Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on September 15, 2020, 04:07:31 PM

Title: Knoffelbroodrolletjies of 'n brood
Post by: PM on September 15, 2020, 04:07:31 PM
Word ek toe gevra om asseblief 'n brood te bak om saam met happpies te eet vir 'n verjaarsdagpartytjie.
Ek lief hierdie resep.  Jy kan bolletjies maak of 'n brood bak.  Ek het die bolletjies gemaak omdat ek gereken het dit bedien makliker as 'n heel brood.




Meng alles saam:


5 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis (10 gr)
10 ml sout
 
Meng die volgende saam in 'n aparte houer:


1 Koppie kookwater
50 ml goue stroop  (Jy kan ook heuning of suiker gebruik)
80 ml kookolie of botter  (Ek het olyfolie gebruik)
Meng dit baie goed en voeg een koppie koue water by.


Meng nou die droge- en die nat bestanddele saam en knie tot elasties.  (Ek gebruik my broodmasjien om te knie dan haal ek dit net uit sodra dit klaar geknie het.


Om bolletjies te maak:


Ek maak bolletjies van so 60 gram elk.  Dit is plus minus die grootte van twee golfballetjies in een.
Smeer 'n vuurvastebak of oondpan met olie en plaas die bolletjies daarin.  Dit moet nie styf teen mekaar lĂȘ nie. 
Neem so 200gr botter in 'n kastrolletjie en plaas twee teelepels knoffel daarin. Kook dit vir 'n minuut of wat en smeer die helfte oor die bolletjies.  Laat dit rys tot dubbel die grootte en bak teen 170 grade fan of 180 grade.   Myne het na 15 minute die stokkiesteektoets geslaag.  (Jy neem 'n sosatiestokkie en steek dit in die dikste deel van die bolletjie.  As daar nie deeg daaraan vasklou nie is die bolletjies gaar.)
Wanneer gaar smeer jy die res van die knoffelbotter oor.  Jy kan dit met kaas en konfyt bedien.  Pasop vir jou vingers!


As jy 'n brood wil bak:


Plaas die elastiese deeg in 'n bak met 'n bietjie olie daarin om te laat rys.
Wanneer dit dubbel die grootte is knie dit af en pak in 'n gesmeerde broodpan en laat dit weer rys tot dubbel die grootte. 
Bak in 'n 180 grade oond vir plus minus 30-40 minute.  Doen weer die stokkiesteektoets en smeer met 'n bietjie botter wanneer dit uit die oond kom.  Lekker eet.







Title: Re: Knoffelbroodrolletjies of 'n brood
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2020, 06:52:33 AM
Ons lief so soetbroodjie. Dankie vir deel mater!
Title: Re: Knoffelbroodrolletjies of 'n brood
Post by: PM on September 21, 2020, 10:14:34 AM
Ek gaan vandag hierdie resep verdeel in die helfte.  Dan gaan ek dit in die "convectionair" bak.  Ek sal laat weet hoe dit uitgekom het.
Title: Re: Knoffelbroodrolletjies of 'n brood
Post by: PM on September 23, 2020, 08:50:04 AM
Hier is die resep wat ek verklein het.  Dit is nog steeds 'n goeie hoeveelheid.

Meng
2 koppies koekmeel
1 koppie broodmeel
7 gr kitsgis
10 ml sout

Meng apart in 'n ander houer:
1 koppie kookwater
25ml goue stroop
40 ml olyfolie
Roer bogenoemde en voeg 90 ml koue water by.

Volg die metode van die eerste resep.  Ek het die bolletjies so groot soos golfballetjies gemaak.  Dit het mooi uitgekom.
Title: Re: Knoffelbroodrolletjies of 'n brood
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2020, 11:39:37 AM
 :bootyshake:  :toothy4: :headbang: