Author Topic: Waar is almal?  (Read 9642 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Waar is almal?
« on: October 15, 2011, 03:53:17 PM »
Ek kry 'n kommentaar van PM wat se dat een van my stukke al 27 keer gelees is, maar nog net 2 kommentare is gelos.
En ek wonder waar almal is?
Ons het hierdie wonderlike plek om ons 'werke' vir die wereld te wys en ons gebruik dit nie.
Ek wil graag weet wat jy daarvan dink, het jy dit geniet, is die onderwerp nie gepas nie, is daar 'n beter woord wat inpas, ens as jy dit klaar gelees het.
Gewoonlik spandeer ek 'n paar ure aan gedigte.
Ek vis nie vir kommentaar nie, maar as ek weet dit word gelees, doen ek my beste deur dit te skaaf tot ek voel ek gaan dit nie beter kry nie.
Ek wil baie graag weet wat jy daarvan dink.
PM, wat het van al die skrywers geword? 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #1 on: October 15, 2011, 04:17:50 PM »
Ek weet werklik nie.  Raaitjie het laat weet dat sy twee weke met "kraamverlof" gaan.  Ek hou die ander seker heeldag besig met "wat van dit" of "kies asseblief een" of "stuur vir my nog dit of nog dat". 

Die goeie nuus is dat ek amper deur al die bladsye en skrywers se werk is.  Nou doen ek die inhoudsopgawe en bedankings. 

Terug na die onderwerp.  Ek probeer altyd net my voetspore los om te sê, sien, ek was hier.  Wanneer ek moet kommentaar lewer sit ek met 'n bek vol tanne, maar  sê net "iets", want ek weet almal waardeer dit. 

Dit voel ook vir my of die ander ouens (dit is nou die wat nooit meer hul gesiggies hier wys nie) nie regtig meer belangstel nie.  Hulle teken aan en sien hier gaan nie veel aan nie en loop sonder om iets te sê, of hulle teken net nie meer aan nie.   :crybaby2: 

Ek waardeer elke inskrywing. 
Sodra die boek uit my hande is sal ons die gedigkompetisie afskop.  Ek glo ook Raaitjie werk daaraan en sodra sy terug is sal sy kom gesels.  Dink solank watter reëls julle wil toepas.

 :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is almal?
« Reply #2 on: October 15, 2011, 04:49:16 PM »
Ek trippel ook maar so saggies deur die gange en wonder. gewoonlik is naweke stiller as weeksdae.
Ek lees julle werke maar wil nie uitb onkunde my naam met 'n spykerplank slaan nie. daarom se ek nie veel nie. Ek sukkel egter vergeefs om 'n gedig hier raak te lees vaarvan ek nie hou nie.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #3 on: October 15, 2011, 09:28:54 PM »
Ek lees van my goed wat ek in 2007 geskryf het toe ek begin het...
Soos iemand eendag se toe hy dit sien, klomp tjol wat jy hier geskryf het.
Maar wys jou net, as jy aanhou en aanhou en baie lees, veral digbundels, word die skrywery net beter.
Ons almal werk, het min tyd, maar as dit 'n stokperdjie is kan jy maar bietjie tyd spandeer.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #4 on: October 16, 2011, 07:12:40 AM »
Naas, los maar 'n voetspoortjie, anders is jy net nog een van 31 en ons wil dit nie hê nie.   :nono:

Ons het net gister daaroor gesels dat die tyd so vinnig verby glip.  Ek sien vanoggend eers dat Hannes verlede jaar se kersversiersel wat hy voor die braaivleiskaggel gehang het om nie sy kop daar te stamp nie, afgehaal het.  Hy maak seker gereed vir 'n nuwe een, want dit is alweer amper kersfees.   :icon_biggrin:
Ek hoop volgende jaar sal 'n bietjie rustiger wees, meer tyd vir kuier.

Elle, uit daai tjol word meesterstukke gebore.  "Hersien" dit en kom plaas dit.  Hou net die oorspronklikes.  Ek glo almal van ons kan sien hoe ons werk verbeter het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is almal?
« Reply #5 on: October 16, 2011, 09:00:53 PM »
ek het heel naweek in 'n wildskamp gebly
daar is gemsbokke, bintebokke, swart willebeeste en takbokke.

fotos volg later

het heerlik gekuier saam met die wat saam daar was.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Waar is almal?
« Reply #6 on: October 16, 2011, 09:12:57 PM »
Ekke is hier, maar ook nie.  Ek het 'n paar keer komtaartjies probeer los, maar dan draai en draai en draai die wieletjie en vertel my die server het time out.  Of ek teken in en die wieletjie draai en draai en draai soos my koppie ook draai.

Ons Gr. 1 juffrou het vir die 3e keer moes hoor dat die kanker hervat het.  Sy is in Bloemfontein in die hospitaal en dit gaan nie goed nie.  So ek het nou Gr. 1 en 2 en 3 in my klas.  Julle wil nie weet hoe draai  my koppie in die middae nie.  Ek sit soos zombie op my bed met rekenaar op my skoot.  Nou die dag sit ek so oop oge en slaap, toe lui die telefoon langs my, maar ek foeter amper bo van my hogere katel af soos ek skrik.  Nee, dis nie snaaks nie, dis dêm sêd. 


Hoop julle klomp het 'n pragtige week.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #7 on: October 16, 2011, 10:37:00 PM »
Is seker nie snaaks nie Gawie, maar ek kon nie help om te lag nie, jy beskryf dit so goed. 

Hoop jou week is vol sonskyn laggies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #8 on: October 17, 2011, 06:30:46 AM »
Morning morning...
Lox, as jy bokfoto's plaas, is jy tops.
Gawie, dis sad dat die juffrou weer so siek is. Sterkte vir haar... sterkte vir jou. Kyk ook na jouself anders gaan jy sit en slaap daar voor in die klas.
Ons is geneig om onsself af te skeep omdat ons so 'n groot verantwoordelikheids sin het.
Pop hier doen dieselfde. Ons moet leer om balans te hou.
Wonderlike week vir julle en bly veilig.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is almal?
« Reply #9 on: October 17, 2011, 06:38:51 AM »
Gawie, sterkte met daai spulletjie. Gelukkig is hulle lief vir juffrou.
Ek is bly te sien jul ander het 'n heerlike naweek beleef.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar is almal?
« Reply #10 on: October 17, 2011, 07:08:18 AM »
goeie more almal,
ekke is ook soms hier, ek sal probeer om elke keer 'n spoortjie te los, [skuus, liewe vriende] soms loer ek soggens net 'n minuut of twee voor ek kantoor toe stap. maar soms kan ek nie ingelog kry nie, al wys my naam onderaan. dan moet ek restart en weer probeer. teen daardie tyd moet ek al weg wees al bly ek net 1.3 km vd kantoor af.

PM, dis seker maar omdat ek oppi platteland is laat ek sukkel om op te 'start', maar as die tyd daar is, kry ek dit reg.
mooi dag vir julle almal, geniet elke minuut wat so vol genade vir ons gelei word.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #11 on: October 17, 2011, 07:44:38 AM »
Ek is bekommerd oor Trappies.  Sy antwoord nie haar fountjie of my briefies nie.
 Naas, weet jy wat gaan aan?  :dontknow:

Hoop ook julle het 'n pragtige week wat voorlê.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar is almal?
« Reply #12 on: October 17, 2011, 10:01:47 AM »
 :hello:

Sterkte Gawie en vir die juffrou ook. Ek weet Chamomile is veronderstel om met kanker te help- miskien kan sy dit ook probeer?

Hallo almal. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #13 on: October 17, 2011, 07:16:26 PM »
Ek dink enigiets wat die immuunstelsel opbou, sal goed wees, maar dit moet seker maar eers met die onkoloog of Dr bespreek word.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar is almal?
« Reply #14 on: October 17, 2011, 09:12:34 PM »
Trappies????

Meisiekind was ook paar dae inni hospitaal, scan, talle toetse, bloeddruk wat val en val oor medisyne, fisio, nog afgeboek, ens ens maar nou kan dit net beter gaan vorentoe, sy stuur groete aan almal.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #15 on: October 18, 2011, 07:05:32 AM »
Ek ontvang gister 'n briefie van 'n persoon wat op "Ek is stomgeslaan" die onderwerp toe Hannes die kolonkanker gehad het en so siek was, afgekom het.  Sy pa is tans in die hospitaal in Parow en is in 'n kritiese toestand nadat sy liggaam septiese skok opgedoen het na die vierde operasie. 
'n Mens voel so magteloos, daar is niks wat jy kan doen of sê wat dit kan beter maak nie.  Ons vertrou maar net dat dit beter sal gaan.

Dit is goeie nuus dat Meisiekind nou aansterk en ek sal haar hier onder my hartjie dra Adéle.  Groot groetjies vir haar.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #16 on: October 18, 2011, 07:08:07 PM »
Hi Adele,  se vir Trappies ons hou haar in ons gedagtes.  Mag sy gou baie beter voel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #17 on: October 19, 2011, 06:57:32 AM »
Oeps, iewers het ek verkeerd verstaan.  Ek reken dit is Adéle se meisiekind wat in die hospitaal was?

Naas het gesê Trappies is 'n paar dae met verlof.  Ek hoop sy kom terug met 'n mooi gediggie vir ons.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is almal?
« Reply #18 on: October 19, 2011, 08:53:56 AM »
 :wave:

Hallo julle, nee ek is nie in die hospitaal nie. Adele gee vir meisiekind 'n drukkie van my asseblief. Hoop sy voel beter. Hoop alles was 'n sukses.

Ek was bietjie weg van rekenaars, jammer. Ek moes laat weet het. Soos gewoonlik het ek nie verder gedink as wat my neus lank is nie, en die is nie baie lank nie... :toothy4:

Ek is weer terug by die werk vandag, so ek loer oral.

Het julle net so baie gemis. Moet sê dis tog lekker om vriende te he wat omgee. LOVE YOU TO!  :love7:

 :angel12:
« Last Edit: October 19, 2011, 09:05:20 AM by PM »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #19 on: October 19, 2011, 07:33:48 PM »
Trappies, ons bid kliphard en ons kniee eelte vir jou beterskap en wraggies.. jy is perdfris.
Adele, dan begin ons nou weer van vooraf vir jou meisiekind.
Jammer dat ek die kat aan die stert gehad het.   

elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar is almal?
« Reply #20 on: October 20, 2011, 03:06:00 AM »
Sluip ek gou ook weer hier in. Sterkte en beterskap aan almal wat nie te wel voel nie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is almal?
« Reply #21 on: October 20, 2011, 08:24:22 AM »
Adéle, ek dink vandag aan jou en jou geliefdes wat 'n begrafnis bywoon.  Hoop regtig die tyd laat dit toe vir 'n koffietjie sodat ek jou 'n stywe drukkie kan gee.
Om te weet is om te verstaan.