Author Topic: Eensaam  (Read 4392 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Eensaam
« on: October 05, 2011, 05:36:49 AM »
Eensaam aande…
Alleenwees oggende…
Toebroodjie verlange…
Verlange…
Verlange…

Drome…
Drome…
Altyd net drome…
Drome word vriende...
Vriende wat alleenwees broodjie botter…

Dae...
Weke…
Maande…
Jare…
Eensaam toebroodjie dieet
vermaer alleenwees
in annoreksia geraamte.

Verlange…
Verlange…
Eensaam aande…
Alleenwees oggende…
Toebroodjie verlange
met drome gebotter.
©



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Eensaam
« Reply #1 on: October 05, 2011, 07:04:41 AM »
Naas ek is seker hierdie skepping sal die pragtigste lied maak. Die woorde lees soos meesleurende lirieke en my hande soek-soek na hartseer akkoorde  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #2 on: October 05, 2011, 07:49:19 AM »
Ek snik kliphard, sies man Naas.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Eensaam
« Reply #3 on: October 05, 2011, 10:29:47 AM »
Eensaam is baie keer my goeie ou vriend wat ek nooit sou wou verruil nie.

Dis baie goed geskryf, dit gee 'n ander uitkyk op eensaam. Dit kan baie eensaam wees.
Ek hou van hoe jy dit met 'n broodjie vergelyk, een met net botter op.

Soos ek sê, soms is eensaam 'n goeie ding, maar te veel van 'n goeie ding is nooit goed nie.

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Eensaam
« Reply #4 on: October 06, 2011, 06:59:48 PM »
uit my argiewe opgediep, toe was ek saam met eensaam saans alleen [al was daar mense om my], nou is ek saans meestal alleen, maar eensaam, nee sowaar, ek het liefde, natuur, woorde, en vrede en vreugde om my.

My eensaam-vriend

Jy gee my ruimte
en rustige ure
om my eie ek te deursoek.

Elke uur in jou presens
is 'n belewenis,
'n ontdekkingsreis.

Saam met jou
toer ek deur die dooiesee
grotte van my hart.

Tussen die perkamentrolle
kruip flenters seer weg,
kurkdroog verbrokkel.

Met jou aan my sy
grawe ek deur alles
en ontleed die spykerskrif.

Ek verdeel die stukke
wat gebruik kan word
onder die snitte van my emosies.

Die genadelose krummels
wat my wese gebreek het,
vryf ek tot poeier in die wind.

Dankie, my eensaam-vriend,
jy wat jouself Stilte noem.
In jou vind ek vrede.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #5 on: October 07, 2011, 08:15:59 AM »
Dit is regtig pragtig.  'n Mens kyk sommer met vriendelike oë na Eensaam, uit jou en Trappies se penoë gesien, maar o weë, wanneer jy na 'n geliefde se teenwoordigheid smag, is Eensaam nie so vriendelik nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Eensaam
« Reply #6 on: October 07, 2011, 09:59:38 AM »
Eensaam en alleen wees.
Vir my is daar 'n verskil. Soms is ek eensaam tussen mense en klein dosisse daarvan is ook lekker. Eensaam op 'n eiland het ek nog nie beleef nie. Eensaam in vervulling van jou menswees... Nou ja... Sug!!
Alleen wees. Sommer net niemand naby nie sodat jy ongehinderd kan skilder, vir die see staar, sommer net wees... Te veel daarvan kan eilandeensaam word.  Ek het so nu en dan 'n behoefte aan alleenwees maar wie se lewe is perfek.
Daar is elke dag heeldag mense rondom my maar snags vreet jare se eensaamheid my op.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #7 on: October 07, 2011, 10:41:17 PM »
Eensaam... dit vreet van binne af op. Tap jou bloed tot jy droog bly le.
Verlange na stilte, verlange na iemand tot jy nie weet wat jy regtig wil he..
Die ergste nog is om eensaam te wees binne 'n verhouding, as jy weet jy nie daar behoort.
Afsondering - eilandbestaan - lyk al hoe meer rooskleuriger.
Waarom verkies ons soms om alleen te wees? Is dit omdat ons seerkry wil vermy? Skep ons nie maar dan nog meer seer deur onsself af te sonder van aktiwiteit, interaksie, liefde?
Is ons uitgesonder om alleen/eensaam te wees van geboorte af?
Het ons kinderjare/opvoeding deel daaraan?
Vind ons behae in die een emosie van seer omdat die emosies van liefde ons ontwyk?
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Eensaam
« Reply #8 on: October 08, 2011, 04:08:36 AM »
Dis maar die kreatiewe ek wat soms smag na alleen wees om te skep sonder verdeelde aandag. Ook 'n proses om batterye te laai. Mens besef nie altyd hoeveel ander uit jou tap nie, veral nie as jy heeldag met mense werk nie.
Jou ander vrae is onbeantwoord. Elkeen moet hulle maar in sy eie omstandighede verwerk en vir homself antwoorde soek. As jy na sielkundiges gaan kry jy teoretiese antwoorde wat afgelei word van veralgemening en gevolgtrekkings. Nooit 100% op jou van toepassing nie.
Al wat ek weet is dat eensaamheid 'n kanker van die siel kan raak wat pynlik vreet.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #9 on: October 09, 2011, 08:49:07 AM »
Jy kan alleen wees tussen mense, dit is wanneer jy die mure van Jerigo om jou bou.
Eensaam, is net jy met jouself alleen wanneer jy smag na aanraking. 

Eensaam binne 'n verhouding?  Dit, my liewe vriendin, dink ek is die ergste vorm van eensaamheid.

Op jou vraag of "ons" uitgesonder is om alleen/eensaam te wees van geboorte af?  Praat jy van "destiny"?  Net sekere persone wat "uitgesonder" is, of oor die algemeen?

Ek glo nie iemand wat eensaamheid ken sal behae vind in daardie emosie nie.  Soos Naas sê: Al wat ek weet is dat eensaamheid 'n kanker van die siel kan raak wat pynlik vreet.

My vraag is altyd:  Hoekom laat ons dit toe?  Is dit "destiny"?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Eensaam
« Reply #10 on: October 09, 2011, 10:24:14 AM »
Die pad tot hier het ek self geteer. Dit is ook die hoofpad na my eindbestemming (destiny). Ons skryf self ons lewensboek met bewustelike besluitneming en bepaal dus self ons eindbestemming.

Hoekom laat ons dit toe? Dit is een enorme goeie vraag.
Ons is nie almal eenders nie en menswees en drange verskil. Dit veroorsaak dat die een wat gee en toegee hom/haar-self uit liefde en respek in 'n donker hoek van eensaam wees terugtrek ten einde ander se gevoelens en menswees te respekteer. Soms ook om konflik te vermy. Daar is egter weereens nie rigtinggewende antwoorde nie. Omdat die kwessie so wyd is soos omstandighede kan antwoorde net veralgemeen word en is dit selde 100% van toepassing.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #11 on: October 09, 2011, 06:21:16 PM »
Wanneer ek praat van 'ons' bedoel ek almal wat eensaam is.
Nee, as jy nie die emosie al deurgemaak het nie, kan jy nie veroordeel nie.
As jy nie geneig daartoe is om eensaam te voel en tot diep in 'n depressie te gaan nie, sal jy nooit verstaan nie.
Dit is diep liggend, daar waar niemand kan sien nie, net jy kan voel en weet.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #12 on: October 10, 2011, 10:01:10 PM »
Naas, ek weet dit is nie eintlik die regte tyd om te antwoord nie want ek is al vol rooiwyn. (Ja skuus, ek moet eerlik wees met jou.)  Ek hoor wat jy sê en ja, ek het simpatie met jou, maar nee, ek kan my nie daarmee vereenselwig nie. 
Wat is fout met ons dat ons altyd, en ja ek beloel -altyd- na ander se behoeftes omsien en nooit, maar nooit, na ons eie behoeftes omsien nie? Wat maak die ander party so spesiaal dat hulle behoeftes voor ons behoefes gestel moet word?  Hoekom is ek altyd die "mindere".  Sê wie?
Wie het vir jou gesê dat jy  jou eie pad geteer het?  Is jy, of ek, of die volgende ou, nie maar net nog 'n slagoffer van sy omstandighede nie? Nee, ek glo nie, ons sit maar net terug en laat wat moet gebeur gebeur, en ons doen niks daaraan om dit te verander nie.  Ons aanvaar dit as "destiniy" en ja, so sal dit wees, want ons laat dit toe.
Ek weet nie my liewe vriend, ek weet nie. Ek wonder maar net.

Angelica, wees verseker dat ek weet presies waarvan jy praat.  Eensaamheid is nie vir "sissies" nie. 

« Last Edit: October 10, 2011, 10:03:10 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Eensaam
« Reply #13 on: October 11, 2011, 01:23:55 AM »
Ek hoor jou hard en duidelik bo die rooiwyn uit PM'tjie.
Ek is mal daaroor om skaapkop te eet. As ek egter iemand anders dwing om dit saam met my te eet, wat niks daarvan hou nie, en hy raak naar daarvan, smaak my skaapkop ook nie meer lekker nie. Dan eet ek liewer nie weer saam met hom skaapkop nie.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eensaam
« Reply #14 on: October 11, 2011, 05:34:57 AM »
Jy is reg Naas.  Dit is nie maklik nie en as ek so gerooiwyn raak wil ek so graag dinge verander, makliker maak, maar as die son opkom dan besef ek, my hande is afgekap. 
Om te weet is om te verstaan.