Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Skryftegnieke => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 09, 2020, 01:39:46 AM

Title: Ontleding van Opperman se gedig: Stad in die mis.
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2020, 01:39:46 AM
Stad in die mis van D.J. Opperman

1. Met gespanne spier
2. loop ek deur die mis
3. want om my sluip ’n dier
4. onder wit duisternis;
5. ek hoor hom knor en in oop mote
6. waggel sy pilare-pote
7. en sy kantelende rug metaal;
8. op hoeke van die strate blink
9. sy oë bloedbelope,
10. en met sy hap sluit staal op staal.

Stylfiguur: Alliterasie: (ook stafrym)
Voorbeeld: Reëls 1, 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10.
Verduideliking: Opeenhoping van konsonante of beginklanke.

Stylfiguur: Assonansie
Voorbeeld: Reël 5.
Verduideliking: Opeenhoping van vokale.

Stylfiguur: Enjambement.
Voorbeeld: Reël 1 na reël 2, reël 2 na reël 3, reël 3 na reël 4, reël 5 na reël6, reël 6 na reël 7, reël 8 na reël 9.
Verduideliking: Die een versreël loop oor na die volgende een sonder leestekens.

Stylfiguur: Herhaling / Repitisie
Voorbeeld: Reëls 6, 7, 9, 10.
Verduideliking: Woorde of versreëls word herhaal om ‘n bepaalde effek te kry.

Stylfiguur: Klimaks en antiklimaks.
Voorbeeld: Reël 10.
Verduideliking: Feite word stygend belangriker of minder belangrik.

Stylfiguur: Metafoor.
Voorbeeld: Reëls 3, 6, 7, 9.
Verduideliking: ‘n Ander betekenis aan iets gee. Dit is soos ‘n vergelyking maar die woorde “soos”, “nes” en “net soos” is NIE daar nie.

Stylfiguur: Onomatopee / Klanknabootsing.
Voorbeeld: Reëls 1, 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10.
Verduideliking: Die woord boots klanke na.

Stylfiguur: Personifikasie.
Voorbeeld: Reëls 3, 5, 6, 8, 9, 10.
Verduideliking: Lewelose dinge of diere kry menslike eienskappe.

Stylfiguur: Rymtipe in die gedig.
Voorbeeld: Kruisrym, paarrym en omarmende rym.
Verduideliking: Kruisrym waar woorde van alternatiewe versreëls rym, die rymskema is abab, cdcd.
Paarrym waar woorde van agtereenvolgende versreëls rym, die rymskema is aa, bb, cc.
Omarmende rym woorde waarvan die 1ste en 4de en die 2de en 3de versreëls rym, die rymskema is abba, cddc.

Sintuie wat ingespan word: Sig. Tas. Gehoor.

Struktuur van die gedig:
Reël 1 - 4 eindig met 'n kommapunt.
Reël 5 - 7: eindig met 'n kommapunt.
Reël 8 - 10: progressie: "sluip", "knor", "waggel"; "hap" = ondier (stad) wat nader kom en sluk die spreker in (hysbak se deure wat toegaan).

Paradoks voorbeeld: Onder wit duisternis: Duisternis = donker/swart; wit is die teenoorgestelde.

BRONNE:
https://taalarsenaal2.yolasite.com/resources/stad_in_die_misvraeenmemo.pdf
https://www.slideserve.com/ashton-douglas/stad-in-die-mis-d-j-opperman
Title: Re: Ontleding van Opperman se gedig: Stad in die mis.
Post by: PM on March 09, 2020, 02:29:02 PM
Dit is 'n goeie gedig.  Dankie vir die uitleg, al is ek "maande" laat.  Dankie Raaitjie.