Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on July 25, 2020, 12:12:42 PM

Title: 'n Oop Forum?
Post by: PM on July 25, 2020, 12:12:42 PM
Andre het vir ons die forum oopgemaak.  Admin sal seker ook die aansoeke kry wat ek gekry het.  Ek het dit almal weggewys.  Dit is 'n mengelmoes van die alfabet en e-posadresse wat ek nie ken nie.  (Vreemd)
Ek sal nog 'n dag of wat kyk wat gebeur en dan kan ons besluit of ons dit weer moet toemaak.
Gee asseblief julle insette. 
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2020, 08:08:52 AM
Jy hou die sleutel PM, as dinge nie werk nie of ons net reaksie van 'n klompie trolle kry, sluit jy net weer soos voorheen.
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: PM on July 26, 2020, 10:56:12 AM
Ek het gister en vandag nog 25 sulke aansoeke gekry.  Ek sal maar vir Andre vra om dit weer toe te maak.  Jammer dit het nie gewerk nie.
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: Frank Naude on July 26, 2020, 01:18:10 PM
Daar behoort tegnologiese oplossings vir die probleem te wees.
'n CAPTCHA-toets sal byvoorbeeld baie help.
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: Naas on July 27, 2020, 09:21:13 AM
Dankie Frank en welkom.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: PM on July 30, 2020, 01:32:08 PM
Baie welkom Frank. 


As jy enigsins kan help sal ons dit baie waardeer.  Ek het vandag met nog 150 sulke gevalle gesukkel. 
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: PM on August 05, 2020, 10:17:54 AM
Andre het maar weer die opsie gesluit.  Daar was sekerlik nie mider as 150 aansoeke per dag nie.  Almal wat net 'n basis soek vir advertensies.  Dankie vir julle geduld. 
As iemand nog 'n voorstel het, bring dit tafel toe. 

Ek het gaan kyk wat  CAPTCHA is.  Dit is daardie letters wat jy moet intik om te seg dat jy nie 'n robot is nie. 

Ek wil graag weet:  As ons die forum oopmaak is daar 'n opsie wat vra dat die persoon wat geregistreer is die registrasie moet aktiveer.  Kan dit verhoed dat die "robot" die forum kan misbruik?
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: Jan Dink on August 05, 2020, 12:31:22 PM
Ek het gekyk en die registrasie het 'n CAPTCHA, so dit is mense wat in persoon probeer om false rekeninge te skep

Ek sal kyk of daar iets anders is wat mens kan doen
Title: Re: 'n Oop Forum?
Post by: PM on August 06, 2020, 01:22:26 PM
Baie dankie Jan Dink.  Jy beteken geweldig baie vir ons.   :love7: