Die kuierstoep > Die Foltergrot

Almal van julle gaan tjoekie toe.

(1/7) > >>

PM:
As julle nie onmiddellik met mekaar kom kuier nie gaan julle almal tjoekie toe!  Ek gaan julle so diep bêre dat julle kos met 'n kettie ingeskiet sal word.  Angelica sal voor die deur staan met 'n vlieëplak om seker te maak niemand ontsnap nie.   Ek sal 'n viskikke straf uitdink vir julle en daai stomp hond op julle sit. 

Angelica:
Whaaaa...!!!
Nou toe, as julle nie met my en daai stomp hond wil crash nie, dan moet julle penne opneem en skryf.
Seblief, maak vir PeeEm bly.
 

PM:
Daar het ons nou ons eie "selwagter" en forum hond, Stomp.  Ek hoop nie hy gaan net 'n "laspos" wees nie.   :icon_biggrin:

adele:
   :coffee2:   hier is ook 'n pak kleinsoetkoekies vir saam met ons kopikofi.

PM:
Adéle, ek het half een vanoggend vir jou 'n briefie geskryf, toe besluit die administrator dat jy nie so vroeg in die oggend gepla moet word nie, en stuur dit terug.   :icon_biggrin:  Ek wou maar net weet of jy al jou werk gekry het en tevrede is daarmee. 
Baie dankie, die koekies en koffie kom nou baie bekkig te pas.   :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version