Author Topic: Woorde, mooi en lelik...  (Read 4580 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Woorde, mooi en lelik...
« on: October 23, 2011, 06:03:41 AM »
Ek staan verstom oor hoeveel miljoene woorde  daagliks oor die wêreld heen gebruik word en dit slegs uit die 26 letters tot ons beskikking bestaan.  Sommige bestaan slegs uit een letter.  Dan is daar wat omtrent ‘n kwart van die letters bevat om ‘n naam aan ‘n dorp te gee.  En nog steeds word meer nuwe woorde gemaak deur net daardie 26 lettertjies te gebruik.  Ons praat dit, skryf dit, sing dit.  Ons gebruik dit, meeste van die tyd, sonder om te dink.
Miljoene woorde, sommige met goeie betekenisse, sommige met slegtes.  Woorde kan jou seermaak of ophef.  Woorde kan jou toekoms bepaal.  Dis amper om ‘n visie uit te spreek oor die persoon aan die anderkant van daardie ge-uiterde woorde. 
Dink aan toe jy jonk was hoe seer ‘n onnie se woorde kon maak as jy nie die les onder die knie kon kry nie en hy jou voor die hele klas slegsê.  Dink aan hoe ekstaties jy was as Pa gesê het jy is sy engeltjie en dat geen ander engel so mooi soos jy is nie.  Toe ‘n vriendin jou met simpatieke woorde troos toe jou geliefde jou verlaat het.  Die aanmoediging van ‘n pa langs die laerskool se rugbyveld.
Woorde,  ‘n vorm van kommunikasie.   Ons gebruik dit as ons liefhet.  Ons gebruik dit as ons kwaad is, teleurgesteld,  wil aanmoedig, troos.. Woorde;   Dit kan vriendskappe vernietig, gesinne,  huwelike, die hart.
Deur net ‘n paar letters te neem, dit te skommel om die woorde te vorm van die boodskap wat jy wil oordra, kan ons ‘n lewe in ‘n ander rigting stuur.
Daar is woorde wat aan my oorgedra is;  Sommige wìl ek nie vergeet nie, ander kàn ek nie vergeet nie.  Dit het beslis bygedra tot wie ek vandag is.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woorde, mooi en lelik...
« Reply #1 on: October 23, 2011, 06:46:59 AM »
Pragtig geskryf Ellé.  Ek stem met jou saam, 26 letters wat bou of breek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Woorde, mooi en lelik...
« Reply #2 on: October 24, 2011, 10:36:04 AM »
 :hello:

Baie waar.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Woorde, mooi en lelik...
« Reply #3 on: October 24, 2011, 10:45:20 AM »
26 letters wat soveel emosies kan los maak.

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Woorde, mooi en lelik...
« Reply #4 on: October 24, 2011, 07:23:25 PM »
Hi Fransie en Trappies...
Dankie dat julle stil gestaan het hier.
elle