Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: Leopatra on April 07, 2011, 12:19:23 PM

Title: DIE ‘F’ WOORD
Post by: Leopatra on April 07, 2011, 12:19:23 PM
Stof het vir my gese ek kan hier hulp vra met die afronding van my gedig.  Hier kom dit:

DIE ‘F’ WOORD

Foertsek asseblief hier weg
Want jy gedra jouself Freeslik sleg
Ons sit jou in ‘n hokken
Wat die ego skade sal berokken
Jy gaan nêrens weer saam
Want ons kry gans te skaam
Iewers moet ons ‘n strepie trek
Anders gaan mens van Ferleentheid Frek
Gereeld sien ons jou hier
Om ons dag te ontsier
Vat liewers jou Ferdomde spiere
En gaan ruil dit vir goeie maniere
Jy kom net moeilikheid soek
Met jou Fieslike geFloek
Ons gaan glad nie meer akkoord
Met daardie Fieslike word
Sê gerus eerder Flippen
Dan is daar geen opgeblaasde lippen
Hou liewer hier Ferby
Of kry sommer gou jou ry

Friendelike groete
Die du Plessis Familie

© Leopatra
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: PM on April 08, 2011, 10:26:26 AM
Humor uit die boonste rakke!  Ek sien geen Fout nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: Jeannedarc on July 14, 2011, 02:20:09 PM
Maak ek my nou klaar en reg om my te ferlustig in 'n masjiengeweer sarsie fan f-woorde - daardie f-woord wat so kragtig emosie uitdruk. O F*& ek het alweer ferkeerd gelees. tien uit 10
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: Naas on July 14, 2011, 02:40:09 PM
Maar o Frikkedel! Ek stem saam. Daardie woord, op die regte tyd verkeerdelik gebruik, en daarna vergeet, het my nog nooit juis plooi op die brein gegee nie. Maar partykeer sit ek selfs die TV af as die fliek doodge-ef word. Party mense weet darem maar net nie waar om 'n effense strepie te trek nie en oordoen alles in skaamkry in en daar verby.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: Meraai vannie Baai on July 14, 2011, 11:34:02 PM
Kostelik!! As hier nou 'like' knoppie was het ek hom freeslik hard gedruk  :hello2:
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: PM on July 15, 2011, 06:40:30 AM
Ek het weer gelees Leopatra en sien dat die "word" in die 16de versreël seker "woord" moes gewees het.
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2017, 09:06:29 AM
Ek het ook so paar gewilde 'f' woorde. Flip Frikkie, dis FOOD en alles wat FESTIVE lyk  :bootyshake: :icon_bigsmurf:
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: PM on December 19, 2017, 06:35:30 PM
Van al die F-woorde wat ek die meeste haat is "farewell" die ergste.  Daar is egter 'n paar wat my gunstelinge is, waarvan "faith" die sterkste is.
Gooi 'n paar woorde daar julle ouens.
Title: Re: DIE ‘F’ WOORD
Post by: PM on February 01, 2018, 07:01:21 AM
Het hierdie nou weer freeslik geniet.  (lag)