Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Angelica on August 14, 2011, 08:27:43 AM

Title: Heerlike gedigte van Hans du Plessis
Post by: Angelica on August 14, 2011, 08:27:43 AM


Heerlike gedigte hierdie wat my altyd laat glimlag al lees ek dit oor en oor.


Boegoe vannie liefde  (Hans du Plessis) – 2002

Ek wil jou vir altyd neffens my hê,
hou my sos boegoe teen jou vas:
ek wil sosse ring om jou se vinger pas,
en sos grashout op jou se hart loop lê.

Die liefde het eentlikie dood se krag,
hy gryp jou wa jy niks verwag;
die liefde die soek okkie ytie,
vra nou nie wat jy self beslytie.

Die liefde brandsteek 'n annerlike vier,
en jy kannie hele waterse kom stier,
of goi ma Grootrivier yt op hy se kop,
môre sien jy, hie statie liefde self wee op!






Voer my  (Hans du Plessis)  -  2002

Vrouense, voer vi my met resyne,
versterk my mettie veld se wille vrig,
ek raak flou van liefde innie dyne:
hy se regteram voel ek hie agter my rig,
ennie linkerarm oener my kop is ok syne.


++++
Title: Re: Heerlike gedigte van Hans du Plessis
Post by: PM on August 14, 2011, 10:32:37 AM
Dankie Elle,  dit sit ook 'n glimlag op my bakkies.   :love7:
Title: Re: Heerlike gedigte van Hans du Plessis
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2016, 06:34:36 AM
En ekke het ganiet in oorgawe - smaail van oor tot oor en weer van vooraf  :icon_biggrin: :notworthy: