Author Topic: Waar is almal?  (Read 9651 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #15 on: October 18, 2011, 07:05:32 AM »
Ek ontvang gister 'n briefie van 'n persoon wat op "Ek is stomgeslaan" die onderwerp toe Hannes die kolonkanker gehad het en so siek was, afgekom het.  Sy pa is tans in die hospitaal in Parow en is in 'n kritiese toestand nadat sy liggaam septiese skok opgedoen het na die vierde operasie. 
'n Mens voel so magteloos, daar is niks wat jy kan doen of sê wat dit kan beter maak nie.  Ons vertrou maar net dat dit beter sal gaan.

Dit is goeie nuus dat Meisiekind nou aansterk en ek sal haar hier onder my hartjie dra Adéle.  Groot groetjies vir haar.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #16 on: October 18, 2011, 07:08:07 PM »
Hi Adele,  se vir Trappies ons hou haar in ons gedagtes.  Mag sy gou baie beter voel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #17 on: October 19, 2011, 06:57:32 AM »
Oeps, iewers het ek verkeerd verstaan.  Ek reken dit is Adéle se meisiekind wat in die hospitaal was?

Naas het gesê Trappies is 'n paar dae met verlof.  Ek hoop sy kom terug met 'n mooi gediggie vir ons.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is almal?
« Reply #18 on: October 19, 2011, 08:53:56 AM »
 :wave:

Hallo julle, nee ek is nie in die hospitaal nie. Adele gee vir meisiekind 'n drukkie van my asseblief. Hoop sy voel beter. Hoop alles was 'n sukses.

Ek was bietjie weg van rekenaars, jammer. Ek moes laat weet het. Soos gewoonlik het ek nie verder gedink as wat my neus lank is nie, en die is nie baie lank nie... :toothy4:

Ek is weer terug by die werk vandag, so ek loer oral.

Het julle net so baie gemis. Moet sê dis tog lekker om vriende te he wat omgee. LOVE YOU TO!  :love7:

 :angel12:
« Last Edit: October 19, 2011, 09:05:20 AM by PM »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #19 on: October 19, 2011, 07:33:48 PM »
Trappies, ons bid kliphard en ons kniee eelte vir jou beterskap en wraggies.. jy is perdfris.
Adele, dan begin ons nou weer van vooraf vir jou meisiekind.
Jammer dat ek die kat aan die stert gehad het.   

elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar is almal?
« Reply #20 on: October 20, 2011, 03:06:00 AM »
Sluip ek gou ook weer hier in. Sterkte en beterskap aan almal wat nie te wel voel nie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #21 on: October 20, 2011, 08:24:22 AM »
Adéle, ek dink vandag aan jou en jou geliefdes wat 'n begrafnis bywoon.  Hoop regtig die tyd laat dit toe vir 'n koffietjie sodat ek jou 'n stywe drukkie kan gee.
Om te weet is om te verstaan.