Author Topic: Tog snaaks tog...  (Read 4962 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Tog snaaks tog...
« on: October 04, 2011, 06:29:13 PM »
Snaaks tog hoe mense uit jou hand kan eet en dan omdraai om jou in die rug te steek.  
Moet net ooit nie dink nie, fonteintjie, uit jou, sal ek nooit weer drink nie.
Kom, vandag gaan ons bespiegel, oor 'n hond wat altyd terugkeer na sy braaksel.  
Gaan dit oor die baadjie of die jas, of is dit maar net omdat die hond weer honger was?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #1 on: October 05, 2011, 10:43:55 AM »
Lees ek nou hier en soveel emosies hol op eenslag met my weg... :dontknow:

Hoekom honde terug gaan na hul braaksel weet ek, en dit maak heel sin as mense honde was, maar ons is nie.

Hoekom mense op jou spoeg as jy net goed was, staan my teen. Ek verstaan dit ook nie. Kan dit dalk wees dat ons die tekens verkeerd gelees het? Dalk was hulle van die begin af teen ons? Ek weet nie, ek het ook teen die tyd besluit ek wil nie regtig weet wat in daai tipe se kop aangaan nie. Daar is 'n baie goeie voorbeeld wat iemand my eenkeer gegee het. As ek 'n mooi spier wit rok het. Gaan ek deur die modder loop en dink dit gaan nog wit wees aan die ander kant? Al is dit net 'n kleine spatseltjie is my rok nie meer spier wit nie. Selfde met die semels..

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #2 on: October 06, 2011, 08:35:27 AM »
 :hello:

Dit maak altyd baie seer wanneer dit gebeur. Dan begin 'n mens maar net weer van voor af en vertrou weer en kry maar weer seer. Tog sal ek eerder vertrou en dalk seerkry as om ander met wantroue te benader. 'n Mens het slegs "beheer" oor jou eie keuses en optredes. :-)

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #3 on: October 06, 2011, 10:39:41 AM »
Wanneer mens jou blootstel aan ander mense, is die kans om teleurgestel te word altyd daar.  Ek leer ook nooit en dit is hoekom ek my onttrek van mense, maar dis verkeerd.  Sou ek 'n rand hê vir elke keer dat mense my teleurgestel het, kon ek vandag lag lag my skuld betaal en nog geld oorhê vir 'n lekker vet tjoklit.  Die hele lewe, lyk dit vir my, bestaan uit kanse vat, vertrou en seerkry of vertrou en behou.  Elke keuse wat jy maak het gevolge, goed of sleg.  Dis wat jy met die uiteinde daarvan doen, wat die verskil maak. 

Ek en Raaitjie is besig met 'n projek oor die vriende in my lewe.  Net vanoggend sê ek vir haar ek wik en weeg nog of ek 'n sekere persoon se foto daarby wil sit, want ek het 'n onaangename ervaring gehad.  Toe besluit ons, ja, ons doen, want sonder die sleg is daar niks wat die goed balanseer nie en dan is die prentjie nie getrou nie.  Goed en sleg is albei deel van wie ons is en ons kan nie halwe mens wys nie.

Nou het ek alweer te veel gepraat vir vandag.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #4 on: October 15, 2011, 03:42:47 PM »
Stem met Gawelina.  Ons sal maar altyd by sommige mense in die dog box wees.  Maar die liefde en aanvaarding van jou familie, maak op daarvoor.  Ek ignoreer sulke mense in die toekoms deur te maak of hulle nie bestaan nie.  Tog kan dit baie seermaak as dit 'n persoon na aan jou is. 
Ek het in die verlede altyd vergewe, nog kanse gegee, weer vergewe en onder dit mat ingevee tot die mat niks meer wou wegsteek nie.
Met helse pogings van baie liefde en bederf gedink ek kan dalk die situasie red.  Tevergeefs.  Dit het my geleer dat almal nie dieselfde is nie. Dat almal nie dieselfde waarde heg aan wat ek as hoog ag nie.
Dit neem lank om teleurstellings te verwerk en dan aan te beweeg.\
Ek kies die goue middemeg.  Vriendelik sonder om te naby te wees.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #5 on: October 15, 2011, 04:35:34 PM »
Ag tog!  Dit alles is tog so onnodig!  Kan mense maar nie net openlik en eerlik wees nie.  Ons het 'n kennis wat graag kuier, maar as sy ry, al jou lekker kos opge-eet en lekker gedrink, dan wonder jy al klaar wat gaan sy by wie skinder van jou. 

Nee wat, as ek nie van jou hou nie sal jy dit gou weet en as jy iets gesê het wat my seergemaak het sal ek vir jou die geleentheid gee om jou saak te stel.  Mense bly sommer net stil en beskinner jou agteraf.  In die eerste plek steur ek my nie aan hulle nie, want enige mens met 'n gesonde verstand sal weet dat hy/sy volgende op die skinnerlys is.
Tweedens het ek nie lus of tyd vir kinderpoefies nie.  Die lewe is te kort. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #6 on: October 15, 2011, 04:52:07 PM »
Ek stem saam PM. Wat mense agter my praat praat hulle teen my gatkant vas en ek het nie ore daar nie.








 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #7 on: October 16, 2011, 07:20:33 AM »
Gelukkig is hulle uitsonderings.  My maatjies is oulike mense en ek lief julle stinkkend.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #8 on: October 20, 2011, 03:12:22 AM »
Geseende mense is ons wat hier omring word deur vrinne wat mekaar tussen lyne verstaan en respekteer  :love7:
Gawie hoop die 'projek' gaan jou vreugde verskaf matertjie  :love7:

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #9 on: October 24, 2011, 07:34:31 PM »
Ai julle is almal altyd so vol liefde, dit is altyd lekker om dit raak te sien
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #10 on: October 25, 2011, 04:54:24 AM »
Ja Chichi, dan is dit tog snaaks tog dat daar mense is wat net altyd wil misbruik maak daarvan.  'n Goeie vriend is goud werd.  'n Mens moet die lewe gebalanseerd hou, ontvang, dit is reg so, maar gee ook wanneer jy kan en dit hoef nie altyd geld of goed te wees nie.  Die mens wat van homself kan gee, gee 'n kosbare geskenk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Tog snaaks tog...
« Reply #11 on: October 25, 2011, 03:18:55 PM »
mmm dit is waar jong... die beste geskenke is altyd om liefde te gee, hoe meer jy gee hoe meer sal jy ontvang...  :love7: :love7: :love7:
*The one and only AWESOME-EST