Author Topic: Splinters Tyd  (Read 4925 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Splinters Tyd
« on: October 08, 2011, 06:35:01 PM »
Splinters Tyd

vroegoggend het die son my agter jou rug kom kry
knus
vel teen vel
die duiwe in die wildevy
het skemer nog al ons song gesing
asof hulle weet, tyd saam is min
jy was moeg na die lang rit
en min slaap
jou bene het bly ruk-ruk
nogtans het jy liggies gesnork
ek het soentjies op jou rug geplant  
en gewonder of jy daarvan weet...
oor eiers en koffie het ek gewonder
wat sal van my hart word
as die hek oor die pad na die suide
skielik sluit
later het ek weereens saggies gekreun
onder jou gewig
en jou liefde het jy in my beker geskink
tot oorloop

later by die hek, toe jy moes gaan
het ek my vingers toegevou
oor die warm son
en jou asem
in die palm van my hand





« Last Edit: April 09, 2012, 05:45:15 PM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #1 on: October 09, 2011, 07:54:04 AM »
Hoendervleis mooi EllĂ©!  Keurig geskryf!  Ek wag vir nog, dit is werklik mooi.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #2 on: October 09, 2011, 06:08:24 PM »
Dankie, PM.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #3 on: April 09, 2012, 04:01:17 PM »
Oeps, amper gee ek jou mooi gedig vir AdelĂ©!  Gelukkig het sy my gou laat weet dat dit nie hare is nie. 
Weereens, 'n prag gedig vriendin.  Reg vir boek 2!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Splinters Tyd
« Reply #4 on: April 09, 2012, 04:27:56 PM »
het ek my vingers toegevou
oor die warm son

treffend!

jou gedigte het 'n manier om mens in te sluk en daar te wil hou - pragtig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #5 on: April 09, 2012, 05:44:46 PM »
Weereens dankie dat julle hierdie gedig, of dan, hierdie splintertjie tyd, gaan uitkrap het.
Dit le my ook na aan die hart.
Ek sal dit beslis gebruik, PM, wil net weer daaraan skaaf (miskien).
Dankie Willa, ook vir jou.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #6 on: April 10, 2012, 02:20:55 AM »
en jou asem
in die palm van my hand     :icon_salut:

Ek het al gewonder of daar 'n regte tyd is om goed te plaas.  Soms plaas 'n ou iets en dit gaan ongesiens verby.  Soms lyk dit net so, want ek sien hierdie is al 128 keer gelees!

Dink jy nie dit sal makliker lees as jy "het, skemer nogal," so te skryf nie?
Dalk net "nogal" een woord te maak.
« Last Edit: April 10, 2012, 02:26:53 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Splinters Tyd
« Reply #7 on: April 10, 2012, 05:30:57 AM »
Oeeeee dit is DIE mooiste voorbeeld vir 'n kaalvoetgedig hierdie!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #8 on: April 10, 2012, 06:11:38 AM »
Kaalvoet gedig?  Nou toe nou, kyk waar bevind ek my!!!
Dankie Meraai.
Meraai, help gou hier, asb.

PM, ek dink ek moet die sinnetjie (?) verander ?
Die klem moet op die 'al' val - al ons songs - almal ons songs.
Dit is hierdie goedjies wat ek oorgekyk het.  Dit moet verander voor dit Boek2 toe gaan.
Ek sal daarna kyk.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #9 on: April 10, 2012, 07:46:35 AM »
Dan moet dit net "songs" wees?
As jy klaar geskaaf en geskuur het sal ons weer kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Splinters Tyd
« Reply #10 on: April 10, 2012, 11:05:17 AM »
Plaas dit met die klem op die 'al' ons songs soos jy voel - ek verstaan wat jy wil skryf en dit sal werk dink ek Angelica. Hulle het dus al julle geliefde liedjies gespeel  :notworthy:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Splinters Tyd
« Reply #11 on: April 11, 2012, 08:20:22 AM »
Werklik besonders geskryf.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #12 on: April 12, 2012, 07:17:18 PM »
Dankie julle, vir lees, kommentaar, hulp.

elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Splinters Tyd
« Reply #13 on: December 01, 2015, 07:09:39 AM »
Dankie dierbare gas - ek het weer kom verslind met die oge. Elke woord van kies tot kies gerol  :love7: :notworthy:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Splinters Tyd
« Reply #14 on: December 01, 2015, 10:16:23 AM »
Sjoe, dit is 'n mooi gedig laat 'n mens koue rillings kry tot in jou kleintoontjie van pure plesier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Splinters Tyd
« Reply #15 on: December 08, 2015, 04:48:30 PM »
Dis altyd lekker om weer te lees.  Elke keer skep 'n mens 'n ander emmertjie vol. 
Om te weet is om te verstaan.