Author Topic: Almal van julle gaan tjoekie toe.  (Read 20627 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Almal van julle gaan tjoekie toe.
« on: October 15, 2011, 04:44:42 PM »
As julle nie onmiddellik met mekaar kom kuier nie gaan julle almal tjoekie toe!  Ek gaan julle so diep bêre dat julle kos met 'n kettie ingeskiet sal word.  Angelica sal voor die deur staan met 'n vlieëplak om seker te maak niemand ontsnap nie.   Ek sal 'n viskikke straf uitdink vir julle en daai stomp hond op julle sit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #1 on: October 15, 2011, 09:43:00 PM »
Whaaaa...!!!
Nou toe, as julle nie met my en daai stomp hond wil crash nie, dan moet julle penne opneem en skryf.
Seblief, maak vir PeeEm bly.
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #2 on: October 16, 2011, 06:40:51 AM »
Daar het ons nou ons eie "selwagter" en forum hond, Stomp.  Ek hoop nie hy gaan net 'n "laspos" wees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #3 on: October 17, 2011, 07:10:45 AM »
   :coffee2:   hier is ook 'n pak kleinsoetkoekies vir saam met ons kopikofi.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #4 on: October 17, 2011, 07:37:04 AM »
Adéle, ek het half een vanoggend vir jou 'n briefie geskryf, toe besluit die administrator dat jy nie so vroeg in die oggend gepla moet word nie, en stuur dit terug.   :icon_biggrin:  Ek wou maar net weet of jy al jou werk gekry het en tevrede is daarmee. 
Baie dankie, die koekies en koffie kom nou baie bekkig te pas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #5 on: October 17, 2011, 07:33:29 PM »
Ek's te laat vir kopikofi.
En vanaand is ek te vodde om te kuier.
Groot verwikkelinge in die direkte omgewing rondom my. Dit tap bietjie van my.
Maar ons sal sterk staan en vorentoe kyk tot dit donker word. Dan sal ons 'n liggie aansteek en by mekaar inhaak en die tonnel saam loop.

elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #6 on: October 17, 2011, 08:48:33 PM »
iets vertel my ons kring biki om jou, vat hande en bid saam met julle. 
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #7 on: October 17, 2011, 08:52:21 PM »
Adéle, ek het half een vanoggend vir jou 'n briefie geskryf, toe besluit die administrator dat jy nie so vroeg in die oggend gepla moet word nie, en stuur dit terug.   :icon_biggrin:  Ek wou maar net weet of jy al jou werk gekry het en tevrede is daarmee. 
Baie dankie, die koekies en koffie kom nou baie bekkig te pas.   :love7:

vreeslik laat 'n kuberadmin nou namens my moet besluit...    :crybaby2:   hy weet mos ek gee nie om om gepla te word deur kosbaarvriende nie.

 Petra, ek het nog net die een of twee navrae gekry wat ek direk beantwoord het, maar die hele lot, nee, nog niks nie. kan ek maar Pta toe kom en kom kyk...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #8 on: October 18, 2011, 07:12:06 AM »
Natuurlik kan jy kom Adéle, ek wag vir jou.  Dit spaar my die rit om af te sit daar na jou toe!  Ons het genoeg slaapplek en hier is 'n paar matertjies wat jou baie graag sal wil ontmoet.

Elle, sterk staan vriendin.  Hoop alles werk gou mooi uit, ten goede. Ons wil jou tog hier in die kringetjie hê.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #9 on: October 24, 2011, 09:04:30 PM »
ek wil nie tjoekie toe gaan nie....  :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #10 on: November 18, 2011, 07:45:37 AM »
Toeet- toeet, Ellé ek roep jou en bring vir Stomp saam asseblief.  Binnekort gaan hier 'n paar siele opgesluit word.   :icon_biggrin:
Waar is die vrugte wat julle penne moet dra?
Goed, ek sal 'n onderwerp bedink en dan skryf ons. 
Dink dit is tyd vir 'n "opkikkertjie".   :coffee2:
Die ou wat nie saamspeel nie gaan tjoekie toe.  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #11 on: November 19, 2011, 05:20:58 AM »
Bring daai onderwerp dat ons kan begin dink.
Yip, dit is baie stil met skryfgoed.  Kan ons miskien by ELKEEN hoor hoekom skriffels nie geplaas word nie?
Dalk is daar nie eens 'n spesifieke rede nie, miskien is almal maar net baie besig.
(Miskien, as jy hoor wat elkeen se rede is, kan jy die rede in 'n bottel sit, toekurk en in die kelder gaan neerle).

Kom ons begin by PM.
PM, wat dink jy is die rede hoekom jou Forum-lede nie hul werk hier publiseer nie?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #12 on: November 19, 2011, 07:02:51 AM »
Nee Nooi, ek het nie 'n idee nie.  Ek het vir elkeen tien gratis spasies gegee, so die betaling kan nie die rede wees nie.
As dit enigsins iemand verhoed om hier te skryf sal ek dit met die grootste liefde herroep.
Ek glo dit was en is nog 'n dol jaar en Kersfees lê voor die deur. 
Natuurlik is ek net so skuldig, maar ek blameer die boek.   :icon_biggrin:
Hou vas, ek gaan nou iets soek om te plaas om saam te skryf.  Dit sal dan sommer die kompetisie ook afskop.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #13 on: November 19, 2011, 08:41:33 AM »
My pen se punt is stomp.
Daar is niks soos die klomp (onnoembare, onspreekbare) waarvoor ek skoolhou om alle kreatiewe denke te verkrag nie.
Baiue merkwerk en dan 'n "3 en 'n halwe week" ses weke vakansie om uit te rus voor die volgende moroniese tsunamie toeslaan.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #14 on: November 19, 2011, 09:21:36 AM »
Naas, wat rym met werk en merk?
Ek sukkel met 'n nuwe program om 'n foto geplaas te kry.  Hou net vas, of wil jy vir ons iets plaas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #15 on: November 23, 2011, 05:39:39 AM »
Ek laat nou die otter in die hoenderhok los, maar wat dink julle ?

Kan klets en resepte en foto's ens geskei word van die plasing van jou werk ?
Dalk dink lede, en ek het in die begin ook, dat die Forum slegs 'n plek is waar ons ons werk kan plaas.
Kommentaar op jou werk word dikwels 'n lekker chat en dit lyk of jy 'n hele paar kommentare op jou werk het, maar toe nou nie.  Dit vloei in 'n lekker kuier in wat nie noodwendig 'n slegte ding is nie, inteendeel...
Sou daar twee 'stasies' wees, een vir skryfwerk en een vir ander Forum-dinge, kan jy maklik na die dag se plasings gaan, sou jy wou, of na 'n lekker deelname aan 'n resep uitdeel of grappies of foto's kyk of die bespreking van 'n onderwerp wat enigeen kan begin.  As jy nie direk na iemand se site gaan nie, kan jy dalk na 'n paar dae heeltemal lede se werk-plasings mis en sodoende nie deel word van mede-lede se doel nie - om jou werk gelees te kry. Wel, dit is my doel met my plasings, dat dit gelees word en jy vir my vertel wat jy daarvan dink en of jy dink die poging kan beter en hoe en waar..

Wat van 'n survey, PM, waarin lede, en potensiele lede, gevra word wat hulle mening is ? 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #16 on: November 23, 2011, 07:01:08 AM »
Dankie vir jou inset Ellé, ek waardeer dit opreg.  As almal met voorstelle kom om die forum 'n beter plek te maak of reguit sê wat skeel, kan 'n mens daartoe werk om 'n oplossing te vind vir die probleem. 

Ongelukkig is dit nie moontlik met hierdie forum se program om dit anders te doen nie.
Ek self het dit al oorweeg om van die subafdelings te verwyder omdat die forum vir my "langdradig" raak. 

Daar is egter twee maniere waarop jy direk kan gaan kyk of daar nuwe skryfwerk is.
Klik op "home" of "Die Afrikaanse Forum" dan gaan jy tot by "Kom skryf in jou eie plekkie".
Daar sal jy sien dat 'n skrywer se naam in "bold" gedruk is as hy/sy nuwe werk geplaas het of as iemand daar komtaar gelewer het.  (Soos jou naam is vanoggend
 "duidelik sigbaar".   :icon_biggrin:  Ek gaan gewoonlik eers deur al die onderwerpe en los die poeding vir laaste.   :love7:

Jy kan ook tot heel onder gaan en daar sien jy die laaste aktiwiteite wat op die forum plaasgevind het.  Kies wat jy wil lees deur daarop te klik.

As iemand nog voorstelle het, bring dit asseblief tafel toe. 

Elke ou het nou al 20 gratis spasies gekry om te laat waai met die skryfwerk.  Ek waardeer dit opreg dat almal bygedra het om die forum op die been en aan die gang te kry.  Dit kos so R600 per jaar om die forum op die lug te hê, maar ons is mos die "Kannie Worry Klub", as jy kan betaal dan doen jy en as jy nie kan nie dan gaan niemand daaroor "worry" nie.  Al waaroor ek "worry" is dat dit so stil is.  Daar is niks wat my so "ongemaklik" maak as hierdie vreemde stilte nie. 

Bring asseblief nog voorstelle. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #17 on: December 04, 2011, 10:23:06 PM »
ek wil nie by ons skryfplekkies gesels nie so antwoord ek gou hierso, lief vriendin
jammer ek so stil was- dit is nie altyd te besigwees nie, soms sit ek die skoottoppie aan en later weer af. al die veranderinge hierdie jaar het my harder geslaan as wat ek ooit besef het.
ek het uit my 'comfort'-hoekie geklim maar weet nie elke dag mooi waar om in te skakel nie...wat om te doen na jaaare se kluisenaarslewe waartoe ek gedwing was nie. so vergewe asseblief, ek sal weer mens word. soms knak ek so effe onder die spanning van het-ek-die-regte-ding-gedoen.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #18 on: December 04, 2011, 10:54:13 PM »
Ek begin sommer daar by "wil nie by ons skryfplekkies gesels nie" en ek sê sommer hier vir jou Matertjie, gesels sommer net waar die gogga jou byt!  Enige plek is die regte plek!  Praat net!  Skryf net!  Raak net ontslae van dit wat op jou hart is!  Vergeet van die "regte onderwerp" en die "regte plek" hierdie plek is die regte plek!

Matertjie, jy het tuis gekom!  Ek kan met opregtheid vir jou sê dat jy jouself tussen ware vriende bevind.  Ons sal jou nooit oordeel of veroordeel nie, want jy sal dit ook nie met ons doen nie nê?
Adéle, jy is 'n pragtige mens met 'n groot hart vir ons almal, wat laat jou dink dat ons almal jou nie net aanvaar vir wie en wat jy is nie?  Jy moet asseblief nooit bekommerd wees oor "het ek die regte ding gedoen nie".  Adéle, ons is sommer net lief vir jou.  Jy kan maar net doen wat jy wil, want ons doen dit en ons word so aanvaar.  Wees net deel van ons, wees wie en wat jy is en ons sal jou so lief hê!
Jy kan toor met woorde en al praat ek net vir myself, jou werk hou altyd vir my groot bekoring in.  Sonder jou bydrae is hierdie forum baie arm.  Ek het jou baie gemis. Ek hoop dit is nou iets van die verlede!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #19 on: December 05, 2011, 01:05:11 PM »
goeie môre middag almal
ekke het nou uur lank gesukkel om in te log, die internet is maar stadig hier oppi platteland. ek het my rekenaar ge'restart' en nou eerste hier ingeskakel en toe werk dit. PM, ek weet jou hele stelsel is opgegradeer en die fout lê nie daar nie, maar omdat ek soms met gmail ook sukkel kom ek nou al agter dat my stadige konneksie hier baie blokkasies veroorsaak.

dankie vir jou mooi woorde. ek het darem nie 'n worrie omdat ek hier ingeskakel is, aangesluit het nie, nee, dis die minste van my gedagtes. ek is hier omdat ek hier wil wees.

ek het sommer gepraat van my hengse verskuiwing van werk en woonplek begin van hierdie jaar. dit is so lekker hier en ek werk baie hard en geniet dit. maar tog, die hele verskuiwing, alleenwees ens is nog so nuut en anders dat ek soms sukkel om te weet wat om te dig, gesels en alles daaarmee saam.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #20 on: December 05, 2011, 09:55:30 PM »
Ag matertjie, weet net dat ons jou mis as jy nie hier is nie.  Laat weet maar as die alleenheid jou vang, ons kan altyd 'n plan maak, of jy kan vir ons kom kuier!  Oe hoeee!  Dit klink baie lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #21 on: September 13, 2013, 09:28:36 AM »
As jy heel onder op die program op "Guests" klik dan kan jy sien waar die gaste lees.  Dit is hoe ek toe vanoggend hier uitgekom het, pure nuuskierigheid!  Man, dit is so lekker om 'n kykie in die geskiedenis van ons forum en sy lede te kyk. 
Terwyl ek hier gelees het, het ek terug gedink aan alles wat van ons matertjies deurgemaak het die laaste paar jaar.  Kyk waar staan ons nou.  Sterker en ryker as ooit. 

Nou lyk dit vir my daar is nog 'n paar ouens wat alweer verlang om "hok geslaan" te word.   :icon_biggrin:
Posop vir julle, Stomp lê en wag! 

 :love7:  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #22 on: September 17, 2013, 12:10:30 PM »
Ek nou drie keer probeer om vir jou briefie te stuur. Elke keer is daar 'n spokie in die lug want my kniege en lyne lam maak sonder lieg! PM, die laaste jaar was vir my loutere hel. Ek het op 'n punt gekom waar alles net te veel geraak het nadat my hoop weereens gedemper was toe die medikasie wat my rottegif dosis moes vervang, my erge newe effekte laat beleef het en dit na 'n maand gestop moes word. Ek het letterlik vergeel soos vergange se papier.

Elke keer wat ek die ABC ingespan het, was dit klaagliedere van Meraaija oor skete en kwale wat my kniege knak en my hoed oor my oge laat sak  :icon_bigsmurf: Die hantering van ons gedigkompetisie (na maande)  se 'prys' aan ons wenner het my totaal en al die lus laat verloor om verder myself in ABC vorm uit te druk. Ek is/was moeg gewag op uitslae en reaksie met lam verskonings... soos my eie  :icon_bigsmurf:

Hiermee sluit ek dus myself toe vir eers in die tjoekie. As ek afsluit met liefe jou - bedoel ek dit opreg. Vir altyd enne biekie sal die boeke waarin ek deel kon he, my vreugde wees. Baie van ons grootste woordpret is daarin verewig.

 :love7: :notworthy: :icon_salut:
 

 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #23 on: September 17, 2013, 12:54:26 PM »
Nou maar toe, skuif dan op dat ek hier langs jou kan kom sit, dan kan ons ons harte uitpraat.  Gee vir my daai ou geel hand van jou dat ek dit kan vashou. 
Toe ons by Woes gekuier het, het ons dit dikwels van voor gekry omdat ons "teem".  Daar is met ons die spot gedryf omdat ons kon lief word vir "kubbergedaantes".  Daar is heen en weer die spot gedryf met mense se geloof en toe almal een vir een die "toneel" verlaat het, het ons besluit om ons eie forum te begin.  'n Plek waar ons ons  LIEF  en  LEED  met mekaar kon deel.  Wat het nou verander?
Die laaste bykans twee jaar het ons almal deurgeloop onder een of ander ramp.  Ons het vasgebyt en deurgedruk, opgestaan en voor begin.  Die feit dat daar mense om is wat omgee en moed inpraat het ons staande gehou.  Nie een van ons het gevra dat dit wat met ons gebeur het, moet gebeur nie.  Elkeen van ons het net ons bes probeer om self staande te bly en die maatjies langs ons staande te hou.  Wat is fout daarmee? 
Tussen die lyne deur het ons nog ons sin vir humor behou.  Ons is nog elke dag dankbaar vir die goeie dinge wat ook oor ons pad gekom het.

Ek is jammer dat jy en Gawie ongelukkig is oor die hantering van die wenprys.  Niemand het dit met my bespreek nie en ek weet dat dit vir Terry ook 'n moeilike tyd was.  Dat dit egter 'n muur tussen ons kan bou, sal ek nie aanvaar nie. 

Dit is jou beurt sustertjie.



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #24 on: September 17, 2013, 01:20:47 PM »
Dalk staan ek eendag weer op en het die tjoekie se sleutel gekry wat teruglei na die ABC matertjie. Vir eers geniet ek die poppespel en spook met die reeks wat Meisiekind graag vir kersfees beskikbaar wil he op haar webblad. Geen kwadegevoelens nie. Vir my het dit tyd geraak om vir eers halt te roep. Ons elkeen het ons redes vir optredes. Nie altyd verstaanbaar vir ander nie.  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #25 on: September 17, 2013, 02:20:17 PM »
Jy sal my maar eers kans moet gee om hierdie te verwerk.  Ek het nie nou woorde nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #26 on: September 18, 2013, 06:04:12 AM »
Dis soos om die Magrietjie-bos wat volblom in jou tuin staan, uit te ruk.   :crybaby2:
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #27 on: September 18, 2013, 11:10:40 AM »
Ek moet ook eers hier 'n eiertjie le.
Die forum en sy mense het my nog altyd na aan die hart gele. Ek lief julle almal baie en ek lees gereeld wat hier gese en gedoen worre. Ek het nie altyd die belangstelling in wat gese word nie, het nie altyd lus om deel te neem aan 'n gesprek nie, wil nie noodwendig iets se oor sekere topics nie, ens, ens. Ek voel dis mos nog my volle reg om stil te bly wanneer ek niks te se het nie of wanneer ek niks wil se nie.
En as ek dan vir 'n hele paar dae, weke stil is, dan is ek stil. Ons is nie almal eenders nie en almal van ons klegts nie ewe maklik nie. Dit is vir my heeltemal teen my grein om kunsmatig deel te neem net omdat daar van my verwag word om iets te se.
Ek het die laaste ses maande glad nie lus vir skryf nie. Ek het geen stories wat my aanval nie. Hier word min dinge op die forum gese waaroor ek opgewonde raak en dis ook goed so. julle is mos nie hier om my opgewonde te maak nie maar eerder om julleself te geniet.
Ek kan nie verstaan hoekom ons bekommerd raak as daar stiltes op die forum is nie. Ek verstaan ook nie hoekom ek hierdie skrywe moet skrywe nie want ek verstaan nie hoekom ek moet skuldig voel omdat ek nie gereeld deelneem nie.
Sover dit die prys en die digkompetisie aan betref het ek al my les geleer. Ek neem aan geen kompetisie op die forum of enige ander plek deel nie. Ek het al drie pryse "gewen met sulke kompetisies en nog nie een daarvan ontvang nie. Die ander deel van die probleem is dat daar altyd ongelukkigheid oor "iets" is wanneer daar kompetisies uitgeroep word, maak nie saak hoe goed dit gereel word nie.
Ek sal altyd deel wees van hierdie forum en ek lief julle almal maar lees mhy raak wanneer ek iets skryf en aanvaar dat dit is wat ek wil se. Moenie van my verwag om elke dag/week/maand 'n bydrae te maak nie.
As dit nie aanvaarbaar is nie, is ek bevrees ek is op verkeerde plek.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #28 on: September 18, 2013, 12:01:15 PM »
Ek is jammer dat hierdie onderwerp wat in ligte luim begin is nou 'n hartseer nadraai het.  My idee was nooit om iemand te dwing om deel te neem nie, dit is net dat ek soms na almal verlang en wens hulle wou net 'n bietjie kom saam gesels, dan gooi ek 'n briefie vir almal om te sê:  Hallo, ek is nog hier!

Die forum en sy mense is vir my deel van my bestaan en ek is die laaste paar dae bitter ongelukkig, maar dit daar gelaat.

Elke lid op hierdie forum wat in die verlede 'n prys gewen het het dit gekry, maar ek stem saam met jou Naas.  Ek hou ook nie van kompetisies nie. Elke persoon se werk is vir my besonders en ek sal nooit weer 'n kompetisie op die forum aanbied nie. 

Ek waardeer elke bydrae wat almal hier op die forum doen.  Dankie julle, ek lief julle.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #29 on: September 18, 2013, 03:41:48 PM »
Die pryse wat ek "gewen" het was nie op hierdie forum nie. Hierdie forum ROCK.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #30 on: September 18, 2013, 04:47:48 PM »
Dankie Naas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #31 on: October 19, 2016, 06:33:49 AM »
En soos altyd het ons weer teruggebons. Skryf ons weer wan en dan saam terwyl ons na binne lag en huil. Soms gelyk. Die forum het nog altyd 'n sagte plekkie in my hart. Soos met enige familie is daar soms struweling maar ons kom weer terug en gee mekaar 'n kuberdrukkie  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Almal van julle gaan tjoekie toe.
« Reply #32 on: December 15, 2018, 07:06:56 AM »
Die tyd van die jaar is dit 'n dolle gejaag - ek was op die punt om myself tjoekie toe te jaag maar wyslik daar teen besluit. Ekkan nog inloer vir die volgende paar dae voor die gejaag my inhaal.  Ons gaan 'n vleisie op die kole gooi. So pas reelings bevestig met ons kinders in die States vir Skoondoggie en die kids se beplande kuier in hulle 3 maande somervakansie as ons winterseisoen het. Die opgewondenheid van uitsien na hulle kuiertjie tussen ons en ander oupie en oumie, is die grootste geskenk ooit!