Author Topic: woord vir stap  (Read 6165 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
woord vir stap
« on: October 04, 2011, 02:21:00 AM »
op die weg forum lees ek die volgende

Soek Afrikaanse woord vir Backpacker
Soek Afrikaanse woord vir Backpacker

Ek is 'n ou (ervare) stapper, maar ek wonder dikwels as ek my aktiwiteit moet meedeel -- mondelings of in skrif -- of die begrip "stap" verstaan word as backpacking. Na alles, daar is baie mense wat net stap vir die plesier -- soms maar net om die blok...

Enige gedagtes hieroor?

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: woord vir stap
« Reply #1 on: October 04, 2011, 02:31:12 AM »
Stoffel hier by ons is 'backpacker' 'n persoon wat rondreis en verseker ook sal stap om die omgewing te verken terwyl hulle allerlei loswerkies doen, oornag dan in die backpackers hostelle waar jy soms 'n kamer met vier/ses/tien ander persone deel. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis/badkamergeriewe.  Pryse is natuurlik baie aanloklik aangesien dit goedkoop is. So gemiddeld $15 per nag. Hang af waar jy jou bevind. Baie van hierdie ouens pluk ook vrugte of help op 'stations' (plase) om die sakgeld weer aan te vul voordat hulle verder gaan.

Sommige hostels bied ook wonderlike gratis pakkette om te help met werksoek ens.

We can help you FIND WORK, we can book you some  GREAT TOURS. There is a FREE city loop bus right out the front. FREE city bikes to help you see the sites

Wonder watter Afrikaanse woorde sal hierdie leefstyl omskryf? Hoe dit by julle ervaar word en wat onder die woord backpacker verstaan word het ek nie 'n idee nie hoor  :icon_bigsmurf: maar my plek is geboek om te sien waarmee ons bekkige maters vorendag gaan kom  :hello2:
« Last Edit: October 04, 2011, 02:36:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: woord vir stap
« Reply #2 on: October 04, 2011, 02:51:03 AM »
'n "bacpacker" is 'n rugsaktoeris wat met alles wat hy nodig het in een rugsak deur die wereld toer.
Ek praat graag van die Knapsakkers wat op knapsaktoer van knapsakhotel tot knapsakhotel toer.
Hulle is nie noodwendig stappers nie, eerder rylopers en vlieg van land tot land.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: woord vir stap
« Reply #3 on: October 04, 2011, 03:02:15 AM »
PRagtige beskrywing Naas!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: woord vir stap
« Reply #4 on: October 04, 2011, 03:23:20 AM »
Dit is die mooiste woord Naas,
 
ons noem hulle bladsakkers, maar knapsakkers is so beskrywend.  Hulle geldjies is ook altyd knap. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: woord vir stap
« Reply #5 on: October 04, 2011, 07:22:29 AM »
Ek is seker daai ander webwerf het nog nie kale woord verder ontvang en kyk waar trek ons. Ek kan die mandjie vol maak  :love7: :hello2:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: woord vir stap
« Reply #6 on: October 05, 2011, 05:38:10 AM »
Die ouens dink ek praat meer van mense wat in die veld stap met 'n tent by en slaap in die veld waar hulle kom.

in elk geval dis wat daar uitgekom het.


Op die weg forum het hulle met die voorstelle gekom:

Ek weet daar is 'n woord "slackpacking/packer" - dis as jou rugsak vir jou vervoer word en jy stap.

..miskien Knapsakstapper !

Wat van "Rugsakreisiger"? Dit kan een of twee woorde wees.

Dalk rugsakstapper? Ek dink rugsak is meer bekend as knapsak..

Voetslaan - voetslaner

Mooi woord, maar waar's die rugsak?

Op jou rug, Very Happy - ons het baie lank terug gereeld voetslaan roetes gedoen, en dan ook die voetslaangids as gids gebruik - vandaar die woord
Rugsakstapper sal seker die meer korrekte weergawe wees


Volgens Bosman,van der Merwe & Hiemstra is die korrekte vertaling rugsakstapper


Ek hou daarvan en dit maak sin. Moet sê in ons stapgemeenskap weet almal wat 'n stapper is -- dws 'n backpacker -- maar vir dié daar buite sal rugsakstapper 'n beter begrip gee van wat ons is.

Wat is die Afrikaans vir 'n Backpacker Lodge? Rugsak hotel?

Ek dink nie die "Backpacker in Backpacker Lodge" is dieselfde as die ou wat met sy rugsak in die veld stap nie. Ek sien dit as goedkoper verblyf vir iemand wat met nie met baie bagasie reis nie, hy hoef nie noodwendig 'n rugsak te dra nie.









wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: woord vir stap
« Reply #7 on: October 05, 2011, 06:00:00 AM »
Die ouens dink ek praat meer van mense wat in die veld stap met 'n tent by en slaap in die veld waar hulle kom.

Indien dit die geval is Lox, sit hulle die pot mis. 'n Backpacker is 'n ou wat deur die wereld toer met net 'n rugsak. Hy/sy is beslis nie 'n ou wat staproetes doen nie. Staproetes kan dalk deel wees van sy toer maar dan sal hy tien teen een sy rugsak by die knapsakhotel los.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: woord vir stap
« Reply #8 on: October 05, 2011, 08:17:47 AM »
Ek stem, daar is 'n verskil tussen 'n "voetpadstapper - wat voetslaanroetes loop" en 'n knapsakker wat van dorp na dorp - land na land- reis.  Dit is hoekom die "backpackers-hotelle" oor die hele wêreld te kry is.  (Jy hoef nie 'n knapsakker te wees om daar te oornag nie.)
Eersgenoemde sou ek 'n "veldvreter" noem.  'n Voetpadvraat". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: woord vir stap
« Reply #9 on: August 31, 2018, 11:16:15 PM »
Voetpadvraat - soooooooo gepas PM! Hierdie ouens raak later verslaaf aan stap soos wat ek 'n woordvraat is.