Author Topic: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)  (Read 16081 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« on: October 04, 2011, 02:43:55 AM »
Gratis beskikbaar op die internet is hierdie program 'n fotograaf se beste vriend - naas sy sak met lense  :icon_biggrin: Dit is 'n maklike program met kort videotjies beskikbaar om presies te wys hoe die funksies werk. As jy soos ek stadig leer, kan jy oor en oor kyk  :icon_bigsmurf:

Lox het hierdie program werklik binne 'n ommesientjie bemeester!  :notworthy: :icon_salut: en glo hy gaan vir ons kom beduie watter funksies hy gebruik en geniet het!

Ek wil graag wys hoe jy 'n vriendskapskat-potloodskets op papier kan bewaar deur van die eenvoudigste funksies op die program in te span. *Gawie ek het nog noooooit so groot geskenk gekry nie. Jy is 'n STER!!!! Wil graag jou skets van 007 gebruik om die program se raam funksie uiteen te sit hoor!



Toe het ek die program ingespan en die foto gaan haal deur op Editor te kliek op die balkie vol inligting heelbo. Aan die linkerkant sal die legger waar jy die fotos gestoor het oopspring. Deur op die foto waaraan jy wil werk te kliek, sal dit op die skerm verskyn. Onderaan die foto is al die funksies.

As jy op Home kliek sal daar onderaan 'n hele paar funksies verskyn. Ek het met die cropfunksie die foto se rowwe buitelyne afgesny.
Toe het ek op die Photo + Frame gekliek.  Die piepkleine pyltjie regs gee jou toegang tot 'n magdom keuse van verskeie rame ens. Speel gerus met alles wat jy sien .... daar is undo funksie links  :icon_biggrin: Ek het Note 1 gekies.

As jy skrif by wil voeg op jou foto druk jy die onderwerp langs Home - Object Daar is nou weer 'n magdom funksies beskikbaar. Toets almal en loer wat gebeur. As jy op die T druk sal daar 'n op jou foto 'n raampie verskyn. Aan die linkerkant van die skerm is daar nou 'n witspasie waarin jy kan tik. Dit wat jy tik verskyn in die raampie op die foto. Dan druk jy OK ....en nou kan jy rek en strek, skuif en draai soos jy wil. Onthou as jy droogmaak is die undo/cancel funksie regs langs jou  :icon_biggrin:

En nou lyk 007 so:


Deur 'n ander raam te kies en die sepia funksie in te span, vertoon Gawie se strepiesskepping nou so:
« Last Edit: October 04, 2011, 03:16:54 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #1 on: October 04, 2011, 02:44:42 AM »
Ek het die fotos kleiner gemaak maar 2 vertoon nog steeds groot. Het al kom afhaal en nog kleiner gaan maak en weer kom vasplak. Pure verniet! Hoop dit word kleiner na 'n rukkie (het al voorheen gebeur)  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: October 04, 2011, 03:17:56 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #2 on: October 04, 2011, 03:31:34 AM »
Baie dankie Raaitjie, dit klink heel interessant.  Hierdie programme maak 'n hele wêreld van tegnologie oop. 
Sodra ek 'n kansie kry, sal ek ook my Juffrou-Gawie-weergawe bring, sy is 'n sterretjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #3 on: October 04, 2011, 04:16:52 AM »
Absoluut mater! My plekkie gaboek hoor! Gawie het my gavriet met haar potlood 'n nuwe gedaante gegee. Vir jare kruip ek agter die kamera weg ... en toe toor Gawie die 'skewe gevrietjie' so dat ek hier sommer oop en bloot drie keer kon kom smaail. Reguit soos besemstokkie wat dwars leg hiehiehie. Gawes jy is sterretjie aan onse kuberhemel  :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: October 04, 2011, 06:47:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #4 on: October 04, 2011, 08:02:41 AM »
Is oorlat ek sulke sterretjie vriende het. Ek lief almal so baie. Ek sal 'n hele muur kon uitplak as ek almal kon teken. dink net hoe besig sal daai vertrek lyk en as die spul gelyk begin gesels, hoe 'n koor dit sal vorm.  Hie hie hie Raaitjie ons twee se kuier vanoggend het my aangetas.  Ek dink ek moet ook die program probeer.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #5 on: October 04, 2011, 11:20:52 PM »
Wonderlike program mater. Jy sal GANIET!!  :toothy4: Ek het vir myself die laaste foto in die raam met hierdie woorde bewaar:

Ek hang geraam - teen 'n muur 
dis nie van steen gebou nie,
net kuierlyne - opmekaar gestapel
en geheg met vriendskapsement.

 :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: October 05, 2011, 12:15:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #6 on: October 05, 2011, 06:20:32 AM »
Heel eerste, alle fotos waaraan ek werk maak ek eers 'n rugsteun kopie. ( is dit wat backup is in ons taal?)

waneer jy 'n foto oopmaak met die program is daar net onder die foto links: home, opject, crop, tools.

ek het nog net home en crop gebruik.

net bo daai 4 woorde is sulke pyle wat iets beteken. druk daarop om te kyk wat gebeur. die laaste een is rotat arbitrary. met hom maak jy jou foto se horison waterpas indien die foto per ongeluk skeef geneem is.

dan crop ek die foto, sny dele weg wat ek nie wil hê nie en haal net die goeie binnekos uit.

die foto het ek gecrop want die meisie se gesig was om een af ander rede uit fokus. as jy gecrop het moet jy op crop klik dan mak hy die foto soos jy wil hê en as dit verkeerd is klik undo.





toe gaan ek terug na home en in die middel onder de foto is paar tabs en dropfiles wat jy kan op klik. ek gebruik meeste die filter.

ek het toe die foto so gemaak




om dit te doen kies jy onder filter die region ( out of focus) opsie



in die middel van die foto sal 'n geel kruisie verskyn en hom skuif jy op die deel wat jy wil hou. kies aan die linker kant dan verskillende opsies wat jy wil maak. om die maklikste te leer kies black. dan sien jy wat doen die out of fokus opsie. vir die foto hier bo het ek white gekies.
onder die opsies is 2 slide bars, een vir grootte en een vir hoe dof of helder die oorgang moet wees. met die swart opsie kan jy maklikste sien hoe dit werk.

daar akn jy balck and white en sepia en negatief en wat ook als kes
om die hele foto black and white te maak skuif die slide bar na nul en kies black and white

waneer jy klaar is klik op save en stoor jou nuwe foto


kies onder filter wat jy wil doen soos vignetteing dan plaas hy so swart om die foto, jy kan dit antieke foto maak, verskillende style,

as jy reflextion kies maak hy die foto so



met lens flare het ek die blink ingesit





wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #7 on: October 05, 2011, 06:40:01 AM »
Duisend en drie dankies Stoffel. Dit is werklikwaar BAIE handige funksies!  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #8 on: October 05, 2011, 09:16:21 AM »
Ja Lox, en jy het gedink jy kan net foto's neem.   :icon_biggrin:  Kyk nou net hoe kruip jy uit jou hoekie, 'n leermeester van formaat, en dan dra jy nog woorde aan en gesels 'n hond uit 'n bos uit daaroor.  'n Kleinnoot jy!
Baie dankie matertjie van ons.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #9 on: October 05, 2011, 12:24:41 PM »
die volgende foto is 100% sepia



hier is dieselfde foto wat ek die brighten tab gekies het en effe kleur verander het, wat ek presies gestel het kan ek nie onthou nie.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #10 on: October 06, 2011, 06:49:58 AM »
Oe hene ou Stoffeltjie ek dink as die ouens eers met die program begin speel gaan ons fantabaloooooslike kreatiewe sneppies hier sien!
Vandag wil ek vir ons vrinne wys hoe 'n mens van jou gewone fotos 'n 'kunswerkie' kan skep deur drie eenvoudige funksies van die program in te span. Ek het by 'filter' die 'box'-funkie gebruik en by die 'pictorialization' het ek 'monochrome engraving' ook gebruik en daarna dit weer 'sepia' gemaak.







« Last Edit: October 06, 2011, 07:45:24 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #11 on: October 06, 2011, 07:48:16 AM »
Hier het ek net 'Box' gebruik en dit toe geraam


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #12 on: October 07, 2011, 03:20:03 AM »
Hierdie ene het ek 'n foto uit ons tuin geneem van 'n blom en by filtor die 'distorts - swirl' gebruik. Daar is heelwat verstellings wat jy kan toepas, speel gerus. Ek het soveel pret met hierdie funksie!! Enige foto kan daar omskep word in 'n moderne skildery. Ek het die foto weer gecrop en toe sepia gemaak om by die reeks te pas waarmee ek besig is.
 

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #13 on: October 07, 2011, 03:27:20 AM »
dankie vir wys marieta, daar leer ek nog iets
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)
« Reply #14 on: October 07, 2011, 03:47:45 AM »
Hier is gekleure enetjie. Was foto van Outop gewees voor die klavier in die aand geneem: