Recent Posts

Pages: 1 ... 8 9 [10]
91
Kom kuier saam / Re: Publikasie
« Last post by Antjie Patat on November 23, 2021, 09:43:27 PM »
Baie waar, en die baie mense wat kamtig altyd gevra was... in baie jare nog geen siel my nog boggerol gevra nie
92
Kom kuier saam / Re: Meeste op forum. . .
« Last post by Antjie Patat on November 23, 2021, 09:41:39 PM »
Halo halo, kom vlieg ek gou in.
Hoe gaan dit PM? Het alles toe goed afgeloop?
Ek is by die werk met uiters uitdagende dinge aan die gang.  En by die huis gekom, moet ek my tweede werk opvat.
Lekker kuier kom nou ongelukkig veel later.
xxx
93
Adéle se plek / Onthoudae
« Last post by adele on November 23, 2021, 08:29:14 PM »
... toe ek klein was, was my verjaarsdag en kersfees die lekkerste onthoue in my jaar se dae ... later het ek geleer dat kersfees elke dag se Lof aan ons Heer moet wees ... en soos die jare aangestap het, het vreugde-onthoudae bygekom ... en nou dat my leefdae minder raak, is die jaar met te veel onthoudae gevul ... sommige nog vol vreugde, maar ander met trane gevul ... slegs vredepleisters daaroor geplak ... tog, nou loop my kleipotte oor van vergifnis en vrede...
94
JeannedArc se plek / Re: In Memoriam - A Tributo
« Last post by PM on November 21, 2021, 06:15:20 AM »
Weereens, 765 keer gelees met net een komtaartjie. 
95
Kom kuier saam / Publikasie
« Last post by PM on November 21, 2021, 06:02:48 AM »
Dit is gepubliseer!  Hoeveel keer het 'n mens goed gelees en dit sommer net aanvaar vir die waarheid?
Bv. "Naversers het bevind . . ."
Net 'n paar maande later "Navorsing het nou bevind dat die vorige navorsing nie so akuraat was nie."
Moenie dink omdat iets gepubliseer is, is dit die waarheid nie. 
'n Mens kan nie altyd jou eie navorsing doen nie, maar as jy 'n hele paar publikasies bestudeer, kan jy dalk agter die kap van die byl kom. 
96
Kom kuier saam / Re: Meeste op forum. . .
« Last post by PM on November 21, 2021, 04:26:44 AM »
 :wave:  Hi Antjie Patat.  Dit het hier ook maar dol gegaan met Hannes in die hospitaal moet ek maar self die dak se herstelwerk monitor.  Jy weet dan, elke dag moet daar nog iets bygekoop word.
Gelukkig is dit vandag Sondag. As alles volgens plan verloop kom Hannes later vandag huistoe.   :hello2:


Ons was laas met sy vorige episode, toe ons in Richardsbaai gekuier het, "van mekaar geskei".  Hy was daar in die Netcare hospitaal. 


'n Mens besef eers weer, wanneer ons nie bymekaar is nie, hoeveel ons op mekaar steun.  Die huis is leeg sonder hom. 
97
Kom kuier saam / Re: Meeste op forum. . .
« Last post by Antjie Patat on November 20, 2021, 09:29:06 PM »
Halo julle.
Ek is nog hier, net n moeilike week weg en die naweek vlieg ook vreeslik vinnig verby.
Ek kom, net stadig.....  :wave:
98
Kruie en speserye / Re: Kaneel: Het jy geweet?
« Last post by PM on November 20, 2021, 11:31:31 AM »
Kaneel  (Nog 'n bietjie inligting)


Ek wil my verstout om te sê dat kaneel saam met Adam en Eva in die paradys was.
Vir duisende jare is die eienskappe van kaneel geprys. 
Om die voordele van die spesery beter te verstaan, moet ons kyk waaruit dit bestaan.
 
Essensiële olies : Dit bestaan uit 80% kaneelaldehied.     
 
Daar is twee primêre tipes kaneel olie op die mark beskikbaar: kaneelbasolie en kaneelblaarolie. Terwyl dit ooreenkomste het, is dit verskillende produkte met aparte gebruike.
Kaneelbasolie word verkry uit die buitenste bas van die kaneel boom. Dit is kragtige en het `n sterk, "parfuum-agtige" reuk. 
Kaneelbasolie is gewoonlik duurder as kaneelblaarolie.
Kaneelblaarolie het `n "muskus agtige” reuk en het ‘n ligter kleur, terwyl kaneelblaarolie geel en donker mag voorkom. Kaneelbasolie het `n dieper rooi-bruin kleur.
Albei is voordelig, maar kaneelbasolie kan sterker wees.
Die voordele van kaneelbasolie het die vermoë om bloedvate te verwyd.
Kaneelbasolie verbeter die stikstofoksied funksie, wat verhoogde bloedvloei en laer vlakke van inflammasie veroorsaak.
Sommige van die mees nagevorsde voordele vir die gesondheid van kaneelolie sluit in:
Verminder inflammasie
Verhoog sirkulasie
Beveg virusse
Vrye radikale verlig depressie
Anti-bakteriese eienskappe
Stimuleer die immuunstelsel
Stimuleer libido
Beveg parasiete
Verbeter metabolisme
Beveg verkoue
Bestry fungus
Tanniene : Help ontsteking te beveg;
Polifenol : 'n Natuurlike insulien, help met diabetes en het 'n aantal ander eienskappe;
Eugenol: 'n Antiseptiese uitwerking,  een van die hoofkomponente wat in parfumerie gebruik word.
Hier is nog gebruike:

Van verkoue en asemhaling te fasiliteer:
1 eetlepel heuning gemeng met 'n halwe teelepel geurmiddels, verdun in 'n glas warm water.
Drink so 'n drankie 2 keer per dag vir 'n week.
Raak ontslae van slegte reuk uit die mond:
die resep is dieselfde, maar die hoeveelheid kaneel word verhoog tot 1 teelepel.
Verdun in 'n glas warm water en spoel die mondholte in die oggend.
Daarbenewens kan jy as 'n reël 'n knippie speserye by koffie, tee, kos voeg.
Langtermyn gebruik sal die kardiovaskulêre stelsel aansienlik versterk.
99
Waar is jy? / Re: Hannes se heupvervanging
« Last post by PM on November 19, 2021, 08:02:25 PM »
Dankie Antjie.  Die dokter het X-strale geneem van die prostese en alles is mooi in plek.  Hannes sê hy het nie erge pyn nie, net sy keel het seer gekry met die pype.  Dit sal sekerlik vinnig opklaar.
Dankie vir die ondersteuning.  Ek waardeer dit.  Voel nogal eensaam en verlate.   :dontknow:
100
Waar is jy? / Re: Hannes se heupvervanging
« Last post by Antjie Patat on November 19, 2021, 07:57:57 PM »
Ek hoop hy sterk mooi aan, en dat alles klopdisselboom gaan.
Pages: 1 ... 8 9 [10]