Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: Mel on April 19, 2011, 01:42:58 PM

Title: Autobiografie
Post by: Mel on April 19, 2011, 01:42:58 PM
Wat is die wetlike vereistes wanneer jy jou autobiografie skryf oor naastes wat heel moontlik genoem sal word? Wat presies is die proses daaromtrent?
Title: Re: Autobiografie
Post by: PM on April 19, 2011, 02:36:27 PM
Ek het 'n rukkie gelede hierdie studie gelees en dit was vir my baie interessant.  Dalk wil jy dit ook lees. 

http://scholar.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.1/4235/Hauman,%20S.pdf?sequence=1

Ek sal kyk of ek iets kan naslaan.
Title: Re: Autobiografie
Post by: Stof on April 21, 2011, 02:29:08 AM
Net gou 'n stowwerige mening:

'n Autobiografie is die lewensverhaal van jou voertuig.

'n Outobiografie is jou eie lewensverhaal.

En 'n biografie, die van 'n ander persoon.

Is 'n grafografie dus die lewensverhaal van 'n afgestorwene?

Of is Stof nou besig om met 'n grafgrafie hier rond te grou?
Title: Re: Autobiografie
Post by: PM on April 21, 2011, 04:39:11 AM
Jy is 'n stouter Stof, of is dit wat jy "diplomasie" noem?   :icon_biggrin:
Title: Re: Autobiografie
Post by: Mel on April 21, 2011, 01:17:10 PM
Skerp oge Stof  :hello2:

Maak Mel haar naam nou lekker bollie, want sy het nie eens 'n voertuig om oor te skryf nie!!!  :icon_colors:
Title: Re: Autobiografie
Post by: PM on April 21, 2011, 01:27:04 PM
Ag Mel,  kom sit maar hier by ons ander Bollies.  Hulle sĂȘ mos ons skrywers se spĂȘling is maar effens agtergeblewe.   :icon_biggrin: