.  Toe ons die vliegtuig verlaat sit hy vas aan die slaap en kwyl.   
Almal was al in die bus, en toe wag ons.   En ons wag en wag en wag, seker 15 minute, en toe sien ek daar kom die man begeleidend van die trappe af met so 'n stadige stappie met sy kop wat nie lekker reggop wil bly nie en sulke donker oge wat in die leemtes staar.
Die hele bus het lekker gelag!
Kamp is koning!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dronk Dame en die Vlugkelner..
« Reply #11 on: August 24, 2018, 04:23:54 PM »
Die ou sou nie in Dubai daarmee weggekom het nie.  Daar is "droë" dele in Dubai waar drank in jou sisteem teen die wet is.  Jy mag nie eers daardeur ry met drank in jou voertuig nie. 
Om te weet is om te verstaan.