Voorstelle en klagtes > Die Hoof se kantoor

Die hoof het die hoof in sy kantoor ingeroep

(1/4) > >>

PM:
Nou staan ek hier aan die verkeerde kant van die lesenaar en raps myself oor die vingers, omdat ek so skaars is.
Skuus ouens, ek voel soos die forum se stiefma.  Sodra die boek reg is en die gaste weg is sal dit weer beter gaan.
Baie dankie aan almal wat so geduldig antwoord, kies en weer aanstuur.  Ek waardeer julle geduld en samewerking geweldig baie. 
'n Belofte:  die volgende boek sal baie meer ge-orden verloop.  Ek werk baie hard om alles gereed te kry. 

 :love7:

 :bootyshake:

Angelica:
Jy hoef nie verskoning te maak vir harde werk en gaste nie. En ons weet mos dat jy ons nie VERWERP deur nie 60mins in elke uur teenwoordig te wees nie.
Relax girl. Ons is mooi groot en verstaan. Jou gaste is ook nie die buurmense wat kom koffie drink nie, dis mos darem 'n vrou van oor die waters.
Ons is nog net so versot op jou.
En ons wil ook nou nie he jy moet hier rondhang as daar 'n boek is wat moet klaar voor krismis nie.
Take some time off en bederf jou mense met jou volle aandag.
We will survive.
Till next time... :wave:

adele:
ekke staan hier reg langes jou met    :coffee2:  , Elle, dankie dat jy ons gevoel so mooi opsom en oordra na onse kaptein.   :hello: 

 :grommit:

PM:
Baie dankie my matertjies.  Ek is so dankbaar dat julle die forum aan die gang hou en verstaan.  Dankie ook vir julle geduld met my. 

Ek giggel nou te lekker Elle, as ons ongeduldig raak dan vra ons  altyd:  "Sal dit darem voor Christmas klaar wees?"

Het Raaitjie nie gesĂȘ sy gaan net vir twee weke weg nie?  Dit is al drie maande!   :icon_biggrin:

Angelica:
Giggles... oh my word.  Dit is omdat jy so besig is dat twee weke voel soos drie maande.
Daai baba sny al amper tande.
Hoop alles het goed gegaan. 
Ek dink Oums en Oups kannie wegkom van daai kabouter nie.
Sy sal spoedig weer haar verskyning maak.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version