Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 04, 2019, 03:17:21 PM

Title: magrietjies
Post by: adele on November 04, 2019, 03:17:21 PM
magrietjies

tot stof verpoeierde veldpaadjies
loop deur die afgebrande veld
‘n aasvoël draal daar rond
as dood se reuk in ‘n droë wind
opwarrel na die blou daarbo

dan vou wit magrietjies hul blare
wydoop tot ronde waaiertjies
skeppingsliefde van ons Vader
vir die mooi en kosbaar reine
as Hy sy Hand daaroor streel

©adéle theron
Title: Re: magrietjies
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 12:29:11 AM
Soos altyd, pure leesgenot Matertjie.  :notworthy: :hello2: :love7:
Title: Re: magrietjies
Post by: adele on November 12, 2019, 05:37:16 AM
 :coffee2: :love7: :coffee2:
Title: Re: magrietjies
Post by: PM on September 13, 2021, 01:04:25 AM
Die kontras skreeu!
Jy weet hoe!  Ek lief dit!
Title: Re: magrietjies
Post by: adele on September 13, 2021, 06:07:25 AM
 :love7: dankie  :toothy4:
Title: Re: magrietjies
Post by: PM on September 13, 2021, 10:00:51 AM
Ek dink ons moet hierdie die "Kontrasgedigstruktuur" noem.  Wat sê julle!

Title: Re: magrietjies
Post by: Naas on September 13, 2021, 10:09:32 AM
Ek stem


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: magrietjies
Post by: PM on September 13, 2021, 10:21:20 AM
Ek sien dat hierdie plasing al by die 1000 keer gelees is.  Ons is erg "belese" hier op die forum.  :angel7:
Title: Re: magrietjies
Post by: adele on September 13, 2021, 11:43:22 AM
 :hello2: dit kan werk
Title: Re: magrietjies
Post by: PM on September 13, 2021, 11:44:23 AM
Dit werk reeds matertjie.   :hello:
Title: Re: magrietjies
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 11:31:42 PM
Lief dit!! Ons eerste nuwe digstruktuur in te lank se tyd  :book1: :notworthy: :hello2:
Title: Re: magrietjies
Post by: PM on September 14, 2021, 07:07:33 PM
Skouer aan die wiel!  Pen op papier!  Voorwaarts mars!