Author Topic: Hou jou roksak toe  (Read 5219 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Hou jou roksak toe
« on: October 03, 2011, 10:34:52 AM »
My ou tanta wat in Holland woon
sy was so danig sterk,
sy keer toe mooi die nagwa om
daar voor die Roomse kerk

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.

As my ou man van die werk af kom
reën hy altyd nat
dan lag hy met sy vet ou vrou
dat die sweet hom so af tap

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.

Oom Daantjie werk op oom Kallie se plaas
En oom Daantjie ruik na gom.
Oom Daantjie se broek is dik gelap
en die meisies lag daarom.

Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.




 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: August 27, 2015, 02:41:39 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hou jou roksak toe
« Reply #1 on: October 03, 2011, 10:38:57 AM »
Nou verlang ek my stukkend Naas.  Ek hoor Ouma Naas se stem en ek sien haar hier op die bank sit met die breipenne in die hand.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hou jou roksak toe
« Reply #2 on: October 03, 2011, 10:40:50 AM »
My voet tik ritmies die tyd ... en ek sing kliphard saam  :hello2: :notworthy: