Author Topic: die meisie kan parlement toe  (Read 2940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
die meisie kan parlement toe
« on: October 11, 2011, 11:36:16 AM »
Hierdie girl moet parlement toe!

In een van Chris Chameleon se vertolkings van ‘n Ingrid Jonker gedig  moes hy alles ageruit  doen, die woorde moes hy agteruit leer en sing sodat die video so geskiet kan word waar hy onder die water in die see uitkom en droog op die strand uitloop.   Dowwe Dolla beweer dis wat Ard probeer doen het met die rampspoedige sing van ons Volkslied op die sport glansgeleentheid van die jaar.   Dit bring my by my punt vandag.

Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde Desmond Tutu sê,  wat voorstel dat ons blankes (wittes) welvaartsbelasting moet betaal,   en ook wil ek vir jeug leier Julius Malema sê, wat beweer dat daar ‘n blanke (wit) besigheidsmonopolie in onse land is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor en onderstebo het, want:

Ons GEE, ons sorg,  ons voorsien, ons deel uit, ons kook sop, ons bak brood, ons maak ons klerekaste leeg, ons “tip” vir die stoot van ‘n trollie by die winkel met twee items in, ons tip vir ons kar se oppas, ons tip vir ons kar se was. Ons betaal vir uitgebreide familielede se begrafnisse tot in die derde geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons huishoudsters leer, ons brei truie, musse, handskoene, ons koop komberse, ons gee klasse in papiere optel, kook, brei, hekel, kleremaak, spit, boer, plant,  koeie melk. Ons GEE.

Ons koop oorpakke, koop verjaarsdag koeke, koop pille, betaal die taxi, gee ons kosbare padkos langs die pad weg, en sweeties deur kar en treinvensters. Ons GEE.   Ons skep werk, ons kry jammer, ons bid, ons tel babas in asblikke op en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies in kleuterskole in plakkerskampe, ons laat opereer, ons gee ons harte, lewers, niere, longe, poepol en tonge.  ONS GEE. 

Ons is nie rassisties nie, ons is nie wraakgierig nie, ons bly steeds hier in ons land, ons maak skoon , ry aan, laai af, tel op. Ons troos, verduidelik, ons bly kalm, staan in lang rye en glimlag, en laat die een met die krukke eerste gaan. Ons GEE… Het ek al gesê ons GEE.       So, ek dink,  iewers tussen êrens en nêrens het julle die kat aan die stert beet, en het julle alles agterstevoor en onderstebo.

ENIELEDAM NAMUH    (Agterstevoor vir Madeleine Human)
BLOEMFONTEIN       
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die meisie kan parlement toe
« Reply #1 on: October 12, 2011, 06:40:45 AM »
Born free, taxed to death.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: die meisie kan parlement toe
« Reply #2 on: October 20, 2011, 03:14:17 AM »
Wragtag wyse waar woorde!!