Author Topic: Vervloekste Swak Ekonomie...  (Read 3915 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Vervloekste Swak Ekonomie...
« on: October 18, 2011, 07:49:39 PM »

Ek werk vir ‘n groot maatskappy met drie divisies waarvan ons een van die vyf afdelings is in een van die divisies.  Begin van die jaar trek een van die afdelings by ons in die kantoor in en ons moet almal ons boude rondskuif om in te pas.  Na ‘n week is ons lekker gesellig saam en geen nonsense word aangemeld nie.  Hulle trek swaar, daarom die oorskuif na ons sodat kostes bespaar kan word.
Verlede week hoor hulle dat al die takke oor die land in Hoofkantoor moet wees op Maandag. 
Jy kan die spanning sien en aanvoel.  Hulle weet wat gaan kom, hulle het dit verwag.  Dit is stil in die kantoor en almal wil weet of ek nog niks gehoor het nie, is daar nog geen nuus nie.  Ons wag en hoop vir die beste.
Laat namiddag kry ek ‘n e-pos van my kind…  dit gaan nie goed in die maatskappy nie ens ens.  Ek voel die knyp in die ekonomie aan my hart ruk.  Wat nou? 
Vanoggend is die sekretaresse daar voor haar rekenaar met opgepofde oë en ek hoef nie eens te vra wat gebeur het nie.
Hulle maak einde November klaar.
Ek weet nie wat om vir my kollegas te sê, behalwe dat ek so sad is dat dit met hulle gebeur.  Daar is trane in die kantoor toe hulle begin om files en mandjies deur te kyk vir wat hulle solank kan wegpak. 
My kind voel beter vandag.  Hy’s kalm en kan besluite neem.   Gelukkig het hulle nog nie daardie volgende epos gekry nie, maar wie weet hoe lank dit sal duur voor dit deurkom?  Saam besluit ons dat hy solank CV op datum kry en nie te wag nie, maar solank begin voelers uitsteek na ‘n nuwe pos.  Die kinders wil volgende jaar trou en ek dank God dat dit nou gebeur het en nie daarna nie. 
Die verswakking in die ekonomie verlede jaar het niemand na aan my geraak nie en ek was so bly daaroor.  Nou gebeur dit op een dag met mense baie na aan my.  Al wat ek kan doen, is om saam met hulle deur die tonnel te stap tot ons by die lig uitkom.
Hierdie goed gebeur met enigeen, met groot maatskappye wat jy nie gedink het ooit sal wankel nie. 

elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #1 on: October 18, 2011, 08:53:07 PM »
Ek kan maar net kop skud. Dit is sooooo jammer dat menigtes se lewens bepaal word deur 'n paar mense in die wereld wat alle geld beheer.







 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #2 on: October 19, 2011, 07:06:15 AM »
Dit gaan moeilik orals.  Alles word duurder en orals hoor jy van mense wat nou 'n baie laer standaard handhaaf en sukkel om die mas op te kom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #3 on: October 19, 2011, 12:32:03 PM »
Jammer om dit te hoor. Dis iets vreeslik.
Vir die wat my ken weet ek is baie en ek bedoel baie privaat. Nou gooi ons deure oop en gaan teminste twee nuwe intrekkers kry. Een wat 'n kamer huur en een wat 'n woonstel huur. So werk almal maar aan die maer jare. Ek moet nog leer om eenvoudiger te lewe. Ons is nog van die gelukkigs wat darem nog werk het. So ek dink aan julle.  :love7:

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #4 on: October 19, 2011, 07:16:15 PM »
Baie dankie aan almal wat aan ons dink.
Dit gaan baie beter by die kantoor. Die smiles het weer deurgekom en almal is vol moed dat dit oor 'n paar maande goed sal gaan in nuwe poste.
Baie papier is vandag al weggegooi. Files is leeg en lessenaars is nie meer oortrek met wit A4's nie.
Ek is baie dankbaar.
My kind voel ook weer positief en met die ondersteuning van sy ma en sy verloofde, se hy, kan dit net goed gaan.
Dink net hoe lekker dit sal wees as jou lewe 'n nuwe rigting inslaan en nuwe horisonne le voor jou oop.
Ek het al twee keer die harde grond onder my gevoel toe ek gedink het dit nie moontlik is nie.
Nou leef ek baie eenvoudig. Ek het afgeskaal en is gelukkiger.

elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #5 on: October 20, 2011, 03:10:05 AM »
Angelica, my hart le swaar vir almal wat geraak word deur die ekonomie. Gesinne wat kan saamstaan oorleef  :notworthy: Ons familie het self die rieme gevoel sny en is dankbaar vir elke sent en seening wat ons beleef.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vervloekste Swak Ekonomie...
« Reply #6 on: October 20, 2011, 08:22:25 AM »
Dit is altyd goed om ander se wonderlike positiewe uitkyk in moeilike tye te ervaar.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.