Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 23, 2020, 02:25:48 AM

Title: Plig of plesier?
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2020, 02:25:48 AM
Plig of plesier... waar leg die verskil
verwonder ek myself half silly
of musiek my straks eendag
terug sal voer na die arms van Outop
of sal ek dalk stuitig begin wals
op die wasmasjien se deuntjie
met 'n mandjie in my arms...
ek krap steeds kop want nugter
weet wat ek gaan onthou op my oudag
plig of plesier?
Title: Re: Plig of plesier?
Post by: PM on September 23, 2020, 08:39:20 AM
Goed gestel Raaitjie.  Dit klink vir my of jou pligte 'n plesier is.   :notworthy:
Title: Re: Plig of plesier?
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2020, 11:37:58 AM
Skote Petoors... PM, ek het gewonder of iemand dit gaan raaklees  :icon_biggrin: ek het so gelag gisteroggend toe ek die wasmasjien se deuntjie hoor en instinktief gewonder as ek eendag dalk 'deurmekaar raak' soos my moederlief of die klanke my dan sal terugneem na die onthou van al Outop en my danspassies in die gees of gaan ek begin soek na die wasgoedmandjie...

Ek ken myself goed genoeg om te weet dat ek sou dans met die mandjie ook en net daar weet ek dit sal dan my "PLIGSIER" wees.
Title: Re: Plig of plesier?
Post by: Naas on September 25, 2020, 04:44:38 PM
"Jonas, is seks 'n plig of 'n plesier?"
Jonas dink bietjie...
"Dis 'n plesier my Oubaas."
"Nou hoekom seg jy so Jonas?"
"As dit 'n plig was sou my Oubaas mos lankal vir Jonas geroep het om dit vir Oubaas te doen."


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Plig of plesier?
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2020, 06:31:15 AM
 :headbang: :hello2: O my genadetjie Naas, ek moet nou eers vir Outop gaan soek en sy kiewe ook 'n bietjie laat oefen  :icon_biggrin:
Title: Re: Plig of plesier?
Post by: PM on September 28, 2020, 05:40:35 AM
Nou ja toe!  Daar het jy dit.   :icon_biggrin: