Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digterminologie => Topic started by: PM on April 08, 2011, 11:00:14 PM

Title: Stanza
Post by: PM on April 08, 2011, 11:00:14 PM
‘n Stanza is ‘n eenheid binne ‘n gedig.  Dit is ‘n strofe wat uit een of meer versreëls bestaan.

Die stanza bestaan uit ‘n groepering van versreëls wat met ‘n spasie van mekaar geskei word.  Die stanza bevat ‘n bepaalde rymskema, metrum en ‘n vasgestelde hoeveelheid versreëls. 

Volgens die struktuur (hoeveelheid versreëls en rymskema, word die stanzas as volg benoem:

2 versreëls word ‘n koeplet genoem.

3 versreëls is ‘n tersine.

4 versreëls is ‘n kwatryn.

5 versreëls is ‘n kwintet.

6 versreëls is ‘n sekstet.  (Die laaste twee tersines van ‘n sonnet)

7 versreëls is ‘n septet.

8 versreëls is ‘n oktaaf.