Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: Leopatra on April 07, 2011, 12:18:19 PM

Title: Manne
Post by: Leopatra on April 07, 2011, 12:18:19 PM
Stof het vir my gese ek kan hier hulp vra met die afronding van my gedig.  Hier kom dit:

Manne

Die nuwe enjin het ‘n harde brul
En die bure is uit hul rus gekul
Daar word gewerk tot laat in die nag
Om nie eens te praat van al die ure in die dag

Honde-ogies soebat om genade
Hul senuwees ly groot skade
Maak nie saak hoe die vroue kla
Die manne is maar min gepla

Onenigheid is daar met die bure
Want karre het geen kantoor-ure
Sondae moet die karre loop
By die ‘dice’ heilig gedoop

Red nou ‘n nasie
Met so ‘n reputasie
Langs die ryvlak sit al die Danville-liete
In die son soos wafferse Durbaniete

Die kampioen byt sy lip ‘n keep
Hy móét eerste oor die streep
Sy breins is onder die enjinkap
Dit laat sy volgelinge hande klap

Al die kennis tussen sy ore
Bekoor weekliks sy waarderende gehore
‘n Mens sal dink hy is ryk
Soos almal hom bekyk

Onder die enjinkap is alles baie blink
Maar sy huis kan vreeslik stink
Al die huishoudelike geld
Word opgedra aan die vinnige held

© Leopatra
Title: Re: Manne
Post by: PM on April 08, 2011, 08:54:34 AM
Dit is 'n oulike gedig Leopatra.  Ek hou van die humor daarin.

Onenigheid is daar met die bure
Want karre het geen kantoor-ure
Sondae moet die karre loop
By die ‘dice’ heilig gedoop


'n Groot kokkedoor het vir my gesê dat, waar dit moontlik is,  dit nie wenslik is om dieselfde woord in 'n gedig te herhaal nie.
Probeer om 'n sinoniem daarvoor te vind.  Bv.  Karre -  motors. 

Al die kennis tussen sy ore
Bekoor weekliks sy waarderende gehore
‘n Mens sal dink hy is ryk
Soos almal hom bekyk


Die slimkoppe wil ook vir ons vertel dat ons moet probeer om byvoeglike naamwoorde uit te skakel indien dit geen doel dien nie.  As ek na die tweede versreël in hierdie boonste strofe kyk,  dan sou ek die byvoeglike naamwoord, waarderende, weglaat.  Dit maak die lettergreeptelling heelwat meer as die ander versreëls, wat die ritme (metrum) versteur.  Dit geld dan ook vir die woord "baie" in die eerste versreël van die laaste strofe. 

Dalk kan 'n kenner op die gebied kom gesels oor die hoofletters aan die begin van elke versreël,  asook leestekens.
Title: Re: Manne
Post by: Ah Willa on February 19, 2012, 02:17:23 PM
Ek het nie werklik raad nie - maar net 'n observasie

PM, Naas, Meraai en die ander slimmes onder ons, kan kom beraad

maar dit voel vir my die gedig word geforseer om aan die einde van elke twee reels te rym
dis n prag gedig en dit rym baie mooi ...

ek wonder net wat sal gebeur as die rym verander plek tot plek

maar ek wonder net - want ek is ook 'n dommie met dit - hier om te leer