Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 07, 2019, 10:54:29 PM

Title: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2019, 10:54:29 PM
Fanus Rautenbach

Die son het in die see geval
Op die horison se lem
Dit het hom in twee geskeur
Ek hoop die son kan swem.
Title: Re: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: Naas on October 08, 2019, 01:00:50 AM
Dit sal net Fanus wees.
Hy vertel eendag van die vrou wat inbel na 'Vra vir Fanus'
Sy het 'n speenvarkie en wil weet hoe sy kan sien of die varkie masels het.
Ander boervrou bel in en sê wanneer varkie se ore en stert regop staan het varkie masels.
Derde vrou bel baie benoud in. Sy sê haar man se ore staan nie regop nie maar sy is seker hy het masels.
Title: Re: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 01:46:48 AM
Ek is verkrukkeld gelag diekant van die aardbol. Masels sal nooooooooit weer dieselfde wees nie.
Title: Re: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: PM on September 15, 2021, 02:39:52 PM
Ongelukkig het my man nie masels nie.   :icon_scratch:
Title: Re: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: Assie on September 15, 2021, 04:12:44 PM
Ek soek 'n man met masels maar Oupa se dis aansteeklik.

 :mumum:
Title: Re: Fanus Rautenbach se gediggie
Post by: PM on September 15, 2021, 05:38:04 PM
'n Man met masels is regtig 'n steeklike gedoente, Oupa is heeltemal reg.