Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Chichi on September 06, 2011, 08:46:16 PM

Title: Raai WAT???
Post by: Chichi on September 06, 2011, 08:46:16 PM
Ek het 100 posts al gemaak!!!!!! woohoo!!! Wie is die AWESOMESTE!!!?????????

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*dances around naked*
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on September 07, 2011, 03:07:55 AM
Geluk Chichi.   :hello2:   :wav:  Hou so aan, een van die dae is jy op die volgende kwalifikasie. 
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Chichi on September 07, 2011, 08:19:55 AM
Baie dankie PM, eendag ja hehe  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2011, 09:26:19 AM
Vang ek jou voor no 113.  :notworthy: Doet voort - ons volg  :book1: :icon_biggrin:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on September 07, 2011, 10:55:57 AM
Vanoggend toe ek inteken op die forum toe lees ek  7 dae   7 ure  en 57 minute.  Dalk wen daai lyntjie in die water vir my 'n 777.   :icon_biggrin:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Naas on September 07, 2011, 11:27:46 AM
As daai lyntjie innie water my kant toe drywe gaan ek beslis in Outop se karavaan slaap.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on September 07, 2011, 12:39:14 PM
Dan hoop ek jy neem my saam, ek sal 'n tent koop en langs die karavaan staanmaak.  Daar by die paddadammetjie.
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Chichi on September 07, 2011, 04:19:01 PM
Praat julle van lotto?

 :icon_scratch:

Partykeer voel ek of ek nie 'n clue het wat aangaan nie....   :icon_study:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on September 07, 2011, 04:39:20 PM
Moenie komkommer nie, bly net hier, ons maak jou nog "famous".   :toothy4:
Outop is Meraai vannie Baai se ander helfte.  Hulle woon in gatkantland, dit is nou Australië.  In hulle erfie, wat ek nogal dink is 'n groot erfie, het hulle 'n visdam waar die paddas kwaak in die nag.  (As ek nou nie lie nie.) 
Jy kan maar vir haar vra waar jy die foto's kan gaan besigtig.  Ek weet regtig nie hoekom sy nie meer foto's plaas nie, ek verlang so  na die  paddadammetjie en die vogeltjies.
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Naas on September 07, 2011, 07:50:59 PM
Ek dink Outop se karavaan staan nou oor die paddadam.
En Chichi, ons praat van die lotto. Alhoewel statistiek my 'n beter kans gee om Pregnant te raak mag ek darem nog droom.






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Chichi on September 07, 2011, 10:14:46 PM
yay! baie dankie PM, dit is baie informasie!

ek is bly ek kon darem raai dit die lotto!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

Title: Re: Raai WAT???
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 10:16:46 AM
Loer Outoppie hier oor my skouer toe ek hardop vir myself begin lees! Haai julle  :icon_biggrin: daai wieletjieshuis wat die oumens van my gekies het terwyl ek soete soete ooievaarstee gehou het, is spiekeriese ding  :love7:
Die ou dammetjie leef nog Naas. So pas onse ou wyntjie daar gaan sit en geniet. Sal weer so grap maak en bietjie van die klikbekkie se inhoud kom vasmaak hoor.  PM sonder jok, die pandokkie lyk van die straat se kant af nes daardie tannie met die haarkrullers  agter elke man se huis. As ons 'n hek gehad het kon ek ook so oor hom hang dan sal julle dink dit is Anti Stienie se double.

Title: Re: Raai WAT???
Post by: Meraai vannie Baai on April 12, 2016, 12:49:15 AM
LOL, liewer laat as nooit. Hier is die bewys dat die paddadam nog lewe en floreer.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC05015.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC05015.jpg.html)
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on April 19, 2016, 11:10:37 AM
Ag pragtig!  Sien dit gaan goed met die lelies!
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Meraai vannie Baai on December 15, 2018, 07:12:34 AM
Ons handgegroude watergaatjie soos dit nou lyk in 2018... die pandokkie en oues van dae se trots. Elke sooi was self gemaak. Hier is nie hulp nie. Sou jy tuinhulp verlang ruk dit jou sak teen $40 per uur  :icon_biggrin:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Weer%20steek%20op%201_1.jpg)

Die eerste lelies het hierdie jaar so gelyk..

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Waterlelietjies%201_1.jpg)

En as die lelie toegaan saans, lyk dit so...

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Waterlelie%20Okt%2016.jpg)

Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on December 16, 2018, 07:58:08 AM
Dit is pragtig.  Rustigheid is beslis al die moeite werd.  Julle plekkie lyk te pragtig en ek is seker "anti Stienie" sal wat wil gee om so 'n mooi plekkie te het. 


Vanoggend is hier 'n rooibokkie in ons tuin gebore.  Die mamma is so beskermend, sy bly tussen ons en die bokkie, dus kon Hannes nog nie 'n foto'tjie kry nie.  Hy sal steeds probeer. 
Title: Re: Raai WAT???
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2018, 10:49:41 PM
My plek geboek vir daardie foto PM. Dankie vir inloer hoor. Tonne liefde ook van diekant van die aardbol.  :love7:
Title: Re: Raai WAT???
Post by: PM on December 22, 2018, 02:09:38 PM
Ek kom nie reg nie Raaitjie.  Sal probeer tot ek die ding op die kop slaan.