Author Topic: Tegniek 4 (Illusions)  (Read 6374 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Tegniek 4 (Illusions)
« on: October 19, 2011, 06:38:03 AM »
Ek het hierdie geplaas maar sien dit nerens. As ek dit raaklees ergens elders sal ek 'verwyder' as ek kan  :icon_bigsmurf:

Hierdie "illusions funksie' vorm deel van die distort afdeling en kan wonderlike bydrae wees tot advertensie ens. Het sommer 'n foto gebruik van plaastoerusting wat vervoer is hier by ons. Hoofweg loop vlak voor onse pandokkie se erfie verby LOL!

Ek het 12 weerkaatsings gekies. Speel gerus met almal en kyk watter een voldoen aan wat jy graag wil sien!






Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #1 on: October 19, 2011, 06:58:50 AM »
PM ek het kopseer vandag oor die plasings wat verdwyn LOL! Kan ook nie herstel werk doen aan enige plasings nie
admin spook gee my nagmerrie heller oordag :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #2 on: October 19, 2011, 07:11:39 AM »
Raaitjie, ek het hulp ingeroep.  Marcelle sal seker vir ons die forum opdateer na die nuutste weergawe.  Stof het dit voorheen gedoen en toe het ons ook probleme gehad en dit weer terug geplaas op die vorige weergawe.  Ek weet nie wat die antwoord is nie. 
Y?  Het jy raad?

Dit lyk na 'n heerlike program om mee te speel.  Sodra ek tyd het sal ek ook probeer.  Dankie vir die moeite Raaitjie.
Nog 'n keer, welkom tuis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #3 on: October 20, 2011, 03:31:59 AM »
PM jy is en bly 'n ster aan ons kuberruim  :love7: :notworthy:

Offline Y

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 11
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #4 on: October 20, 2011, 06:44:11 AM »
PM, ek het geen idee hoekom die plasings verdwyn nie.

Met die opgraderings begin 'n mens 'n "nuwe" program in die vorm van die nuwe weergawe te gebruik.  Met elke nuwe weergawe kry 'n mens die situasie dat daar nuwe probleme en vingerfoute kan wees, maar omdat niemand nog die weergawe gebruik het nie, is dit nognie ontdek nie.

Soos probleme ontdek word, word dit aangemeld en is daar pogings om dit te herstel.

Een algemene oplosing vir die probleem is om 'n ouer, meer stabiele weergawe te gebruik, waarvan die probleme ontdek en uitsorteer is en versigtig te wees vir nuwer weergawes met nuwe funksies.

Ek hoop die plasings word gekry. Dis erg ongemaklik as 'n mens nie vertroue in jou rekenaar het nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #5 on: October 20, 2011, 07:41:35 AM »
Dankie Raaitjie en dankie Y vir die raad.  Ons gebruik tans die ou weergawe wat ons ook al die tyd op Woes gebruik sonder enige probleme.  Nou wonder ek waar lê die probleem dan.  Eers sukkel van die ouens om in te teken, dan verdwyn al ons data en dan sukkel ons om plasings te doen.  How now hosty cow?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #6 on: October 21, 2011, 01:40:08 AM »
Vanoggend lyk en werk alles dooddollies mater!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tegniek 4 (Illusions)
« Reply #7 on: October 21, 2011, 06:34:10 AM »
Ek is baie bly Raaitjie.  Mooiloop matertjie.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.