Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Taal Definisies => Topic started by: PM on April 08, 2011, 09:25:52 PM

Title: Antoniem en Antonomasia
Post by: PM on April 08, 2011, 09:25:52 PM
Antoniem:
‘n Woord wat die teenoorgestelde betekenis het. 
Byvoorbeeld:
Hoog  teenoor laag.
Groot – klein
Mooi – lelik

Antonomasia
:
Naamgewing deur ‘n tekende besonderheid, dikwels die gebruik van ‘n eienaam as ‘n soortnaam,  om ‘n algemene begrip uit te druk.
Byvoorbeeld:
Iemand wat baie geduldig is word met Job uit die Bybel vergelyk. 
Ons praat van blink klippies as ons na diamante verwys. 
‘n Mens moet ‘n Salomo wees.  (Baie wys wees.)
Title: Re: Antoniem en Antonomasia
Post by: Naas on October 01, 2015, 11:07:19 AM
En as jou Delmation se naam Strepies is?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Antoniem en Antonomasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2015, 11:41:56 AM
Inbreeding ou Naas. Genetic maladies! Hiehie. Le ek laasnag en dink - dit is NET die naam wat 'n streep weg het. Nie die woefter nie!  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Antoniem en Antonomasia
Post by: PM on October 02, 2015, 12:49:14 PM
Het dit dalk iets te doen met die strepie onder sy maag?   :icon_scratch:
Title: Re: Antoniem en Antonomasia
Post by: Naas on October 02, 2015, 05:25:28 PM
New. Die einde strepe op sy lyf.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Antoniem en Antonomasia
Post by: PM on October 06, 2015, 01:28:23 PM
Wat is die vroulike vorm van antoniem?   Anoniem.
Antonomasie = antonopasia.