Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Voorstelle => Topic started by: Bestuur on April 15, 2011, 10:54:50 AM
-
Hier is die "trappe van vergelyking". Bestuur nooi almal uit om voorstelle te maak om meer oorspronklike humoristiese name te kom voorlê.
Snuiter
Penkop
Melkbaard
Hardebaard
Wysgeer
Meester
-
die GROOT bestuur ekke sal asb die "meester" vat aangsien dit nog nie gevat issi...
-
WW, is nie sommer net vir vat nie nê! :icon_biggrin:
-
patrysie... die GROOT bestuur het gese hy wil weet wie is wie oppi forum so ek sal maar die meester wees :laughing4:
-
WW - synde dat Jeanne D'Arc al eeue geleed tot St verhef is glo sy dat sy daardie titel - dis nou meester - behoort te beklee :read: :angel8: :icon_colors: :icon_colors:
-
Ons sal gou sien wie is die meesters hier rond. Gooi maar daai inskrywings! :icon_biggrin:
-
So wie is nou wie??? vertel my bietjie?
-
Jy sien mos WW is die meester. Hy moet net eers weer 'n bietjie rondgepluk en gedreig word om meer sy bakkies hier te wys. Hy weet net nie dat ek een van die mooi dae weer Kaap toe kom nie.
-
hehe ek het meer bedoel, wat moet jy doen om verander te word van 'n suigeling na 'n wel... enigiets anders hehe!
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
As ek reg onthou dat is dit 500 plasings per "kop". Dit neem nogal 'n rukkie om 'n "meestersgraad" te verwerf. :icon_biggrin:
-
oooo dankie PM :)
Ek sal my merk nog eendag daar bo kry haha :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
...en hier sit ek in my hoekie en luister, het ek reg gehoor, kom julle weer een van die mooi dae kuier? :hello2:
Chichi, ek is ekke, en ek is die ander een aan dié kant van die rekenaar. So :hello: jy daar aan die anderkant. :hello2:
:angel12:
-
Ek wil graag 'n suigeling bly want uit die mond van die suigeling lek daar nie 'n druppel rooikoeldrank nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ook nie uit die mond van die suiplap nie. :icon_biggrin: Naas, jy is nog net 'n snuiter! :icon_biggrin:
Ai Trappies, ek wil gaan blomme kyk. Een oggend as Hannes wakker word is ek weg, blomme toe, Kaap toe, na my matertjies toe. :crybaby2:
Ons moet 'n plan maak en een naweek oor vlieg. Sal julle ons by die airystasie kry? Jy kan ons mos weer Maandagoggend aflaai, of wat praat ek? Net eers die boek klaar kry. 'n Beter plan sal wees as ons eers die boek in die hand het, dan kom vier ons dit saam! Dan bring ek sommer julle boeke ook saam. Hoes daai?
-
:wave: Dis nie 'n hoes nie daais 'n deal! :icon_biggrin:
Jy weet mos ek sit klaar by die spasievollug en wag in spanning dat daai groot vogel sy pote nee plak! :hello2:
:icon_bigsmurf: Ons glo jou, geen rooikoeldrank nie, net groenkoeldrank oor jou lippe, die wat met die drieskippies teen ~ wal gegooi is. :hello2:
:angel12:
-
Dis nie 'n dadel nie, dis 'n date. :hello2:
Drie skepe en 'n ossewa, met 'n boepens vaatjie op! :icon_biggrin:
-
Wag vir my... Ek gaan saaaaaam. Flippen handeklaplonge en al. Julle sal moet roer anders gaan julle net droërangskikkings kyk. (Stingels sonder blomme issie mooi nie.)
Ek het natuurlik 'n voordeel... Ek ry saam met die mooiste van die blomme.
:icon_bigsmurf:
-
Nou-toe, klim in! :bootyshake:
Ag Naas, ek skiet net grootbek, sal mos nooit sonder my liefie gaan toer nie. Ons sal maar wag tot ons vir julle kan boeke bring.
Hoe lyk die blomme hierdie jaar?
-
Die rooies of die geeles?
:icon_bigsmurf:
-
Alles wat bond is en mooi vol gesond is.
-
Ek wil ook saam! Ek belowe ek sal my kant bring!
Trapsoetjie! :wave:
-
Ag nee, julle maak my nou so lus om sommer dadelik in die kar te spring en jou te kom oplaai en die pad te vat.
Ag nee, julle maak nie mooi met my nie. :crybaby2:
-
as ek baie geldjies gehad het dan sal ek jou persoonlik met my vliegtuigie oplaai en soontoe vat!!!
-
Ek sal styf duime vashou dat jy baie geld maak. Die alternatief sou wees om 'n ryk boer met 'n lughawe te vang. :icon_biggrin: Daaaan sal ons sien wie is wie. :toothy4:
-
Ken jy dalk 'n ryk boer met 'n lug hawe... ek is goed met ogies maak :read2:
-
Nip! Dink jy nou hy sou nog beskikbaar gewees het as ek hom geken het? :icon_biggrin:
Oud maar nog lank nie koud. :toothy4:
-
...en kyk daai boer sal moet 'n wyn man wees, dan kan julle die vlugte geniet ek sal die voggies op eish hou vir wanneer julle gedok het by die hawe. PM ek staan vierkantig agter jou, daai mannetjie sal nie 'n kans hê vir weg hol nie ... :love7:
:angel12:
-
Jy verstaan nie mooi nie Trappies, op daai vliegtuig sal ons net die beste rooiwyn bedien word, net soveel as wat ons kan "proe". En pienkborreltjies vir Raaitjie. En drieskepies met 'n eksotiese naam vir Naas. :bootyshake:
Waar staan jy? O, daar is jy! :icon_biggrin:
-
Pos op dat julle nie oppie verkeerde vliegtuig klim nie. Die een met die venter waentjie en die bok oppie roofrak gaan Transkei toe.
:icon_bigsmurf:
-
Nee wat, ons sal met limoesiens aangery word na die regte vliegtuig toe. Die een wat drie verdiepings het en ons sal bo sit, in die kroeg. :icon_biggrin:
-
:hello2: Dit kan ook werk. So lank ons proe!
-
Proe uit elke bottel uit nê? :icon_biggrin: Ons sal nêrens afklim nie, net saam ry en proe.
-
Met 'n botteltjie (soortgelyk aan daai wat julle my gepresent het) onder die armpie, kan ek nogal afklim en bietjie berg verken. Net nie te veel klouter werk nie, dis kosbare voggies onder die een arm!
:angel12:
-
Nee man, jy wil nou net kosbare drinktyd vermors. :icon_biggrin: Ons droom drome en sien gesigte. :sign10:
-
Julle maak my lus vir 'n wyntjie!!! dit die middel van die week en ek skryf more 'n groot ene so ek kan nie eers 'n ou glasietjie drink nie! :crybaby2:
ek dink ek staan die beste kans hier om nog in my tyd 'n ou boertjie met 'n wynplaas en 'n lughawe te ontmoet. So stuur vir my die inligting wat julle al het! haha
dalk moet ek na die boere op boer soek 'n vrou gaan kyk
-
Nou praat jy chichi! Jy beter net nie van ons hier vergeet as jy hom in die sak het nie. :sign10:
O en die wyntjie...1) Jy het nie 'n tyd nodig om wyn te drink nie. 2) dit kan net help met die groot ene more, het jy nog nie gehoor van dit maak jou slim nie? 3) o en dis nie die middel van die week meer nie, dit was gister, more is hy al klaar op sy * o mag ek daai woord hier gebruik okay ons sê op sy rug, o dit klink seker ook nie goed nie...ag! wat! jy verstaan! (ek hoop) :sign10:
:icon_biggrin: As jy nie verstaan nie, het jy heeltemaal te min gedrink en stel die dokter voor 'n glas vol vir jou.... :laughing7: :laughing7: :laughing7:
:angel12:
-
nee ek verstaan nooit niks nie!! ek sal maar 'n botteltjie moet drink... :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
en dankie vir die raad trapsoetjie! ek sal nou dadelik daai botteltjie oopmaak, dan sal ek GREAT doen in more se vraestel!!
-
Lekker lag ek nou, dis 'n plesier ou dier! :icon_biggrin: Ek is nou daar om jou te help met die bottels...Waar is PM? :love7:
:angel12:
-
Ek het net gou 'n stukkie werk wat in die boek moet kom geredigeer. Dit was die moeilikste stuk wat ek nog ooit moes doen! Maar nou is ek hier ou dier, en jy is seker klaar weg?
Jy moet eers by die derde glasie kom voordag jy slim is, pasop vir die vierdie een, dit maak jou baie sterk, die sesde maak jou so vuil soos 'n vark, wim sal nie eers help nie, en die volgende een maak jou vergeet wat jy laas gesê het.
Jy sal net wakker word en wonder hoe het jy daar gekom en wat soek jy daar?
Voor jy vra, na die vierde een begin jy al vergeet waar jy laas besig was om te tel. :icon_biggrin: