Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

woord vir stap

(1/2) > >>

Lox:
op die weg forum lees ek die volgende

Soek Afrikaanse woord vir Backpacker
Soek Afrikaanse woord vir Backpacker

Ek is 'n ou (ervare) stapper, maar ek wonder dikwels as ek my aktiwiteit moet meedeel -- mondelings of in skrif -- of die begrip "stap" verstaan word as backpacking. Na alles, daar is baie mense wat net stap vir die plesier -- soms maar net om die blok...

Enige gedagtes hieroor?

Meraai vannie Baai:
Stoffel hier by ons is 'backpacker' 'n persoon wat rondreis en verseker ook sal stap om die omgewing te verken terwyl hulle allerlei loswerkies doen, oornag dan in die backpackers hostelle waar jy soms 'n kamer met vier/ses/tien ander persone deel. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis/badkamergeriewe.  Pryse is natuurlik baie aanloklik aangesien dit goedkoop is. So gemiddeld $15 per nag. Hang af waar jy jou bevind. Baie van hierdie ouens pluk ook vrugte of help op 'stations' (plase) om die sakgeld weer aan te vul voordat hulle verder gaan.

Sommige hostels bied ook wonderlike gratis pakkette om te help met werksoek ens.

We can help you FIND WORK, we can book you some  GREAT TOURS. There is a FREE city loop bus right out the front. FREE city bikes to help you see the sites

Wonder watter Afrikaanse woorde sal hierdie leefstyl omskryf? Hoe dit by julle ervaar word en wat onder die woord backpacker verstaan word het ek nie 'n idee nie hoor  :icon_bigsmurf: maar my plek is geboek om te sien waarmee ons bekkige maters vorendag gaan kom  :hello2:

Naas:
'n "bacpacker" is 'n rugsaktoeris wat met alles wat hy nodig het in een rugsak deur die wereld toer.
Ek praat graag van die Knapsakkers wat op knapsaktoer van knapsakhotel tot knapsakhotel toer.
Hulle is nie noodwendig stappers nie, eerder rylopers en vlieg van land tot land.





 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
PRagtige beskrywing Naas!!!

PM:
Dit is die mooiste woord Naas,
 
ons noem hulle bladsakkers, maar knapsakkers is so beskrywend.  Hulle geldjies is ook altyd knap. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version