Recent Posts

Pages: 1 ... 7 8 [9] 10
81
Groente / Re: Pampoenkoekies
« Last post by PM on December 15, 2021, 06:23:20 PM »
Ek kom altyd terug om 'n reseppie op te pik.  Sondag is ons 51 jaar getroud en ouma moet uithang.   :love7:
82
Waar is jy? / Re: En hier sit ek ...
« Last post by PM on November 28, 2021, 01:49:46 AM »
Gelukkig is ek nou hier in Annlin.  Ek kyk na fibre en sal dit hoog op prys stel as iemand vir my raad kan gee.
Ek verstaan dat ek ook 'n "Smart TV" nodig het.  Wat is die beste?


Ek wil graag flieks en series aflaai.  Ek het tyd en ek kan my tyd beplan. 


As hier iemand is wat kan help sal ek 'n nuwe onderwerp begin waarin ons dit kan bespreek. 
83
Waar is jy? / Re: Hannes se heupvervanging
« Last post by PM on November 28, 2021, 01:41:36 AM »
Dit gaan sommer baie goed met Hannes.  Hy stap al die wêreld vol en help homself met baie takies.


Mense, ek is die slegste "carer" wat jy ooit sal kry.  Om na siekes om te sien is nie vir my nie.  Toe ek gebore is, is my geduld saam met die waswater by die deur uit!  (My dogter sweer daarby dat jy in die beste hande is as jy in haar ma se
 hande is.  :bootyshake: )  Hulle sê mos "Beauty lies in the eye of the beholder."


Maar nou-ja, laat ek maar terugkom na die onderwerp.  Is dit nou dat dit goed gaan met Hannes of is dit nou dat dit beter gaan met my?


Dit gaan beter met my.  Ek het my liefie stap vir stap geleer hoe om dingetjies vir homself te doen. (Hy loop mos met krukke.) Ek het een van my sagte leer handsakkies geneem en dit om sy nek gehang.  { 'n Wonderlike vriendin van my in NZ het besluit dat ek 'n handsakkie nodig het.  Ek gebruik mos nie sulke goed nie.  Tog, sy het sekerlik 'n gevoelentheid gehad dat dit 'n item is wat ek nog baie in my lewe gaan nodig hê!}   Daarin kom sy pille vir die dag, sy selfoon en sy TV-kontrole. 
Sien, nou hoef ek nie kort-kort te hardloop as Oupa iets nodig het nie.  (Veral daardie selfoon wat so onophoudelik kan lui, net sodra Oupa in die toilet is!)

Die wonderlike man wat ek in my lewe het, het besef dat hy wel dinge so staan-staan kan doen.  Hy maak steeds die koffie in die oggend, ek bring dit net tafel toe. 

My wonderlike man het my die heel middag gehelp om die maand se vleis vakuum te verpak.  (Ek maak die pakkies en hy seel dit!)

3 Murgpampoentjies kos R10.00.  'n Hele sak murgpampoentjies (minstens 30)  kos R36.00.
Ek sny die pampoentjies in die helfte, hy grou die pitte uit, en ons kook dit op, dop dit uit en verpak dit. Oupa vakuum dit en daar het jy dit! Bob's your uncle!  (Onthou, ons moet vir Oupa besig hou!)

So, dit gaan goed met Hannes en net so goed met my en ons is lief vir julle!  :bootyshake:




84
Adéle se plek / Re: Onthoudae
« Last post by PM on November 28, 2021, 01:01:41 AM »
Skuus matertjie, my elkedag is so vol ek kom nie by alles uit nie.  Nou is ek hier!


Adele, ek wonder of ons nie nou almal op daardie stadium in ons lewe is nie. 


My verjaarsdag was nou my hardwerkdag en kersfees was bontstaandag.  "Never mind" die hele maand voor kersfees was bontstaandag.  (Let op na al die "wasse". )  Daar moes vrugtekoek gebak word (drie maande voor kersfees, sodat dit kon ryp word) en al die ander kleinkoekies en vrugteterte.   (Praat nie van al die blikke kleinkoekies wat gebak is vir geskenkies nie.)
Dan kom die slaaie aan die beurt.  Al daardie wat 'n mens drie dae voor die tyd moes maak.  (Koperpenniewortel-, driebone-, aartappel-, wortel- en beet- vormslaai. (In jellie) Maak sommer vla vir die roomys vir nagereg ook!)
Dan kom die vleise.  Tong, sult (braun) en ham.
Dan kan jy net kersfeesoggend die hoenders en skaapboud met gebakte aartappels in die oond druk.  'n Potjie boontjies met 'n skaaptjoppie in en lekker soet pampoen en jy is reg vir n feesmaal. 
Dit is soos 'n vriend van my gesê het: dit is nie wat jy eet tussen nuwejaar en kersfees nie, dit is wat jy eet tussen kersfees en nuwejaar wat vet maak. 


Hoe dit ookal sy,  dit was onthou dae.  Daardie dae toe my ouers nog geleef het, al my broers en skoonsusters en hulle kleingoed,  al my kinders en hulle gades en hulle kinders saam aan dieselfde tafel gesit het.  Nou is my kinders in die buiteland en ons is dikwels alleen.  Dan verlang ek na daardie dae toe ek moes bontstaan om almal om my tafel te hê!


Vandag onthou ek net daardie besige dae en ek verlang.  Nee, nie na die geswoeg en gesweet nie, maar na daardie samesyn om een tafel. 


Ek is mal oor jou vredepleisters!  Soms ervaar ek 'n geweldige verlange na my gisters, maar soos jy sê, 'n vredepleistertjie moet maar dien. 


En . . . sonder vergifnis is daar geen vrede nie. 



85
Die kiekiekyk plek / Re: paar kiekies
« Last post by PM on November 25, 2021, 12:57:23 AM »
Ek is bly dit gaan goed met julle. 
Hannes het Vrydag 'n heupvervanging gehad.  Dit is eens te erg om weer 'n baba in die huis te hê.  :icon_biggrin:
Hy sterk darem baie mooi aan en is vinnig besig om onafhanklik te raak.  Dit is net nie so maklik nie. 
Ons besef nie aldag hoeveel ons het om voor dankbaar te wees nie. 
86
Die kiekiekyk plek / Re: paar kiekies
« Last post by AB on November 24, 2021, 08:47:33 PM »
steeds hier op die plaas doenig
erg besig die tyd van die jaar
verlede week wingerd geplant, en dinsdag paar protea plante geplant
intussen nog spuit en top en blare breek en onkruid bestry en water gee en kunsmis gee
87
Bekgeveg / Ek het nie ouers gehad nie. Is dit 'n verskoning?
« Last post by PM on November 24, 2021, 07:29:05 PM »
Dit is nou al 'n geruime tyd dat ek hierdie verskoning aanhoor.  "Ek het nie ouers gehad nie, hoe moet ek van beter weet?


Ek het 'n interne aanwyser wat vir my wys wat is reg en wat is verkeerd.
Ek weet wanneer ek my bed moet opmaak.
Ek weet dat ek skottelgoed moet was.
Dit is tyd dat ek my bed met skoon linne moet oortrek. 


Ek moet my vloere was. 
Ek moet my wasgoed was en stryk.  (Al stryk niemand meer nie, ek hou van glad gestrykte klere en linne.)
My man moet 'n lekker bord gekookte kos kry. 
My kinders is lankal uit die huis uit, maar ek het geweet wanneer om in hul behoeftes te voorsien. 
'n Mens het mos 'n goeie gesonde verstand om jou te rig.


Waar kom jy daaraan dat die feit dat jy nie ouers gehad het nie, jou kan verskoon om nie jou daaglikse pligte na te kom nie. 
 :icon_scratch:   Skuus, help my uit!

88
Die kiekiekyk plek / Re: paar kiekies
« Last post by PM on November 24, 2021, 01:36:39 PM »
AB, ek verlang na jou en jou berg.  Waar is julle?
89
Baie geluk... Baie welkom / Welkom Anna
« Last post by PM on November 24, 2021, 01:19:45 PM »
Baie welkom hier op die forum.  Ek hoop jy sal dit baie geniet.  Maak jouself tuis en kuier saam.
Indien jy hulp nodig het kan jy sommer hier kom aanklop.
 
Ek sal vir jou jou eie hoekie skep waar jy jou werk kan plaas. 
Hartlik welkom.
90
Kom kuier saam / Re: Meeste op forum. . .
« Last post by PM on November 24, 2021, 05:07:13 AM »
Dankie vir die belangstelling Antjie.  Dit het uitstekend gegaan.  Hannes stap al die wêreld vol.  Hy stort en skeer op sy eie. 
Ek het nooit gedink dat ek enigsins 'n voordeel in "sonder 'n kolon" kon sien nie.  Daar is tog wel een.  Hannes moet gereeld die toilet besoek.  Dus word hy so te sê gedwing om te stap. 
Ek het hier langs sy bed in 'n lazy boy gesit en slaap.  Toe besluit ek gister dit is sommer net te ongerieflik en ek sleep 'n enkelbedjie in.  Ek het darem gisteraand 'n kat uit 'n boom uit geslaap.  Vir die eerste keer was Hannes ook rustig.
Pages: 1 ... 7 8 [9] 10