Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Mel on July 15, 2011, 01:26:48 PM

Title: Polisiediens
Post by: Mel on July 15, 2011, 01:26:48 PM
Ek besef vandag hoekom soveel misdaad ongerapporteerd gaan ...

Ek is tans met 'n geweldige sensitiewe geval besig en was ek hierdie laaste ses maande deur soveel kanale van die polisiediens om die regte roete van optrede te probeer vind. Aangesien kinders ook betrokke is en daardeur soveel meer sensitief. Weet julle dat van die een na die ander department gee my ander advies. Ek het onlangs by kinderbeskermheid net opgestaan en uitgeloop nadat ek dit baie duidelik gemaak het dat ek geen hulp gewen het nie. Vandag kry ek 'n oproep van 'n ander tak uit 'n ander provinsie waar die polisielid dit baie en luidsaam bevestig het dat ek DIT NOU MOET DOEN en hoekom het ek nie voorheen nie en DIT en DAT! 'n Hele nuwe weergawe van hoe ek eintlik moes gemaak het. En NOU is ek skielik die "verkeerde" party aangesien ek dit nie LANKAL gedoen het nie.

Daar is net GEEN vaste "policy" vir sekere tipe gevalle nie. Hoekom kan "domestic violence" en CPU dan soveel verskil in hul adviseering van aksie???? Is hul dan nie veronderstel om nougeset saam te werk en tog ooreenkomstig op te tree nie?
Title: Re: Polisiediens
Post by: PM on July 15, 2011, 02:55:01 PM
Welkom Mel, dit is lekker om jou raak te lees, ek het jou gemis. 

Dit is so dat baie mense liewers die rompslomp van rapportering probeer vermy.  Die meeste mense voel dit is nie die moeite werd nie.  Dit is so jammer dat 'n mens nie meer ondersteuning kry nie.